Neerlandia. Jaargang 28
(1924)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 115]
| |
Bezoek der deelnemers aan Dordrecht, op de treden van het stadhuis gekiekt. (foto Brugman.)
| |
Suid-Afrikaanse Studentedae in HollandGa naar voetnoot1).Die onthaal van Afrikanerstudente op 'n gesamenlike feesviering, die sogenaamde Suidafrikaanse Studentedae, skyn hier in Holland 'n vaste jaarlikse instelling te geword het. Hierdie jaar het 'n plaaslike kommissie in Rotterdam die voorbeeld gevolg wat verlede jaar gegee is deur die Kommissie-Kley in Den Haag, en onder voorsitterskap van mr. W.C. Mees 'n tweedaagse feesviering vir die Afrikanerstudente op tou geset wat hulle lang op die aangenaamste wyse sal heug. Nie alleen Afrikaners wat in Holland studeer nie, maar ook die wat in Engeland verblyf, het in die voorreg gedeel om op 24 en 25 Junie in Rotterdam byeen te kom as gaste van geesdriftige vriende van Suid-Afrika en sy Dietse volk. Die Ned. Zuid-Afrikaanse Vereniging en die Algemeen Nederlands Verbond het die kommissie met raad en daad en geldelike steun by gestaan, waarmee hierdie twee Groot-Nederlandse verenigings blyk gegee het van hulle hoë roeping te verstaan en waarvoor hulle alle lof en dank verdien. Die reëlings was so te sê volmaak en alles het so goed en stiptelik van stapel geloop, dat die besoekers telkens hulle bewondering daaroor moes te kenne gee. Die spreekwoordelike presiesheid van die Hollanders het in hierdie dae geblyk volkome verdien te wees. Die jonge Afrikaners is sowel op aangename as nuttige wyse onledig gehou, sonderdat daar kans was dat hulle hulleself kon verveel of vermoei. Die verblyf was ook op die aangenaamste wyse gereël en die inwoners van Rotterdam wat die jonge gaste uit die verre suide in hulle huise geherberg het, het die hartelikheid van famielielede geopenbaar en die dankbare geneënheid in die harte van hulle stamverwante verder verower.
Op Dinsdagoggend, 24 Junie, het sowat tagtig Afrikaners uit die verskillende uniwersiteitstede van Nederland en uit Londen in Rotterdam aangeland. Om half elf het hulle saam met hulle gashere en gasvroue in die Groot Kerk byeengekom, waar as van self 'n enigsins plegtige stemming geheers het. Ook Burgemeester J. Wijtema het die vergadering met sy aanwesigheid vereer. Die hr. De Vries het die verrigtings geopen met die bespeling van die kerkorrel. Prof. Dr. J.W. Pont, die voorsitter van die Ned. Z.A. Vereniging, het almal op hartelike wyse welkom geheet. Daar was rede vir blydskap oor die aanwesigheid van soveel Afrikaners hier, sê hy, want hulle en die Hollanders het vir mekaar 'n teer plekkie in die hart. Hulle was albei vas aan een en dieselfde verlede. Eenvoudig is die wordingsgeskiedenis van 'n volk nie. Dit duur soms eeue, voordat 'n volk homself as 'n geheel kan openbaar. Die Afrikaners kan hulleself nie losmaak van die feit nie, dat hulle staan op die skouers van 'n Hollandse voorgeslag. Die wortels van die Afrikanervolk lê in Hollandse bodem. Daarom is die Afrikaners hierheen genooi om te sien hoe handel en wetenskap saam kan gaan. Die landjie is klein in oppervlakte, maar as 'n mens hom besien nie in die breedte nie maar in die diepte, dan sal 'n mens veel goeds kan opmerk en leer.
