Generaal J.B.M. Hertzog.
Genl. Hertzog het vroeër byna geheel in die studie van die regswetenskap en in die praktiese toepassing daarvan opgegaan. Hy het weinig gevoel vir 'n politieke loopbaan. Maar een dag, so word in Suid-Afrika vertel, het hy 'n regeringskantoor binnegestap en het wat hy daar aanskou
Generaal Hertzog.
het, hom skielik laat besluit, dat hy homself in die politiek moes begewe en wy aan die opheffing van sy volk. Die rede daarvoor was die volgende. Daar was ook in die kantoor 'n eenvoudige boer van die platteland aanwesig om deur 'n amtenaar die een en ander te laat verrig. Die amtenaar was glo een van dié Engelse wat na die verowering van die Oranje Vrystaat deur die Engelse bestuur daar ingevoer is en sterk onder die indruk was van die alleenreg van die Britte om te bestaan en te oorheers. Die boer wat beter tuis was in die eensame plaaslewe dan onder die geleerde mense van die groot stad, het in diepe onderdanigheid met die hoed in die hand voor Meneer Amtenaar verskyn en kon weens sy gebrekkige kennis van die Engelse taal moeilik duidelik maak wat sy verlangens was. Die amtenaar het sy minagting vir die boer nie verberg nie en het uit toon en houding laat blyk, dat hy die ‘domme’ boer nog sterker die meerwaarde en gesag van die Engelse veroweraar en oorheerser wou laat besef.
Genl. Hertzog het die boer te hulp gekom. Die vernederende toestand van sy minderbevoorregte volksgenoot het hom diep in sy regverdige en trotse siel geskok. Hy het besef, dat die feit van die verowering die burgers van ou Oranje Vrystaat swaar druk en dat dit noodsaaklik was om die gevoel van eiewaarde, selfeerbied en nasionale trots weer op te wek, om die volk te deurdring van hulle gelykwaardigeid met wie ook in die land van hulle inwoning en om die boere te oortuig van hulle reg om sonder skaamte die hoof omhoog te hef en hulleself trots te toon op hulle Dietse afkoms, oorlewering en taal.
Dit kenskets Genl. Hertzog, of die bovermelde gebeurtenis al presies so plaas gevind het, as dit verhaal word of nie. Hy het dit as sy roeping geag om sy volk te besiel met die wil om hulleself te wees en getrou te bly aan alles wat hulle dierbaar was en noodsaaklik vir die handhawing van hulle voortbestaan. Hierdie edele roeping het hy nie versaak nie, maar aan die vervulling daarvan bestendig voortgearbei met alle kragte, geduld en vertroue.
Toe Genl. Botha in 1910 die opdrag ontvang het om die eerste Unie-kabinet saam te stel, wou hy Hertzog liewers nie daarin hê nie en bied hy hom die eervolle betrekking en hoë amp van hoofregter van die Vrystaat aan. Hertzog het geweier om op dié wyse uit die politiek uitgeskakel te word. Sy roeping was nog nie vervul nie. Dit was nog meer dan ooit sy plig om as skildwag vir die belange van sy volk op sy pos te bly, selfs in die kabinet, waar hy blykbaar nie welkom was nie. Hertzog het ver die toekoms ingekyk, gevaar vir sy volk gesien en homself vergeet.
Spoedig was dit nodig om die noodhoring te blaas. Genl. Botha het terwille van die ondersteuning van die Engelse Volksraadslede van Natal te sterk gekom onder die bekoring van die versoeningspolitiek en die ideaal van die eenwording van die blanke rasse in Suid-Afrika. Hertzog wat deurdronge was van die noodsaaklikheid om die Dietse karakter van die Afrikanervolk te bewaar, het in verskillende toesprake laat verstaan, dat hy die samewerking van die twee blanke rasse ook moontlik ag, ‘terwyl die twee bevolkingsdele hulle eie ingebore tale en tradiesionele regte bewaar.... Daardie so nodige nasionale eenheid van hart.... kan nie bereik word nie deurdat die een probeer om oor die ander voordeel te behaal wat taal en tradiesie betref.’
As een van die twee rasse sy taal en beskawing moes opgee om tot die ontstaan van één groot Suidafrikaanse volk te kom, was dit vir Hertzog duidelik wie die verliesende party sou wees. Die engelse met die magtige ryk agter hulle, met hulle onwil en onbevoegdheid om hulleself elders aan te pas en met hulle gevolglike vasthoudendheid aan taal en kultuur, sou Engelse bly, solang die ryksverband gehandhaaf word en nog lang daarna. Derhalwe eis die belang van die Dietse Afrikanervolk 'n tweestroom-politiek vir die eerbiediging en handhawing van sy bestaansreg in die land wat hy met sy geld en sweet so duur gekoop en met sy kosbare bloed so kwistig gedoop het.
In Oktober 1912 is deur die Hollands-sprekende studente en leerlinge van Kaapstad en omstreke 'n groot Taalfees op tou geset. Dit sou onder andere 'n groot optog in Kaapstad en huldebetuiging aan Jan van Riebeek, die stigter van Diets Suid-Afrika, omvat. Die Botharegering weier tegemoetkoming aan die studente uit vrees, dat die Engelse bevolking van die ou Riebeek-stad sou aanstoot neem aan die betoging van Hollands-sprekend Jong Suid-Afrika. Die studente moes hulleself vireers met 'n klein trooskongressie op Stellenbosch tevrede stel. Eén Minister uit die Botha-kabinet het die moed, die beginselvastheid betoon om daar te verskyn en waardering uit te spreek vir die taal- en stamliefde van die Afrikanerstudente. Hy het bewys dat hy nie wankel, waar dit die belang van sy Dietse volk betref nie, maar op twee sterke, vertroubare bene staan, soas Prof. Dr. G. Cillie dit by die geleentheid so kernagtig uitgedruk het. Dié Minister was Genl. Hertzog! Van daardie dag af volg Jong Suid-Afrika hom na. En dit het hulle nog nie berou nie. Die skildwag het getrou en wakker gebly. Hy het bewys 'n man van staal, van beginsel, te wees, standvastig, geduldig, trou; eerlik, openhartig, sterk; die verpersoonliking van alle goeie eienskappe van die volk en stam, waartoe hy behoor.
Die Taalfees het enige maande later, Maart 1913, tog plaas gevind en skitterend geslaag. Maar intussen het die sogenaamde Hertzog-krisis voorgeval, en Genl. Botha wou blykbaar die geskokte vertroue van Jong Suid-Afrika in sy beleid terugwin. Dit was te laat.
Op de Wildt het Genl. Hertzog op 7 Desember 1912 'n toespraak gehou en die vóór en teë van die federasie van die Britse Ryk behandel. Ook in ryksaangeleenthede moes volgens hom die leuse geld: Suid-Afrika Eerste. Hieroor is hy op aandrang van die Engelse door Genl. Botha uit die kabinet geset, is hy verwyder van sy wagpos in die toring