Eigenaardige bezorgdheid,
Nu de Afrikaansche vertaling van den Bijbel weer sterk op den voorgrond is gekomen, laten wij hier volgen een ingezonden stukje, waaraan het Zuidafrikaansche blad ‘Vriend des Volks’ eenigen tijd geleden plaats gaf. Het toont, welke bijzondere opvattingen in Zuid-Afrika nu en dan tot uiting komen en met welke geestesgesteldheid men soms rekening moet houden, wil men niet kwetsen. Zooals wij in het artikel ‘Historische oogenblikken voor Zuid-Afrika’ deden uitkomen1) is het standpunt, door de schrijfster van het onderstaande ingenomen, thans overwonnen en is de vertaling van het Nieuwe Testament in het Afrikaansch toch doorgegaan, niettegenstaande velen in de Kerk oorspronkelijk haar zienswijs deelden.
Bybels.
Daar is 'n paar dinge wat my bitterlik grief in verband met die Afrikaanse taalbeweging. Geliefde landgenote, het julle al daaraan gedenk wat dit is dat ons Bybel in Afrikaans gedruk word? Ek wil nie een van die vertalers wees nie, want Gods Woord leer my dat as ek een jota of tietel aflaat, dan sal God ook van my aflaat. Liewe vriende en leraars, wat moet met al die groot Bybels gedoen word wat op die kansels lê, moet dit verbrand word? Ek vrees dat die groot Bybels by die Poort van die Hemel teen die vertalers sal getuig en dat nie een van hulle sal toegelaat word nie. Al ons leraars is uit hierdie Bybels onderwys en nou is die Woord dan nie meer goed nie. So, vriende, wil ek u waarsku - waak opdat u nie gestraf word nie, want God is 'n verterend vuur. Hy speel nie met ons sondaars nie. Sien om u, die strawwe wat op die aarde heers. Dis nie verniet nie. Maak u oge oop, en laat die groot Bybels en al die ander Bybels en boeke nie eendag getuig: ‘Ek is verag geword deur die mense wat 'n ander leer omhels het’.
SAP VROU.