Neerlandia. Jaargang 24
(1920)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdZuid-Afrika.Studie van Afrikaners in Nederland.In Transvaal is dit jaar een ‘Afrikaans-Hollandse Studie-Kommissie’ gevormd, welke zich ten doel stelt de studie van Afrikaners aan Nederlandsche Universiteiten te bevorderen, o.m. door het beschikbaar stellen van beurzen. ‘De Volkstem’ wijdt aan dit belangrijk feit de volgende beschouwing: ‘Hier die werksaamheid is in meer dan een opsig 'n feit van aansienlike betekenis vir ons volkslewe. Dit beteken vir eers, dat Suid-Afrika self vir die eerste maal sig werkdadig daarvoor beywer om ons landseuns hulle hoëreGa naar voetnoot1) ontwikkeling te laat deurmaak in die land, waarvan ons meer as van enig land ter wereld te leer het; die land, wat ons in die verlede meer gegee het as enige ander land ons ooit kan gee; die stamland van ons volksbestaan. Dit is 'n hoogs bedenklike verskijnsel, dat die grootste gros van die gestudeerde Afrikaners hulle deurslag gewendeGa naar voetnoot2) vorming deurgemaak het in lande, wat ons volksaard nie simpatiek is nie. Daardeur leef die Dietse bewussyn in ons lank so sterk nie as wat tog noodsaaklik is, wil ons eerlank geraak tot ontplooiing van 'n suiwer nasionale kultuur, wat regstreeks wortel in die volksaard en die nasionale tradiesie. Ons ganse volkslewe behoort deurdring te wees van die besef, dat ons deel uitmaak van die Dietse groep van nasies: Holland, Vlaanderen en Suid-Afrika. Daartoe moet ons die nouste aanraking soek met daar-die susterlande van ons, en elke stap, wat strek in die rigting van hegter maak van die bande met hulle, moet ons verwelkom. So 'n stap is die optrede van invloedryke kommissies van Afrikaners in al vier provinsies, wat hulle ten doel stel om soveel toekomstige geestelike voormanne as moontlik die onskatbare voorregte, vir hulle self en vir hulle volk, van 'n Nederlandse universitêre vorming te laat geniet. Maar behalwe die bewerkstelling van verkeer met die verwante, hoëre kultuur van Nederland, vorm die optrede van hier die kommissies die afdraging van 'n ereskuld van oue datum teenoorGa naar voetnoot3) die Nederlandse volk. Van die tagtiger jare af het die “Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Vereeniging”, laatstelik onder leiding van sy voorsitter prof. dr. Pont, tienduisende ponde versamel om Afrikaners in staat te stel, party te trek van die ryke wetenskap van Nederland. Dit alles sonder ooit 'n oulap daarvan terug te kry of selfs terug te verwag. Baie van ons uitstekende manne het ons daaraan te danke, en dit het al snaaks begint word, dat ons al maar voortgegaan het met daarvan gebruik te maak, sonder dat ons zelf 'n kragtige poging doen om die fonds te sterk. Uit die kringe van die hier studeerende jong Suid- | |
[pagina 111]
| |
Afrika het verlede jaar 'n stem in dié sin hoorbaar geword: die “Afrikaanse Studentebond” het op sy twede kongres op Bloemfontein opregte erkentelikheid betuig vir die Nederlandse edelmoedigheid. Nou het die Afrikaanse volk die kans om deur dade blyk te gee van sy waardeering vir die mildelik gegewe steun al die jare.’ |
|