Nederlandse Letterkunde. Jaargang 5
(2000)– [tijdschrift] Nederlandse Letterkunde– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 293]
| ||||||||||
Lewensverhale van twee veelsydige skrywers
| ||||||||||
[pagina 294]
| ||||||||||
beweeg van homself as objek ten einde afstand te kry, krimp die afstand weer in die biografie omdat die biograaf hom ook persoonlik moet inleef in sy objek; geen biograaf sal skryf oor 'n skrywer waarvoor hy geen belangstelling het nie. Omdat persoon en konteks se wisselwerking deurgaans sentraal staan, het baie biografieë die geneigdheid om in neo-positivisme te verval. Soms word daar ook verwys na 'n wetenskaplike biografie (as die werk feitlik uitsluitend op histories onaanvegbare gegewens berus). Is dit nie die geval nie, word eerder gepraat van 'n geromantiseerde biografie. 'n Interessante variant van laasgenoemde is die ongeoutoriseerde (en soms selfs bykans fiktiewe) weergawes van die lewens van beroemde mense so uiteenlopend soos miljoenêr Howard Hughes en Prinses Diana. 'n Verdere komplikasie is dat 'n biograaf dikwels groot probleme ondervind om die openbare en die private persoon van sy subjek van mekaar te skei. In die geval van Clayton Moore (die man wat vir jare die rol van The Lone Ranger vertolk het) het daar so 'n volkome samesmelting tussen die twee personas ontstaan dat die fiktiewe persoon oorheersend geraak het en die mens Clayton Moore feitlik verdwyn het; 'n biografie van Moore sou daarom onvermydelik óók 'n biografie van The Lone Ranger wees. Die term psigologiese biografie verwys na 'n soort biografie waarin die subjek se psigologiese ontwikkeling besondere klem kry; 'n benadering wat veral gewild is by die skryf van literêre biografieë. Wat gewoonlik gebeur, is dat die subjek (die skrywer) se werk en sy latere ontwikkeling in die lig gesien word van sy psigoseksuele ontwikkeling as kind. Sodanige beskrywing geskied dikwels binne Freudiaans-getinte psigologiese modelle. Binne hierdie verskillende soort biografieë moet die biograaf hom posisioneer en sy bepaalde invalshoek kies. In die Suid-Afrikaanse konteks is dit opvallend hoe veel klem daar in die afgelope paar jaar geplaas is op weergawe van die verlede, hetsy in die vorm van geskiedskrywing, hetsy in die vorm van fiksie. Veral die outobiografie en die biografie het 'n oplewing getoon wat waarskynlik op natuurlike wyse verbandhou met die natuurlike neiging tot retrospeksie aan die einde van eras (Apartheid bv.) of tydperke (die twintigste eeu, die millennium). In die gepubliseerde (outo) biografie val die klem veral op enkelinge en hul belang vir vandag. Dit sou kon help om die beeld te nuanseer dat met die skerp opstelling van groepe teenoor mekaar, die rol van individue in Suid-Afrika uitgespeel is.
In die afgelope tyd verskyn daar biografieë van twee van die heel belangrikste Afrikaanse skrywers: N.P. van Wyk Louw (deur J.C. Steyn) en C. Louis Leipoldt (deur J.C. Kannemeyer). Beide Langenhoven en Louw was nie net belangrike Afrikaanse digters nie, maar het as uiters veelsydige figure hul merke duidelik gelaat op die Suid-Afrikaanse landskap van die twintigste eeu. Hul verteenwoordig ook belangwekkende (en uiteenlopende) denke oor die posisie van die Afrikaans as taal in Suid-Afrika, 'n debat wat tans weer besonder aktueel is. Leipoldt die kosmopolitaan en pragmatikus skat die waarde van Afrikaans gans anders in as Louw | ||||||||||
[pagina 295]
| ||||||||||
die sterk nasionalis. Waar Leipoldt Engels sien as dié ontwikkelde taal van Suid-Afrika, daar wil Louw Afrikaans tot dieselfde glansryke werktuig ontwikkel. Wat vir die een slegs handige kommuniksiemiddel is, is vir die ander lewensvoorwaarde.