Nadat ons geniet het van die uitvoering van 'n aantal pragtige nommers op die orrel deur die hr. De Vries en die geleentheid gehad het om die kerkgebou te besigtig, het ons na die hawe gestap om met die ‘President Steyn’ van die firma Fop Smit 'n reis te onderneem na die roemryke stadjie Dordrecht. 'n Heerlike noenmaal op die boot het eweveel byval gevind as die skoons wat onderweg te sien en te bewonder was in die Holladse landskap en die riviervaart. Dordrecht bied veel van geskiedkundige waarde om te bekyk. Op homself al is hierdie stadjie so skilderagtig as n' mens maar kan verlang. Iedere wending langs straat of grag besorg 'n verrassing wat nie lig te vergeet is nie. Die here Dr. Prins, Van Zanten en Van der Esch, bestuurslede van die Afd. Dordt van die A.N.V. het die geselskap rondgelei. Ook die heer Van Son, Administrateur van die Alg. Ned. Verbond, het hier die besoekers vergesel, van die skoons van Dordrecht vertel en iedereen voorsien van 'n boek oor die wetenswaardighede van die stad, beschikbaar gestel deur die gemeentebestuur. Dit het geskied | |
[pagina 116]
| |
voor die kantoor van die A.N.V. waar o.m. die Transvaalse en Vrystaatse kleure uitgehang het. Burgemeester Wytema en Prof. Pont.
Teen half vyf was ons in Rotterdam terug om die indrukwekkende en kunstig uitgevoerde stadhuis te besien. Burgemeester Wytema het ieder 'n handdruk van welkom gegee en die geselskap voorgegaan deur die pragtige gebou. In die raadsaal is toesprake van welkom en dank gelewer agtereenvolgens deur mr. W.C. Mees, Burgemeester Wytema en die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Studente-Vereniging in Amsterdam. 'n Gesellige tee het die verrigtings van die namiddag gesluit.
Die aand om agt uur was daar weer 'n groot gehoor in die Handelshogeskool byeen om te luister na lesings van Prof. R. Casimir en Prof. C. Spat. Die eersgenoemde het in die lig van sy ondervindings in Suid-Afrika gepraat oor ‘Ons Wesen’, d.w.s. die vernaamste karaktertrekke van Afrikaners en Hollanders soos geopenbaar in hulle verskillende samelewings. In die loop van sy leersame rede het Prof. Casimir ook melding gemaak van die grootste maatskaplike vraagstukke van Suid-Afrika: die van die Arme Blanke en die van die Inboorlinge. Hy wou daaroor geen oordeel vel nie, maar tog die Afrikaners herinner aan die feit, dat die tyd nie stilstaan nie. Die Afrikanerboer, sê spreker verder, voel nie veel vir die handel nie. Maar hy sal daartoe moet kom om sy aandag aan die handel te wy. Die Afrikaner kan in Holland kom leer hoe handel met kuns en wetenskap hand in hand gaan. Aan die slot van hierdie boeiende rede, waarvan ek ongelukkig geen volledige verslag kan gee nie, het Prof. Casimir die hoop uitgespreek, dat die wedersydse liefde en stambesef by Afrikaners en Hollanders in sterkere mate mag aanwas as gevolg van hierdie nadere kennismaking. Prof. Spat het sy lesing oor die rys-, rubber- en suikerbou in Nederlands Indië op aangename wyse verlug met rolprente van die Koloniale Instituut. Hiermee was die leersame en genoeglike verrigtings van die eerste dag van die onthaal afgeloop.
Woensdagoggend, 25 Junie, was daar geleentheid om na keuse een van die museums te besoek en onder deskundige leiding met die tentoongestelde kennis te maak. Van hierdie geleentheid is in ruime mate voordeel getrek. Na die gebruik van die middagmaal by die verskillende gashere, is met 'n ruime en gerieflike boot 'n rondvaart deur die Rotterdamse hawens onderneem en 'n besoek gebring aan een van die skeepswerwe en dryfdokke van die firma Wilton. Burgemeester Wytema het hierdie tog ook meegemaak en homself op gemoedelike wyse onder die jeug van Suid-Afrika beweeg. Sy aanwesigheid en geselskap is baie op prys gestel. Hy het ook bewys trots te wees op die vernaamste bedryf van die wêreldstad wat hy regeer en hy kon belangwekkende mededelings daaromtrent doen.
