was ons instaat gestel om gedeelte van Holland te besoek wat 'n vreemdeling haas nooit te sien kry nie.
Wat Den Helder betref, denk ons nie alleen aan die gulle ontvangs van die Gemeentebestuur nie maar ook aan die Marine outoriteite, waarvan vice-admiraal Quant die hoof is; dit was viral aan sy goedgunstigheid te danke gewees dat die Afrikaners instaat gestel was om 'n stukkie geskiedenis van hulle mee te maak; ek bedoel hiermee die besoek aan die oorlogskip ‘Gelderland’, wat President Krüger gedurende die Tweede Vrijheidsoorlog na Holland vervoer het. Toe ons die hut, wat die President tijdens die reis bewoon het, betree, het ons gedagte onwillekeurig terug gegaan na die balling, wat sy land moes verlaat. omdat die sogenaamde beskermer van klein nasies weer besig was onder die dekmantel van beskerming sy imperialisme uit te brei.
Indrukwekkend en groots was ook die besoek, wat ons aan die Suidersee werke gebring het; wat hier tot stand gebring word, dwing die respek af van iedereen, wat kennis maak met die reusewerk. 'n Landgenoot het opgemerk: ‘Dit is alleen Hollanders wat soiets sal aanpak, want ander nasies sou hotels op die eilande gebou het en badplekke aangelè het!’
Ook moet ek hier melding maak van die gasvryheid van ons gashere en -vroue, wat alles in hulle vermoë gedaan het, om ons verblyf so aangenaam moontlik te maak.
W.P. VAN REEDE VAN OUDTSHOORN.