uitsluitend Engelsche schilderijen, alsof die den toon aangeven in de kunst. Bosman heeft daar een hartig woord over te zeggen.
Bosman heeft in de Zuid-Afrikaansche schilderkunst, hoe jong ze is, reeds verwording ontdekt. Op de Unie-tentoonstelling te Kaapstad had het hem getroffen, dat alle schilderijen wel van één penseel konden wezen. Naar zijn oordeel, ‘kon één man die ganse tentoonstelling geskilder 't’. Dan vraagt hij: ‘Wat betéken dit?’ en antwoordt: ‘Net dit, dat daar 'n paar kunstenaars is wat die hele artistieke wereld regeer en dat die andere hulle naäap, met die gevolg, dat alle naäperij onsinnige kuns is, of eenvoudig namaak.’
Bizonder trof ons wat Bosman verder schrijft:
‘Ons loop die grote gevaar hier om ons skilderkuns ook uit Engeland te importeer. Ik wil nie sê dat hul nie groot meesters voortgebrag het nie, integendeel mijn hoed af vir manne so's Turner, Gainsborough, Sargent en andere. Maar omdat ons net van één nasie importeer, word ons kuns 'n naäpende sisteem waardoor elke Afrikaner sig forseer sijn gevoelens uit te druk, of dit hem al pas of nie. En die fijne engelse klassieke kuns pas ons nie goed nie. Ons is nie 'n volk, wat uit silwere lepels gevoed is nie, maar wat op die veld uit potte met hout lepels geëet 't, en daarintege mieliepap, ons voorou'ers het nie in “country houses” groot geword nie, maar in bok-wa'ens wat in lagers gestaan 't, dus ons karaktertrekke is meer ruw, maar dan ook kernagtiger als die ganse europese bevolking s'n. Dus wat ons wil uitdruk sal iets wees wat meer smaak naar Ibsen s'n dramas als naar Maeterlinck of d'Annunzio.’
‘In die laaste tijd is die “dernier cri” (jongste gril) Art Galleries! Ons 't nou een in Johannesburg gekrij. Een seker Sir Hugh Lane het die werke daarvoor uitgesoek, natuurlik in Londen. Als ik onder die werke, erkende werelds groothede gesien 't so's Whistler, Brangwyn of Sargent dan kon niemand sijn stem daarte'en verhef nie. Maar waarom ons afrikaanse jeugd ook nie die kans gegé om Holland s'n pragstukke deur Israels of Mesdag, franse, deur Bastien-Lepage of Manet, duitse, deur Prof. Uhde, Franz Stuck of von Lenbach, Italiaanse, deur Segantini te sien nie, en als ons dan wil in die begin imiteer, laat ons die hele kunswereld voor ons hê om van te kies en daarna ons eige weg inslaan. Maar nou als hoogste word ons die soete, gedégénereerde, klassieke, laat-Renaissance kuns voorgeset als 'n wet, en omdat als jong nasies ons die naaperij-manie in sterke graad het, blijf ons op dieselfde plek en begin bij ons geboorte in die kuns ook al ons dégénerasie. Ons is dood-moeg vir soete liewe dingetjes.
Eerstens is ons landskap alles behalwe soet en lief... En dus waar moet ons nou die soete dingetjes vandaan krij, waar moet ons hul gaan soek? Of sal ons ons eige pragtige landskap eenvoudig omwentel in die soete, rustige streke, ons voorgeset?
Wees julle selwe! Afrikaners! Begin sleg, als dit moet wees, maar laat julle nie dwing om andere na te loop nie. Leer alles wat julle van andere kan leer, ons moet nog baje skool-gaan, en dan vergeet nie, dat so gauw als jij jou skool verlaat dan begin jij studeer. Eers leer, dan studeer. En studie kom uit jou selwe, van binne naar buite.
Ons kuns sal miskien ook die merkwaardige ontwikkeling deurmaak wat die Russe te beurt gevalle was, en als ons dit tot hulle hoogte kan breng, kan ons blij wees. Ons sal ook eers barbaars en ruw begin en van andere dit of dat aanneem en in ons kuns inwerk, totdat ons later sal sien waardeur ons op die beste wijs ons eigen individualiteit kan laat werk en laat uitdruk, en dan elk een sijn bietje bijdra om deur ons kuns werkelik die strewe van 'n volk voor te stel.
Ons siet die dag met blijdskap aanbreek!’
Ons dunkt, deze Afrikaander heeft in Europa goed rondgezien - al zouden een paar namen van schilders die hij noemt met voordeel door andere vervangen kunnen worden (Sargent is ook geen Engelschman, maar Amerikaan) - en zijn volk heeft in hem een betrouwbaren gids.
N.S. De Larensche Kunsthandel heeft in Transvaal Hollandsche schilderijen tentoongesteld. Zoo hebben de Afrikaanders ook wat anders dan Engelsche kunst kunnen zien.