Die Engelspratery van Afrikaners.
Na aanleiding van die brief van Dr. van Weel in ‘Neêrlandia’ van verlede maand kan ek die lezers verseker, dat die man wat dit meen die Afrikaners kwalik te moet neem, ‘dat zij ook menigmaal Engelsch met elkaar spraken’, slegs daarop uit was om 'n uitweentjie te soek om van 'n Grootnederlandse propaganda ontslae te raak. As Afrikaners teveel Engels praat met mekaar, dan is dit te meer rede vir hom om Groot-Nederlander te wees en as sulks op te tree. Suid-Afrika alleen is nie die draer van die Dietse kultuur nie, ook Holland is dit en is in hierdie opsig nie van sy stamverpligtinge bevry nie.
Maar gelukkig kan ek met die meeste beslistheid verklaar, dat Afrikaners wat nog enigsins trots is op dié naam, - en dit is die grote meerderheid teenswoordig - die praat van Engels met mekaar en ook met andere opsetlik vermy met die grootste nougesetheid, ja tot bekrompenheid toe. Die Afrikaner besef dit veel sterker dan die Hollander watter gevaar Engels oplewer vir die bestaan van sy taal, oorlewering en beskawing en vir die behoud van sy volk. Die laatste jare veral is die klag teen Afrikaners nie dat hulle te slap is in die handhawing en gebruik van wat hulle eie is nie, maar dat hulle te nougeset nasionalisties is selfs teenoor Hollands.
Dit is gewoonlik Hollandse studente wat teenoor Afrikaners van hulle kennis van Engels wil blyk gee en dan nog die verwaandheid het om die Afrikaners te wil teregwys wat die uitspraak van Engels betref.
Dit is nie Afrikaners wat Engelse proefskrifte skrywe nie, maar Hollanders.
Ek het gesê!
PH. R. BOTHA.
Seergeagte Heer Botha!
Ek es reg blij met hierdie antwoord op mij vraag. Ek dag al, dat die ware Afrikaner nie in staat was nie die taak van sij stambroeder te verra. En ek geloof ook met jou dat hierdie egte nationaliste hom nie laat verlei nie, om Engels te spreek, as hom hier studere in die land, die sij gesog hê juis om die Grootnederlandse beskawing in hom op te neem, en, as hom teruggekeer hê in ‘sonnig Suid-Afrika’ daar as die ‘voortrekkers’ er van op te tree.
Ek het ook gesê!
Dr. M.A. VAN WEEL.