regstelsel wat so verskillend is van die onse en bij die begin van hulle praktijk totaal vreemd gestaan het voor hulle eië reg. Die verskil in die Engelse stelsel en die van ons het noodsakelik op elke stap vergelijking uitgelok. Was die innerlike waarde van ons reg minder groot, ongetwijfeld sou sig hier herhaal het wat in Holland is gebeurd, toen die aanraking met die Romeinse reg die regsgeleerde van die tijd bijna met minagting laat neersien het op hulle inheems reg, en sou die Engels reg die Rooms-Hollands reg uit onse geregshowe geban het. Maar die vuurproef is doorstaan en jong, fris en kragtig is ons regssysteem anderkant uitgekom, want ons kan met sekerheid aanneem dat na die stigting van een eië Universiteit met erns een aanvang gemaak sal word met die wetenskappelike studie van ons eië reg, en dat ons juriste voortaan in Suid-Afrika opgelei sal word.
Maar net so min als ons taal ontkom het aan die Engelse invloed, ja, dageliks nog die invloed ondergaat, net so min is dit met ons reg die geval. Om 'n goed denkbeeld te krij van ons regstoestand, moet daar een skerpe lijn getrek word tusse ons gemeen reg en onse lokale wette. Ons gemeen reg is die gedeelte van ons reg, wat ons voorouers saam met hulle gebreng het uit Holland, vervat in die werke van onse regsgeleerde skrijwers en sodanige ordonnansies en plakate, etc. uit die oude tijde, wat bij ons nog gesag van wet het, voor soverre deur wetgeving in Suid-Afrika self daarin geen verandering gebreng is. Lokale wette noem ons die wette, wat deur die wetgevende lichame in die verskillende kolonies en state na 1806 gemaak is. Ons gemeen reg is dus die ondergrond, waarop die gebouw van lokale wette staat en alles wat nie bij lokale wet geregeld is, word beheers deur die gemeen reg.
Die Engelse opleiding van ons juriste, die jurisdiksie van die Privy Council in laaste instansie, die grote krag toegeken aan gewoonte en die moeilikheid om deur die grote verskeidenheid van die bronne van ons reg tot een juiste kennis daarvan te kom, het gemaak, dat menige Engelse beginsel in ons reg is oorgegaan, meestal ons reg verrijk het, maar ook wel eens als 'n indringer een of ander gesond beginsel van ons reg verknoei het. Moedwillig van ons reg afgeweke ten gunste van Engels reg is selden gebeurd, maar wel is dit voorgekom dat ons eië reg bewust opsij is geset vir Engels reg, omdat die regter sig gebonde geag het aan die beslissinge van die Privy Council. Ook is dit meer dan eens voorgekom, dat sonder behoorlik ondersoek 'n Engelse regsregel bij ons is toegepas in die veronderstelling, dat ons reg dieselfde was als die Engels reg, maar van 'n verdringing van ons reg deur die Engels reg is daar glad geen sprake nie.
Veel groter is die invloed van Engelse ideë en regsbeskouwinge op onse lokale wette. Die Kaap-Kolonie is lange tijd die voorbeeld gewees van die ander state en kolonies op allerlei wetgevend gebied. Overweginge van utiliteit en die Engelse opleiding van die Kaapse staatsliede en ambtenare het die Kaapse parlement in menig opsig die voetspoor laat volg van die parlement in Westminster en meer dan eens is daar maar al te slaafs naar die Engelse voorbeeld gekopieer. Dit was dan ook soveel gemakkeliker dan een eige stelsel op te bouw na een veelsijdige bestudering van die oplossing van dieselfde probleme ook in andere lande. Natuurlik is dit nie met al ons lokale wette die geval nie, want die biesondere omstandighede van die land het ons gedwing op menig gebied ons eië oplossing te soek, omdat ons ons beweeg het op 'n gebied, waar geen voorbeelde aanwesig was nie, maar dit is, geloof ik, niet te sterk gesproke wanneer ik seg, dat baia van onse lokale wette overwegend die stempel draag van die wette van die Engelse parlement en die Engelse kultuur.
In hoeverre ons hierdoor skade gelij het is iets, waaroor verskil van mening kan bestaan, maar dat ons juriste nie behoorlik in hulle eië reg opgeleid is, is iets wat vandaag nog loodswaar druk op die Suid-Afrikaanse regswetenskap. Die wetenskappelike beoefening van ons eië reg het daardoor in de knel gekom en is al die honderd jaar lang totaal verwaarloos. Ik is daar absoluut seker van dat wanneer die stroom van juriste nie naar Engeland toe gevloei was nie, maar naar Holland, wat tog die meest natuurlike ding van die wereld sou gewees het, wanneer daar werkelik bij die studente 'n ernstige begeerte bestaan het om met ons eië reg kennis te maak, dan sou ons regwetenskap vandaag ongetwijfeld gebloei het - in plaas van te kwijn, so's dit nou die geval is.
Ik twijfel daar nie aan nie of Holland sou bij voldoende deelneming al lang reeds een leerstoel ingestel het vir ons reg, soos sij dit gedoen het na die oorlog. In ieder geval sou onse juriste in kennis gekom het met die Hollandse methode van onderwijs aan die Unieversiteite en sou daardoor onse knapste juriste ongetwijfeld aangeset geword het tot eige studie en 'n diepgaande ondersoek in die bronne van ons eië reg. Die gedagte, dat hulle in Engeland hulle kragte sou wij aan een systeem, die in hulle latere lewe van weinig prakties nut vir hulle sou wees, moet selfs op die beste Suid-Afrikaanse studente onder die meest-bevoegde leermeesters 'n deprimerende invloed gehad het. Wanneer aan die Unieversiteit die liefde tot die wetenskap nie reeds opgewek is nie, sal die praktijk, met sij eigenaardige eise dit maar selde doen. Bij baia juriste het die studie in Engeland 'n grote mate van oppervlakkigheid aangekweek, die, gepaard met die materialistiese gees van ons samelewing, gemaak het, dat werkelik ernstige studie bij ons 'n hoge uitsondering is. Ons hoop, dat die stigting van 'n Unieversiteit, met o.a. 'n volledige juridiese fakulteit, die so lang onderdrukte liefde sal doen ontwaak. Die ontwaking sal noodsakelikerwijs gepaard gaan met een steeds groeiende intellektueel verkeer tussen Holland en Suid-Afrika, want 'n ernstige bestudering van ons eië reg sal ons op elke stap in nouer aanraking breng met die oud-Hollandse kultuur, en als vanself belangstelling opwek vir die moderne. Bowedien sal dit ook hier in Holland die bestudering van die oudvaderlands reg nieuw lewe in blaas, want hoe bekoorlik geskiedenis op sigself reeds is, die aantal persone wat hulle aan die studie wij sal onwillekeurig groter word, wanneer die werkers die voldoening smaak, dat hulle nie alleen vir hulle eië genoege bedolwe stede opgraaf nie, maar tegelijkertijd ook meewerk aan die opbouw en vervolmaking van een nog lewende en lewenskragtig regssysteem.
H.D.J. BODENSTEIN.
Amsterdam, Augustus 1913.