ou mooi stamland, van waaruit Jan van Riebeek in 1652 uitgeseil het om die baan te effen vir die vestiging van die blanke ras in Suid-Afrika.
Prof. Te Winkel eindig sy vlugskrif oor die ‘Nederlandsche Taal in Zuid-Afrika’ aldus:
‘Wij gevoelen ons één met den Zuid-Afrikaan, omdat wij weten, dat hij bloed is van ons bloed, omdat zijn voorgeslacht is uitgegaan van ons land, omdat zijn karakter nader staat tot het onze dan tot dat van eenig ander volk, omdat wij begrijpen wat hij schrijft in zijne eigene taal, ook al hebben wij die niet opzettelijk aangeleerd, omdat wij hem volkomen verstaan, wanneer hij tot ons komt en ons in eigen woorden als zijne broeders begroet.’
Die Algemeen Nederlands Verbond mag homself daarop beroem teen die einde van die neentiende eeu die oë van vele in Nederland en in sy stamverwante oorde te geopen het vir die bloedverwantskap tussen Afrikaners en Nederlanders, en die harte te berei het vir die gevoel van saamhorigheid wat ook in dade omgeset is. Sedert het die Verbond met groot belangstelling die selfstandige ontwikkeling van die Afrikanervolk gevolg en hy is homself daarvan bewus, dat 'n nouere aaneensluiting en samewerking, waar dit moontlik is, die wedersydse geestelike en stoflike belange ten seerste kan bevorder.
Daarvoor is in die eerste plek nodig meer persoonlike kennismakings tussen die blanke bewoners van Nederland en Suid-Afrika. Reeds is verskeie Nederlandse geleerdes derwaarts gegaan om vir daardie doel werksaam te wees en het Afrikanervoormanne na ons land gekom om kennis op te doen en te versprei.
Ons sou dit baie waardeer, as u aanwesigheid in Londen sou lei tot nadere kennismaking met land en volk van ons gemeenskaplike voorouers.
U digter Totius het dit so skoon gesing:
Verborge-één, in groot verband
Diep, hoog en wêreldwijd geplant
Staan eenheidsboom van stam en taal
En Dr. D.B. Bosman het dit geskrywe in sy bydrae vir ons Gedenkboek wat verskyn het by geleentheid van die 25-jarige bestaan van die Algemeen Nederlands Verbond: Geschiedenis en Invloed van den Nederlandschen Stam:
‘Die verskil tussen Afrikaans en Hollands is groot, maar dit is alleen 'n verskil van vorm. Daar is 'n hoëre eenheid wat deur wedersydse waardeering to 'n nouere eenheid kan gemaak word. Ons weet, dat die wil tot toenadering van albei kante bestaan.’
Ons hoop op U koms na Holland en ons wat ons setel het in Dordrecht, Groenmarkt 9, sowel as die Algemeen Nederlandsche Vereeniging voor Vreemdelingenverkeer wat sy kantoor hou in Den Haag, Hooge Nieuwstraat 30, sal U graag met raad en daad van diens wil wees.
Die Daaglikse Bestuur van die Alg. Nederl. Verbond,
P.J. DE KANTER,
Alg. Voorsitter.
Jhr. Mr. J.L.W.C. VON WEILER,
Alg. Ondervoorsitter.
Mr. B. DE GAAY FORTMAN,
Alg. Sekr.-Pennningmeester.
Dordrecht, Somer 1924.