Neerlandia. Jaargang 26
(1922)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 107]
| |
En die waspoor deur die vaders gemaak
Het geblywe die trekpad vir immer!
Honderde oswaens het later gevolg die spoor...
En die spoor bly vandag... en is
'n Stempel gesit vir altyd op ons veld' en woestyne...
Die oswa is mos die skip van die veld...!
En die ou trekkers het gesoek wat hul siele begeer het...
Iets wat hul aangetrek en toegewink het...
Die ruimte, die sonlig, die lug en die vryheid...
En of vandag ook spoortreine donder,
Of motorwaens snor op dieselfde paaie...,
Dis die waspoor wat ons vaders gemaak het,
Wat ons lei deur ons land na ons dorpe en ons plase.
Stadig maar onvervaard het ons Vaders getrek...!
In hul klein skepies oor oneindige seë...
Geteister deur wind en deur noodweer,
En deur siektes en dood en verderf,
Het hulle geklief 'n pad deur die bruisende golwe.
En waar ook die oulik' klein skepies gegaan het...
Het hul agtergelaat die waspoor op die groot water...
Want die kielsog van daardie klein skepies
Is die waspoor wat ons vandag nog die pad wys.
Hulle het getrek oor die oseane
'n Spoor wat nooit nie vergaan nie...
En hoe mens ook noem al die skepe of bote
Wat vandag stoom en stoot om ons kus te bereik,
Dis maar die ou waspoor wat hulle volg,
Wat die pad wys na sonlig, na vryheid en lewe...
Ja, dis die waspoor wat ons Vaders gemaak het,
Wat nog voer na die land van belofte en Hope...!
Hou heilig die spoor op die land en op water...
Dis die waspoor wat ons Vaders gemaak het...
Kaapstad. J.L. SCHOELER. |
|