Op die terugreis het ons afgestap by die vliegveld Waalhaven, alwaar ons enige baie genoeglike ure deurgebring het. Dit was 'n lekker warm dag en van die verfrissende tee en koek is dankbaar gebruik gemaak. Een van die reisigerstoestelle van die Koninklike Lugvaart Maatskappy was tot beskikking van die besoekers en verskeie van hulle het die voorreg geniet om te proe hoe 'n lugreisie smaak. Uit den Helder het vyf marinevliegtuie en uit Soesterberg vyf leërtoestelle gekom om hulle kunste aan ons te vertoon. Hierdie besoek het ons laat begryp waarom Holland nie alleen op die gebied van skeepvaart nie maar ook op die van lugvaart so 'n vername plek onder die volke inneem.
Die pragtige onthaal van die Afrikaners in Rotterdam het sy toppunt bereik in die waardige beëindiging met 'n grootse afskeidsmaal in die Diergaarde Ook hier het Burgemeester Wytema nie agtergebly nie, maar die ereplek kom inneem en in 'n toespraak getuig van belangstelling vir Suid-Afrika en liefde vir die Dietse Afrikanervolk en sy studerende jeug. Ook was aanwesig Prof. Pont, Prof. Bruins, Prof. Casimir, Prof. Verkade, die hr. P.J. de Kanter, Voorsitter van die Alg. Nederl. Verbond, Dr. Roosegaarde Bisschop uit Londen, die hr. Van Rossum van die Kamer van Koophandel, die hr. Carl Spilhaus, Handelskommissaris van die Unie van Suid-Afrika, en ander vooraanstaande manne in onderwys en handel. Die voorsitter, mr. W.C. Mees, het die aanwesige welkom geheet en hartelike toesprake is ook gehou deur Burgemeester Wytema en die here Spilhaus, Van Rossum, Dr. F.E.J. Malherbe en Dr. R.J. Ortlepp. Na afloop van die eetmaal het die jongmense nog lang geniet van sang, musiek en dans. Hierdie dae en aande sal ongetwyfeld in heerlike herinnering by die Afrikaners bly en selfs nog na hulle Op 't vliegveld Waalhaven. Links staat Mr. W.C. Mees (met den stroohoed achter zich). De dames zijn: M. Hofmeyr, T. Malan en A. Hofmeyr. Geheel rechts Dr. F. Malherbe (pas gepromoveerd).
tuiskoms in Suid-Afrika die harte laat trek na die stamverwante in Nederland en hulle hoogstaande instel- | |
[pagina 117]
| |
lings van handel, wetenskap en kultuur met die besef, dat ons daar voorbeeld en steun kan kry vir die handhawing en versterking van ons stameien. Drijfdok van Wilton.
Die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging van Amsterdam wat onder leiding staan van die hoog gewaardeerde en innig beminde Afrikanervriend, Prof. Dr. H. Burger, het van die aanwesigheid van die Londense Afrikaners gebruik gemaak om hulle ook na die hoofstad uit te nooi. Donderdag, 26 Junie, het die jonge gaste in Amsterdam aangeland en is hulle voorgestel aan die ingesetenes by wie hulle gasvrye inwoning kon geniet. Met die verrigtings is die namiddag 'n aanvang gemaak met 'n boottog deur die skilderagtige gragte van die wêreldberoemde en geskiedkundige ou stad. Deur die Y-hawens is die tog voortgeset vir 'n besoek aan die Asbes-fabriek Martinit, waar veel van belang te sien was aan die bedryf in volle werking. Ook asbes uit Rhodesië en die Unie word daar as grondstof gebruik vir dakbedekking, muurbekleding en ander nuttige doeleindes. Daarna ging ons weer deur die gragte na die Amstel met die klubhuis van die Roeivereniging ‘De Hoop’ as eindbestemming. 