Nicholaas Petrus van Wyk Louw, die grootste digter van sy generasie, neem steeds 'n belangrike plek in binne die Afrikaanse letterkunde. Vir dekades is hy nie net gesien as toonaangewende digter nie; hy het self 'n belangrike rol as kanoniseerder gespeel binne die Afrikaanse literêre veld. Voorts het sy skerpsinnige (en dikwels polemiese) geskrifte oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe soos nasionalisme en kuituur, 'n beduidende uitwerking gehad op die Suid-Afrikaanse geesteslewe. As oortuigde nasionalis het hy gedurende sy hele lewe volksopvoeder gebly en het daarom ook veel gepubliseer in wat dikwels geringskattend die ‘populêre’ media genoem word. Veral gedurende sy tydperk as hoogleraar aan die destydse Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam (1950-58) het Louw dadelik kennis geneem van belangrike ontwikkelinge op die terrein van die literatuurwetenskap wat hy op 'n toeganklike wyse bekend gestel aan geslagte studente en dosente. Die literêre kanon word voortdurend onder vuur geneem. Dit spreek daarom vanself dat enige gekanoniseerde figuur ook telkens die objek word van kritiese herevaluering. In die afgelope jare is Van Wyk Louw veral vanuit 'n bepaalde ideologiese hoek, deur literatore soos Mariaan de Jong, Ampie Coetzee, Hans Pienaar en Gerrit Olivier krities geherwaardeer. Hy is veral kwalik geneem vir sy simpatie met Nasionaal-Sosialisme in die jare Dertig en afgeskilder as simpatisant van dié denkwyses. Deur veral Olivier (1992) word Louw op metodologiese gronde daarvan beskuldig dat veral sy teoretiese geskrifte nie altyd die toets kan deurstaan van streng wetenskaplike objektiviteit nie. Oor Olivier se gepubliseerde proefskrif ontstaan 'n hewige polemiek tussen hom en Kannemeyer (1994); Olivier (1996). Steyn, bekende taalnasionalis, staan ideologies veel nader aan Louw. In sy biografie kom N.P. van Wyk Louw uit die verf as 'n persoon wat in denke en handel gedrewe is deur 'n sterk nasionalisme, 'n persoon vir wie die letterkunde 'n passie was. Selfs Louw se liefdesverhoudings het gedurig verband gehou met die letterkunde, al was die geliefdes aanvanklik net muses vir sy letterkundige produksie. Waarin Steyn op merkwaardige wyse slaag, is om Louw te plaas in die verband van die historiese tyd waarbinne hy staan. Veral Louw se politieke evolusie word noukeurig beskrywe en sy belangstelling in, en bewondering vir bepaalde aspekte van die Nasionaal-Sosialisme, word deur Steyn as 'n kortstondige flirtasie afgemaak. Steyn doen ook groot moeite om te toon dat daar 'n wesenlike verskil is tussen gepubliseerde werk, en ongepubliseerde, privaat korrespondensie - verskille wat nie altyd deur Olivier verreken word nie. Uit Steyn se pynlik-presiese rekonstruksie van Louw se politieke denke, blyk dat laasgenoemde altyd wars was van rassisme. Daar is al eerder beweer dat 'n biograf 'n persoonlike verbondenheid het met die persoon wie se lewensbeskrywing neergepen word. 'n Mens kan aflei dat Steyn, as bekende en bekroonde taalsocioloog met 'n sterk taalnasionalisme, veral aange- | ||||||||||
[pagina 296]
| ||||||||||
