Gedachtenisrede.
Op den Uniedag heeft de heer Hoof van Bronkhorstfontein tusschen de doringboomen van Kafferfontein een gedachtenisrede gehouden, waaraan het volgende is ontleend:
‘In biesonder laat hierdie dag ons trug denk aan die grootste en swaarste oorlog wat onse nasie ooit deurgemaak het, want dit is die dag waarop ons 18 jaar gelede gestaan het voor die geopende graf van onse vlag en met die vlag meer dan 29000 van onse nasie waaronder 26 duisend vrouens en kinders. Nou wel, daar is baje van ons eie nasie wat vandag sê ons moet vergeet want ons leef nou onder ander omstandighede. Ik vra, hoe kan ons dit vergeet? Dit sou onmenselik wees! Dit sou onnatuurlik wees! Daar was nog nooit 'n nasie wat sy helde vergeet het nie. Daar was nog nooit 'n nasie wat sy Worstelstryd om Vryheid vergeet het. Daar was nog nooit 'n nasie, wat die naam van nasie werd is wat die moed opgegee het om sy Vryheid te win.
Laat ons by ons nakroos liefde vir hul vaderland aankweek. Dan en dan alleen kan ons 'n groot nasie word; as ons geleer het om onse voorouers te eer en ons land lief te hê. Vandag is nou een van die geleendhede waar ons gebruik van moet maak om met mekaar te praat oor die verlede, om mekaar op te beur vir die toekoms, om mekaar te help en aan te moedig tot opbou van ons nasie.
Om trots te wees op die dade van onse helde en heldinne moet ons die geskiedenis van ons land van 1657 tot 1902 getrouw nagaan en al die feite onbewimpeld onder oog kry. Vriende, as 'n Afrikaner dit getrouw doen dan voel hy in sy hart 'n gloed van trots en liefde. Ja, ons kan trots wees op onse afkoms! Trots op onse helde en heldinne’.