Neerlandia. Jaargang 18
(1914)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdDie eensaam Hollander graf.In Het Westen (van Potchefstroom) lezen wij: Op die plaas ‘Helpmakaar’, p.k. Wildealsput, Betsjoeanaland, lê 'n eensaam graf in wit kalk klippies, dig bij twee kleine mimosa (doorn) boompies. Die verlatenheid van die graf het mij so diep getref, dat ik begin onderzoek het, wie se graf dit is. In die begin het ik alleen die vollende verneem: ‘Meneer, dis die graf van 'n klein Hollander onderwijser, wat met die voortrekkers van hierdie land saam gekom het, om die kinders te leer. In die daë van die Runderpes (1896) het hij gehelp bij die sleep van 'n put daar bô op die sand bult; daar onder in die put was die water koud en so het hij kou gevat, waaraan hij later oorlede is. Dit was die jaar van die Runderpes, en, in die tijd van sijn afsterwe, was al die mansmense op die grenslijne van die land om te waak teen die uitbreiding van die Pes, sodat vrouwe die kleine Hollander moes begrawe.’... Dit was al wat ik in die begin kon verneem: later werd mij egter meegedeel, dat die naam van die jonge man was: Willem van Holk, die seun van 'n weduwe in Amsterdam, Holland. Onderstaande gediggie is 'n swakke poging om te vertolk, wat ikGa naar voetnoot*) gevoel het, toe ik daar stond bij die eensaam graf. Vér, daar vér, teen die aand,
waar die nag word gebore -
Vér, daar vér, in die land,
waar die windpompie draai,
als woestijn winde waai,
lê in heet sand te smore
'n bleek Hollander graf...
Als die wind van die veld
ruisend vlieg, als op vlerke,
deur mimosa's, gekweld
van die son, in dié land,
waar die koelte selfs brand
slaap, in kalkstene serke,
d'eensaam Hollander graf.
|
|