trek is deur Louw se onlosmaklike verbondenheid met die Afrikaanse taal; een van die leitmotive in lasgenoemde se werk. Oor Louw is al heelwat geskrywe en die verhouding tussen hom en D.J. Opperman (en ook tussen hom en Jan Greshoff) is elders al geboekstaaf. Ook die polemieke tussen Louw en reekse ander persone, veral literatore; sy rol in die totstandkoming van Standpunte en die ontstaansgeskiedenis van etlike gedigte is al deeglik beskryf. Nooit egter is dit gedoen in die omvattende geïntegreerdheid (én gebalanseerdheid) waarmee Steyn dit hier aanpak nie. Bowendien slaag hy daarin om baie onontginde en onbekende stof na bowe te haal. Voorbeelde lê vir die gryp: die simbiotiese verhouding tussen Van Wyk Louw en die Afrikaner Broederbond, waarvan hy lid bly tot met sy afsterwe, die sentrale posisie wat sy tweede vrou, Truida in sy lewe en werk ingeneem het, die diepte van die verhouding met Sheila Cussons, en dalk veral, 'n noukeurige optekening van die verbysterende talente van Louw. Dit is bepaald nie algemene kennis dat Louw ook gemaklik konsertpianis sou kon word en dat hy verskeie klassieke en moderne Europese tale met gemak hanteer het nie. Waarin Steyn veral uitmuntend slaag, is om 'n geheelbeeld van Louw daar te stel terwyl onderdele daarvan tog helder uitstaan. Dit kon Steyn net doen omdat sy bronverkenning onberispelik is en hy daarin kon slaag om, ondanks die bykans oewerlose stroom besonderhede waardeur hy moes waad, steeds die oorkantste oewer in die visier te hou. Wat hier aangebied word, staan in feite dig by 'n roman, ondanks die aanbieding van niefiktiewe stof. Steyn gee in breë trekke die geskiedenis van Louw op chronologiese wyse weer en dit moes heel moeilik gewees het om 'n veelsydige mens se aktiwiteite so gekonsentreerd te orden. Dit bied egter die enorme voordeel dat daar selde herhaling is en die evolusie van die individu (wat uiteraard op 'n wye front gemanifesteer is) moeiteloos gevolg kan word. Louw is die hoofpersonasie, wat skynbaar op ouktoriële wyse van buite geteken word. Soms word daar op geslaagde wyse van fokus verwissel wanneer Louw se eie siening op sake gegee word. In hierdie verband is veral die talie briewe van Louw 'n geslaagde karakteriseringsmiddel. Hulle is dikwels uiters onthullend van sy sienswyses en toon hom ook dikwels op genadelose wyse as iemand met 'n neiging tot romantiese oordaad - in liefdesverhoudings veral, maar ook in persoonlike verhoudings waar sy optrede dikwels eiesinnige en onboetvaardige trekke vertoon het. Geen ander personasie word so volledig gekarakteriseer nie; ook nie sy vrou Truida, wat in Steyn se romanmatige weergawe van Louw se lewensloop die rol van die antagonis vervul nie. Steyn se lewensbeskrywing is uiteraard 'n interpretasie van die lewe van Louw, en dit is duidelik dat hy hom sien as 'n dualistiese persoon. Enersyds was hy die afstandelike intellekueel, trots en eiesinnig besig om sy eie pad te loop, Andersyds was daar by hom 'n diepe behoefte aan geborgenheid, selfs by tye 'n kinderlike naïwiteit en hulpeloosheid; tewens diep afhanklikheid van sy gesin, sy volk én sterk vroue. | ||||||||||
[pagina 297]
| ||||||||||
In Steyn se ‘roman’ is Truida dié vastigheid, ‘die stilte tussen riet’, vir Louw sy ewige anker. Sy belangrikste werk - met die moontlike uitsondering van Tristia (1962) waarin Sheila Cussons sentraal staan - het ook altyd met haar verband gehou. Uit Steyn se enigsins verskonende weergawe van Louw se affaire met Sheila Cussons, word dié dwaling getipeer as een van die ‘minor indiscretions’, veral beoordeel in die lig van sy ‘major achievements’. Hierdie invalshoek verklaar die oorwegend positiewe wyse waarop Steyn die sentrale personasies uitbeeld - veral Truida is 'n bykans ‘smettelose’ heldin. Dit is jammer dat Cussons nie bereid was om haar medewerking aan hierdie biografie te verleen nie. Daardeur is Steyn verhinder om