Neerlandia. Jaargang 18
(1914)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdOom Koos De la Rey.'n Paar persoonlike herinneringeGa naar voetnoot*).Bij ontmoeting, bij kennismaking met een soos hij, word dadelik die verwantskap wakker gemaak en gevoel wat tussen die beste dele van mens en mens bestaat. Daar is, om so te sê, 'n hoofd-knik tussen siel en siel wat stilswijgend sê ‘ons ken mekaar’. Dit is die alvoldoende intimiteit wat 'n hoogstaande geest tussen homself en ons tot stand breng; daarna is geen veelvuldige of gaar geen persoonlike omgang meer nodig nie; so iemand het vir altijd 'n plekkie in ons geestelik bestaan, en ons voel 'n verhewe familieskap wat vanself die strekking het om laksheid en verkeerdheid verder uit onse bestaan te dring. O, 'n waarlik grote doet so veel, nie alleen met sijn woord of daad nie, maar net met sijn verskijning.
Dit was nabij die end van die oorlog. Die eerste vredesbesprekinge was afgeloop, en die leiers sou teruggaan naar die kommando's om die burgers te raadpleeg, te vra of hul al dan bereid of in staat was om verder te veg. So was ook vir onse kommando's, in westelik Transvaal, 'n bijeenkomst bestel waarop ons Generaal De la Rey sou ontmoet. Die bijeenkomst het plaas gevind bij Brakspruit aan Elandsrivier, op 12 Mei 1902. Daar op die wa het Generaal De la Rey gestaan, en waarnemende President Schalk Burger en die Sekretaris Ignaas Ferreira. En hulle het ons duidelik gemaak op wat vir voorwaarde die Engelse met ons vrede wou maak, dat ons aan onse onafhankelikheid glad nie meer mog denk nie. En daar het hulle ons die verskrikkelike waarheid vertel, wat ons toen eers in alle akeligheid vir die eerste maal moes hoor en glo (hoewel ons al lang een en ander verneem het), namelik, dat daar nie minder dan twintigduisend van onse vrouwe en kinders in die kampe omgekom het! In doodse stilte het ons dit aangehoor... en in doodse stilte het ons, sonder één uitsondering, regterkant toe gegaan, toen ou oom Koos ons aan die end van sijn toespraak gesê het dat almal dit moes doen wat liewer wou aangaan met veg dan onse onafhankelikheid prijs te gee. Ten owervloede het hij toen weer gesê dat almal linkerkant toe moes gaan wat wou ingee. Geen een het geroer nie. Kijk, toen het daar uit die oog van die ou leeuw van die veld 'n vlam van trots en blijdskap geskiet wat ik nooit sal vergeet nie. Sijn geklemde vuis gaat die hoogte in en die woorde bars hom uit: ‘Burgers, ik zal bij julle staan tot die laatste toe!’ Helaas, toen al die afgevaardigde generaals en ander officiere weer bijmekaar kwam bij Vereniging om verslag te doen, had almal nie besluit soos ons klomp nie, of kon dit nie doen nie. En die uitkomst van die beraadslaginge was soos ons weet.
Bij die finale vredes-onderhandeling was Generaal De la Rey in Pretoria en mog hij - op sijn woord van eer dat hij geen berig sou mededeel of meeneem wat met die krijgsverrigtinge in verband staan - sijn dogter besoek. Mijn vrouw het dit vooruit geweet en het naar die huis gegaan om inligting te vra omtrent mij, want sij had die laatste agtien maande niks van mij gehoor nie. Oom Koos wou niemand sien nie; en toen mijn vrouw tog binnegelaat werd deur sijn dogter (haar vrindin) uit medelijë, het oom Koos opgestaan en aan haar gesê op sijn kort-af reg-uit manier, maar tog beleefd: ‘Mijn kind, ik mag geen woord met jou praat nie, mijn woord is mijn woord, neem mij nie kwalik nie; jou man is fris en gesond, dis al wat ik jou mag sê.’
Wie het oom Koos nie gewaardeer nie, nie lief gehad nie? Na die oorlog het 'n hooggeplaatste Engelsman met mij oor die oorlog gepraat, met trane in sijn oë, hij het gepraat oor die behandeling van Generaal Methuen, op die slagveld, deur Generaal De la Rey, en hij het mijn hand gedruk en van oom Koos gesê: ‘What an example he set us!’
Als ons so om ons heen kijk, bij geleënhede waar mense bijmekaar kom, en ons hoor hoe onse taal verag word deur manne en vrouwe met Afrikaanse name, en ons sien die slappe gesigte, dan vra ons wanhopend: is dit onse nasie? Maar hoe troos dit ons, en hoe groot word onse hoop op die toekomst als ons sulke manne uit ons | |
[pagina 239]
| |
volk sien gebore word soals oom Koos De la Rey. Sijn kalme vanself-sprekende Afrikaner-trots, sijn onwrikbare stille geloof aan die toekoms van die Afrikanerdom, werd altijd uitgedruk deur sijn wese, sijn houding, sijn oog, selfs op die oomblik van oorgawe. Als ons daaraan denk dan voel ons dieselfde in ons, en dan sê ons: ‘Ons ou Generaal is dood, maar hij lei ons nog!’ |
|