Neerlandia. Jaargang 20
(1916)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd
[pagina 163]
| |
Nederland.De raad van een Boer.‘Hollanders, koppe koel!’ roept, in het Handelsblad, prof. Bodenstein ons volk toe. Hij voelt zich gerechtigd, waar hij ons volk tusschen de oorlogvoerende partijen hartstochtelijk partij ziet kiezen, van dien raad te dienen, omdat hij, Boer, ons volk, waaraan hij voor zijn ontwikkeling veel dankt en dat zooveel voor zijn volk heeft gedaan, hartelijk genegen is, maar ook omdat zijn volk er groot belang bij heeft, dat het moederland der Dietsche beschaving niet door deze partijschap zal worden verzwakt. Aan het slot van zijn betoog zegt hij:
‘Julle moet wel bedenk, dat julle hier sit tussen twee vure, wat tot in lengte van dage sal blij brand. Als julle 'n groot en magtig volk was, dan sou julle die onnodige lukse kan veroorloof, om julle politiek te laat beinvloed deur anti- of simpatië. Maar julle is dit nie, en dan vraag ik mij af, wat vir voordeel julle kan hé, om die gevoelens van die een of ander nabuur onnodig te kwets en op die manier onnodig haat tege julle self op te wek. Als dit Hollandse belange geld, dan in ieder geval duidelik en kragtig gesproke. Dit sal g'n enkel volk julle ooit kan verwijt nie. Dit is julle plig, om die gevare, wal julle bedreig, onder die o'e te sien, van watter kant hulle ook mag kom. Dit is daarom goed, dat die een deel van die volk sig spesialiseer in één rigting en die ander in 'n ander. Op die manier word die skerpste lig gewerp op al die gevare, en die volk se o'e oop gemaak, tensij hulle moedwillig blind wil wees. Waaragtige liefde vir sij eige land en volk klop net so goed in die hart van iemand, wat die nadruk leg op die gevaar van Duitse, als van die, wat nadruk lê op die gevaar van Entente kant. Elke Nederlander het die reg om van sij medeburger te verwag, dat hij nie sonder o'ertuigende bewijse sal twijfel aan sij opregte liefde vir sij eige land en volk. Die stelsel van verdagtmaking, wat teenswoordig so dikwels in praktijk gebreng word, lijk vir mij, als Boer, iets, die Hollandse volk onwaardig. Voel julle dan nie, dat daar onder al die meningsverskille, tog nog één band is, wat julle aanmekaar snoer of moet snoer, nl. die innige liefde tot julle gemeenskappelik erfdeel? Voel julle dan nie, dat ons, als stamverwante, ons o'e op julle gerig hou als op 'n ou'ere, sterkere en meer bevoorregte broeder, wat in tijd van nood die voortouw moet neem en die bewijs moet gee van wat waaragtige nasionale bewustsijn en bestaan beteken? Voel julle dit nie als 'n vernedering, wanneer die waarde van een of ander gedagte vir julle volksbestaan niet afgemeet word nie naar die verhouding van die gedagte self tot julle nasionale belange, maar naar die, in die opsig tog irrelewanteGa naar voetnoot*), anti- of simpatie vir een van die grote here? Van oudsher het die Hollanders deurgegaan vir 'n nugtere volk. Laat die nugterheid julle tog vandaag nie verlaat nie. Weet, dat die wereld, rondom julle, julle uitlag, wanneer julle deur internasionale anti- of simpatië julle laat verblind en verswak. Weet, dat in die wereld, waarin ons leef, die weerlose alleen maar is 'n voorwerp van bespotting. Daarom julle o'e wijd oop naar al die kante; daarom julle koppe koel en julle kruit droog!’ |
|