gebruik te maak van talle briewe en bly die verhouding tussen Louw en Cussons tog ietwat skimmig. Hierdie lewensbeskrywing kon nie aangepak word sonder die aktiewe medewerking (en patronaat) van Truida en die ander gesinslede nie. Dit verklaar daarom dalk ook Steyn se versigtige hantering van bv. die verhouding met Sheila Cussons. Tog rus daar dan veral 'n groot verantwoordelikheid op die skrywer om te strewe na objektiwiteit. Teenstanders van Louw, soos E.C. Pienaar, F.E.J. Malherbe, C.M. van den Heever en Abel Coetzee, word bykans sonder uitsondering op eensydige wyse negatief geteken. Dit is verklaarbaar vanuit Steyn se ‘retoriese posisie’ en die vertelafstand wat dig by Louw is. Tog word hierdie akademici eensydig voorgestel en is daar bepaald te weinig waardering vir hul bydraes op hul onderskeie vakterreine, veral uit 'n historiese perspektief. As daar een punt van kritiek is, is dit dat Steyn hom te veel laat lei het deur Louw (en sy entourage) se inligting, visie en waardes. Dit impliseer uiteraard ook die ideologiese en artistieke opvattings van laasgenoemde. Tog weeg hierdie kritiek nie op teen die positiewe aspekte van hierdie biografie nie; veral nie as in ag geneem word dat Steyn se Van Wyk Louw-voorstelling skerp afwyk van die beeld van Louw as 'n byna-heilige wat vandag soms steeds geprojekteer word.
Steyn se werk wek bewondering omdat dit 'n voortreflike balans weet te tref tussen omvangrykheid en diepgang. Voorts is sy werk ver van droog en dor soos eietydse geskiedskrywing ongelukkig nogal dikwels is. Sonder om maar enige toegewings te maak ten opsigte van wetenskapliheid, skryf Steyn 'n boeiende relaas in 'n glashelder Afrikaans. Daarvoor alleen al verdien hy lof.
J.C. Kannemeyer is een van die min Afrikaanse skrywers wat hul hand gewaag het aan literêre biografieë. In 1987 word sy D.J. Opperman, 'n Biografie (1986) bekroon met die Ou Mutual-prys vir nie-fiksie en in 1995 verskyn sy Langenhoven: 'n Lewe. Daarbenewens is hy die bekroonde outeur van verskeie literatuurhistoriese en kritiese werke in Afrikaans. Vir die afgelope paar jaar tree Kannemeyer ook op as gids by literêre toere. Naas toeristiese vaardighede dien so'n begeleier te beskik oor kennis van (literêre) kuriosa, (literêre) geskiedenis en literêre kritiek. Hierdie | ||||||||||
[pagina 298]
| ||||||||||
‘bestanddele’ kan ook gesien word as die grondstowwe van 'n literêre biografie. Kannemeyer se Leipoldt-studie is 'n wetenskaplike biografie wat getuig van deeglike navorsing. Benewens uitvoerige verkenning van bronne, argivale navorsing en persoonlike onderhoude, het Kannemeyer selfs die spore van Leipoldt in die buiteland gevolg. Dit was nie net 'n wetenskaplik-gedrewe reis nie, maar ook kennelik 'n poging om as 't ware onder die vel van Leipoldt in te kruip. Versmelting met die subjek geskied dikwels in biografieë, selfs waar die skrywer alles in sy / haar vermoë doen om dit te vermy. Kannemeyer se affiniteit met Leipoldt lê waarskynlik opgesluit in 'n aantal eienskappe van Leipoldt waarvan die bewondering by herhaling op gevarieerde manier in hierdie studie na vore tree: Leipoldt se aweregse intellektuele ingesteldheid ('n raak inskatting van gehalte en 'n warsheid van kwaksalwery); sy afkeer van alles wat kleinburgerlik of kleingeestig was; sy bevraagtekening van godsdienstige dogma en politieke gedienstigheid; oorspronklike denke; sy besondere werksvermoë en sy onversadigbare nuuskierigheid. Kannemeyer (bekend as voorvegter vir Afrikaans) kom mettertyd