Lus en Lewe.
Liedere vir Studente, Oud-Studente en ander vrolike mense. Deur 'n ou Doktor en 'n jong Digter, Gutsche en Eitemal.
By die firma J.H. de Bussy het 'n bundeltjie studenteliedere met begeleidings verskyn ,waarin voortgebou word op die fondament gelê deur dr. Mansvelt se Hollands-Afrikaanse Liederbundel wat in 1907 bv dieselfde firma verskyn het.
Aan die bekendheid van die liedjies wat Mansvelt opgeneem het, het sy bundel die groot populariteit te danke gehad. Sommige was Afrikaans, sommige in Hollands. Met die Afrikaanse het ons opgegroei: met die Hollandse was ons net so vertroud, want dit was die bloeityd van die Vereenvoudigde spelling, toe die oorlog nog vars in iedereen se geheue was. Daar was liefhebbers genoeg vir die taal sowel as die inhoud van ‘Afrikaners landgenote’ en ‘Kent gv dat volk’. Die paar onbekendes het ons links laat lê. In hierdie bundel, ‘Lus en Lewe’, is die saak omgedraai. Die samenstellers gee ons net 'n paar bekendes en bied ons sowat vier-en-twintig nuwes aan. Maar so oorspronkelik is die ‘nuwes’ nou gelukkig ook nie dat hul totaal vreemd klink vir die student, want hul is byna almal òf op bekende melodieë geskrywe, òf dis bekende Europese liedjes op Afrikaanse toestande toegepas.
In die studentelewe speel Bacchus en Vrou Venus dikwels 'n groter rol dan Minerva en dit verbaas ons dan ook nie dat die eerste drie rubrieke, onder allitererende opskrifte, aan die gode gewy is, nl. I. Broederhand en Bekerklank, II. Liefdes-Lag en -Leed, III. Lewens-wel en -wee.
Die liedjies, waarin Vrou Venus die inspiratie is, grens baie na aan die sentimentele en die Duitse wysies bring dit nog nader aan die grens tussen gevoel en gevoeligheid.
Dan is daar nog twee rubrieke, IV. ‘Volk en Vaderland’ en V ‘Geloof en Vertroue’. Die vier godsdienstige liedere is op sig self nie onver dienst el ik nie, veral ‘Waarheen’? van Gutsche getuig van diep religieus gevoel. Tog doen hierdie lofliedere aan Jehova eenigsins vreemd aan onder al die lofsange aan Bacchus.
By die vierde rubriek wil ik langer stilstaan. Dit bevat behalve die geliefde ‘Stem van Suid-Afrika’ met die melodie van Joh. Peters waaroor ons dit nog nie almal eens is nie, twee volksliedere van Eitemal, een van O. van Oostrum en een van C.E. Viljoen, en een ou bekende van Hamelberg. As die F.A.K. (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge) kaar onsinnige eis van vertaalbaarheid bly stel in haar uitgeskrewe kompetisie vir 'n Afrikaanse volkslied, kan geen enkele een van hierdie liedere meeding nie want hul is almal uit Hollands-Afrikaanse gevoel gebore. Eitemal en Viljoen het met hul bygevoegde Engelse vertalings afdoende hoewel heeltemaal onbewus, aangetoon hoe belaglik dit is om twee onverenigbare lewensbeskouwings in een lied te wil verenig. Die slotkoeplet van ‘Hef aan die lied van Afrika’ (Eitemal), die koepiet dus, waarin die samenvatting moet kom, waarin die nasionale siel die sterkste moet spreek, lui dan ook:
Hef aan die lied wat strand tot strand
En branders sal in Noorderland
Vertel: ‘Die Boer word mondig!
In sy vertaling heet het:
So let this song soar heavenwards
And rise above all others!
And all who sing and drink with us
Shall be our friends and brothers.
Ik wil nie profaan wees nie, maar miskien mag die Engelse slotvers van hierdie volkslied aannemelik wees vir die engeltjies en vir die kosmopoliete vir wie alle lande en alle volke ewe dierbaar is omdat die hul almal ewe onverskillig laat; van ons selfbewuste Afrikaanse siel is dit net so min 'n vertolking as ‘God save the king’ van die begrip ‘Sosialisme’. Ek vra myself af, waarom ons tog altyd so opdringerig moet wees met ons tegemoetkomings? Kleurloosheid en verwatering van ons eie kultuurprodukte is al wat ons daarmee bereik.
Aan die Vrystaatse volkslied ‘Heft Burgers het lied der Vryheid aan’ van H.A.L. Hamelberg kom die eer toe dat dit die enigste Hollandse lied op Afrikaanse bodem ontstaan, is, wat hier 'n beskeie plekkie vind. Dis ook die enigste een van hierdie liedere wat reeds in Mansvelt se bundel staan. Al is dit in die ouer vorm van ons taal, al ruik die derde reële ‘Van vreemde banden vry’, baie na die tweede van Tollens se ‘Wien Neerlands bloed’, is dit as volkslied deur en deur Afrikaans. Dit praat nog net so duidelik tot de verenigde Suid-Afrika as op 23 Febr. 1866, toe Hamelberg sy lied by geleentheid van die twaalfjarige onafhankelikheid van die Vrystaat aangebied het.
Hoewel Hollands nie meer ons offisiële taal is nie en tamelik stiefmoederlik behandel word, is hierdie lied veel meer ons s'n dan al die Engelse bewerkings en vertalings wat hierdie bundel bevat.
Ons is Gutsche en Eitemal dankbaar vir hul ‘Lus en Lewe’ in ons tyd van depressie, ai durf ons nie verklaar dat ‘hirdie liedjies in die lug van Suid-Afrika ontvange en gebore’ is, soos hul in 'n vrome wens in die ‘Voorwoord’ uitgespreek het.
ELIZABETH J. CONRADIE.