Uit Bloemfontein.
Op kultureel gebied is daar lewe in die brouery in die Vrystaat. Eers 'n tentoonstelling van skilderye (water- en olieverf) en houtsny-afdrukke van die bekende J.H. Pierneef. Vlak daarop 'n Boekweek op tou geset deur 'n aantal verenigings, waaronder die afd. A.N.V. Die doel om die Afr. boek met die Afr. publiek in aanraking te bring, is seker bereik. Die Nederl. boek was ook verteenwoordig o.m. deur 'n sending van die Kultuurhistories Instituut te Pretoria. 'n Pakkende slot was die opvoering van ‘Het Hoogste Recht’ van Ina Boudier-Bakker.
BLIKOOR.