Dr. W.J. Leyds 75 jaar.
Nederland het baie eminente manne aan Suid-Afrika gegee, manne wat behoor ingegrif te word in die geskiedenisrolle van die verlede sodat dit nie vergeet sal word deur die toekomstige geslagte van die Afrikaanse nasie.
Onder die uitstaande figure neem ongetwijfel die man Willem Johannes Leyds, indien nie die eerste plaas, dan tog een van die eerstes. Manne as Dr. Leyds, Dr. Brill, Dr. Mansvelt, Dr. Coster word vandag deur elke Afrikaner met dankbaarheid genoem. Alhoewel Dr. Brill meer in die Oranje Vrijstaat, Dr. Mansvelt meer in die Transvaal hulle spore verdien het, word hulle vandag deur die ganse Unie geëer en gerespekteer, omdat hulle die grondleggers was van die fondament van Onderwijs, Staatsdiens, Buitelandse Sake, ja van die hele amptenaarswereld in die Transvaal georganiseer. Op daardie lees is feitelik de hele siviele diens van Suid-Afrika geskoei. Wette soos die goudwet ‘wat vir die Boereoorlog as tiranniek en wat nie al beskou was’ is deur Milner en sij satelliete holus bolus oorgeneem. 'n Duidelik bewijs en erkenning daarvan was, dat bij die begrafenis van President Krüger in 1904 die arbeiders en mijnwerkers kranse gestuur het met opskrifte: ‘We miss him’, ‘The people's friend’.
Daardie wette het ongetwijfeld hulle ontstaan te danke aan die inisiatief van die meesterhand van Dr. Leyds.
In die wetregtelike strijd tussen Chamberlain, Milner en die Suid-Afrikaanse Republiek het die Republiek (d.w.s
Dr. Leyds) die kroon weggedra. Veral wat die susereiniteitskwessie betref was hij steeds die oorwinnaar. As iemand die amptelike antwoord oor hierdie kwessie, deur Dr. Leyds opgestel, lees, merk iemand dadelik dat dit is 'n meesterstuk sowel wat die feite betref as die logiese gevolgtrekkings.
Nie altoos was die weg van die Staatsprokureur en later die Staatssekretaris 'n weg van rose nie! Nee die weg was dikwels besaai met dorings!
Die Afrikaner het hom beskuldig dat hij alger Hollanders in die staatsdiens aangestel het; die Hollanders dat hij hulle en die Nederlandse belange nie genoeg bevorder het nie! Die Engelse pers het hom swart gesmeer en beskuldig van al wat gemeen en laag was. Hij was die oorsaak van al die moeilikhede tussen die Republiek en Engeland. Maar Leyds het altijd voet bij stuk gehou! Sij deursig, sij kennis, sij beleid het geblijk bij die skerpe lig van die historie die regte te wees. Toe die Republiek deur die uitdagende diplomasie van die here Chamberlain en Milner gedrijwe ge word het tot 'n handelwijse van radeloosheid en wanhoop aan Rubicon gebring was, was Dr. Leyds alreeds in Europa as gesant van die Republiek! Toe was dit twee Afrikaanders, President F.W. Reitz, die geliefde en beproefde ou-president van die Oranje Vrijstaat en die jeugdige Jan C. Smuts, die pas aangestelde Staatsprokureur wat nou die leidsels in hande het, wat as raadgewers opgetree het van President Krüger en die Volksraad. Dis hulle wat die Eeu van onreg geskrijwe het en die laaste woord aan Engeland gestuur het vóór die uitbreek van die oorlog. Anders was dit seker ook op die kerfstok van Dr. Leyds en die Hollanders geplaas.
As raadsman van en kollaborateur met President Krüger, ons grootste Staatsman, krijgsman en Godsman, het Dr. Leyds trou eerlik standvastig sij plig gedoen en hom openbaar as 'n uiters bekwaam regsgeleerde, as 'n knap organiseerder en trou amptenaar. As diplomaat in Europa het hij die naam van die Republiek hooggehou, het hij sij kragte ingespan om die pers te organiseer, die moonthede en volkere te influenseer, die ware feite aan die lig te bring en also hulle gunstig gesind te krij teenoor die Republieke. Nooit het hij die Republieke onder die indruk gebring dat hulle hulp van buite kon verwag nie, wat baie meer was: hij het die Republieke herhaaldelik gewaarsku dat daar geen hulp van buite sou kom nie, maar hulle hulle eie heil sou moet uitveg.
Last but not least is die werk wat hij die laaste jare gedoen het. Die ware geskiedkundige feite wat die Republiek betref aan die wereld te gee! Hier tree Dr. Leyds op as historicus! Hierdeur sal hij naam in die geskiedenisrolle van Suid-Afrika met eere en met dankbaarheid genoem en geroem word! Willem Johannes Leyds aanskou vandag 'n vrij Suid-Afrika, waar die seuns en dogters van die volk, wat hij so trou gedien het, regeer.
Uit die strijd, uit die verwoesting, uit die asse verrijs die Unie van Suid-Afrika met eie vlag, eie regeering, eie taal onder die leuse van die ou Republiek ‘Eendrag maak mag’ (Ex unitate vires).
25-5-'34
H.D. VAN BROEKHUIZEN.