'n Heerlike aandmaaltyd het ons daar gewag. Die hr. Van de Wall Bake het as voorsitter opgetree en sy leedwese uitgespreek, dat Prof. Burger weens ander besigheid nie teenwoordig kon wees nie. Na afloop van die maaltyd en 'n paar toesprake van welkom en dank is die res van die skitterende someraand deurgebring in gesellige samesyn en dans. Die volgende oggend is die besoekers met outobusse deur die stad rondgebring en in geleentheid gestel om die diamantslypery van Asscher en die Ryksmuseum te besigtig. Die afskeidsmaaltyd is die middag gebruik in die Vrywillige Burgerwag. Hier was Prof. Burger self ook aanwesig en het hy sy jonge Afrikanervriende op sy gewone luimige en hartelike wyse toegespreek. Ook ander toesprake is gehou en welverdiende dank gebring aan Prof. Burger, Prof. Pont, en die here Van de Wall Bake, Rahder, Van Lier, Dr. Kremer en andere wat die reëlings van die onthaal getref het. Hiermee was die feesvierings afgeloop en verskeie Londenaars moes dadelik vertrek. Op hartelike en tamelik luidrugtige wyse is by die trein van hulle afskeid geneem en moes ons tot die besef kom, dat die genoeglijke studentedae van hierdie jaar ook al weer tot die verlede behoort. Gelukkig is ons daarvan oortuig, dat hierdie dae ook tot die toekoms behoort. Die bande van bloed- en kultuurverwantskap is andermaal diep besef en dit sal seker vrugte voortbring vir die nouere gemeenskap van Hollanders en Afrikaners. Tereg sê die ‘Handelsblad’ in 'n hoofartiekel, dat hierdie dae onopsettelike propaganda was vir ons kultuur onder gashere sowel as gaste. Daartoe bestaan daar geen beter middel nie dan persoonlike wedersydse kennismaking. Ons afstamming is een. Ook ons toekoms sal een wees en bly in taal en kultuur, watter plaaslike veranderings die verskillende omgewing ook al daarin mag te weeg bring. PHILIP R. BOTHA. | |
Modest Lauwerijs en Danie Smal.De Afrikaansche voordrager Danie Smal verwierf de vorige maand ‘met groote onderscheiding’ den eersten prijs bij het eindexamen aan de Koninklijke Vlaamsche Muziekschool te Antwerpen. In September vertrekt hij voor zijn verdere studie in godgeleerdheid en welsprekendheid naar Louisville (Amerika). Vóór dien tijd houdt hij nog enkele voordrachten in Nederland. Zijn leermeester, de heer Modest Lauwerijs, is de vorige maand scheep gegaan naar Zuid-Afrika om er een reeks voordrachten te houden over het Vlaamsche lied. De rijke voorraad liederen, die hij meeneemt, hem door verschillende uitgevers geschonken, zal aan de Universiteitsbibliotheek te Stellenbosch worden aangeboden. | |
Het Nederlandsche boek in Zuid-Afrika.Men meldt ons uit Kaapstad:
De vraag naar Nederlandsche boeken (letterkunde) neemt hier toe. Te Stellenbosch wordt de aanvraag als ‘merkwaardig’ beschreven. Ook te Kaapstad zijn de boekhandelaren zeer tevreden en de verzuchting: ‘Ze willen geen Hollandsch lezen’, hoort men niet meer. Dit is inderdaad een verblijdende verandering. Deze verandering is ontstaan door het feit, dat allen, die Afrikaansch willen gebruiken als een taal, voor alle doeleinden, tot de ontdekking gekomen zijn, dat het arm is aan Afrikaansche d.w.z. Nederlandsche woorden. Het idioom, dat zoo'n voorname rol speelt in de Afrikaansche spreektaal - de eigenaardige, pittige uitdrukkingen, die hun geboorte te danken hadden aan taalarmoede en een noodzakelijkheid om een uitweg te vinden voor zelfuitdrukking, - geraakt meer en meer in onbruik, als ongeschikt voor practische doeleinden van openbaar verkeer. De volzinnen, die men van de beste, beschaafdste en ontwikkeldste schrijvers ziet, zijn, wat woordenkeuze aangaat, bijkans zuiver Nederlandsch. Prof. Smith is een der taalleiders, die het verkondigt, dat onze studenten een grondige studie van de geschiedenis der Nederlandsche taal moeten maken om de strekking, het wezen en de oorzaak van hulle eie taal te begrijpen. De manier waarop gijlieden in Nederland Afrikaansch prijst en waardeert, wordt hier geenszins op prijs gesteld.... het ‘aardige taaltje’, dat zoo ‘leuk’ klinkt en dat wel ‘grappig’ is om te lezen.... Het is niet te ontkennen: Afrikaansch wordt een taal, naast Nederlandsch en het schijnt meer en meer het natuurlijk verloop, dat wij aan elkaar zullen geven, en van elkander zullen nemen, totdat we tamelijk wel geheel in dezelfde richting varen. |