skynbaar só onder die bekoring van Leipoldt dat laasgenoemde se geringskatting van Afrikaans se toekomspotensiaal stilswyend beskryf word en daar selfs lofprysend gepraat word van nog 'n Engelsgesinde taal-jingo, Deneys Reitz (p.578). Sodanige verswyging van eie standpunt val destemeer op omdat Kannemeyer (anders as bv. Jaap Steyn in sy Louw-biografie) hom in hierdie biografie nie onbetuig laat oor talie kwessies nie. Die chronologiese struktuur wat Kannemeyer breedweg hier aanlê, is tradisioneel van die outobiografie omdat dit immers 'n persoon se lewensloop is wat daarin beslag kry. Leipoldt se lewensverhaal word ingedeel in vier fases: sy jeugjare (1880-1902), sy jare in Londen (1902-1914), sy Transvaalse tydperk (1914-1925) en sy tweede Kaapse verblyf. Binne hierdie breë chronologie word daar egter tematies gewerk. So'n keuse word seker in 'n hoë mate genoodsaak deur die fasetryke lewe van Leipoldt en 'n streng chronologiese aanpak sou dalk aanleiding kon gee tot onoorsigtelikheid. Die nadeel van hierdie keuse is ongelukkig dat Kannemeyer telkens verval in herhaling, wat soms bykans woordeliks is. Nodeloos om te sê werk dit uiters frustrerend in op die leser en versteur dit die vlot gang van die vertelling. Kannemeyer se navorsing toon onomwonde dat Leipoldt in sy wese 'n eenloper was en dat die benaming ‘driemanskap’ wat hom, Totius en Jan Celliers in een kraal wou dwing, bepaald 'n dwaling was. Dit word met vers en kapittel bewys en die dwaalleer-verkondigers word met min genade deur Kannemeyer aan die skandpale gespyker (vgl. bv. p.432). Ook die feit dat Leipoldt se poësie skerp afwyk van dié van Totius en Celliers en dat daar (anders as wat G. Dekker beweer) geen politieke ommekeer by Leipoldt voorkom in 1920 nie, word telkens herhaal (vgl. bv. pp. 390 en 449). Gegewens wat vir baie mense 'n belangrike nuwe perspektief op Leipoldt mag bring (hoewel dit deur verskeie literatore al aangedui is) is die feit dat Leipoldt | ||||||||||
[pagina 299]
| ||||||||||
nooit in Afrikaans geleef het nie; afkerig gestaan het van die rigting waarin Afrikanernasionalisme ontwikkel het; skerp krities was teenoor die Calvinistiese godsdiens; die toekoms van Afrikaans nie besonder positief gesien het nie en vroeg reeds gewaarsku het oor die uiteindelike gevolge van Suid-Afrika se rassepolitiek. 'n Mens mag verskil met Kannemeyer se evaluerings en verbandleggings en sou ook kon wys op die opdiep van gegewens wat al bekend is. Tog moet 'n mens waardering hê vir die blootlegging van talie nuwe insigte en feite en veral vir die omvattende verband waarin dit hier gestel word. Uit hierdie biografie blyk ook duidelik dat 'n gedeë letterkundige hier aan die woord is, veral waar Kannemeyer hom wend tot tekste self en dit op verhelderende wyse ontleed of toelig. Hoofstuk IX, ‘Eerstelinge’ is maar net een so 'n voorbeeld. Verbande tussen Leipoldt se werk en dié van ander skrywers en onderlinge verbande (die sogenaamde intertekstualiteit en intratekstualiteit) word telkens op oortuigende wyse gelê. Kannemeyer is die egte biograaf wat sy bes probeer om sy subjek nie net te beskryf nie, maar ook te begryp. Daarom het sy werk 'n flinke klap weg van wat eerder die psigo-biografiese metode genoem is. Op talie plekke (vgl. bv. veral die eerste hoofstuk) probeer Kannemeyer om Leipoldt se lewensloop of sy werk terug te herlei na aspekte van syjeug. Dikwels kan 'n mens daarmee akkoord gaan (al ontbreek bewyse); soms word interpretasies egter blote spekulasie (vgl. bv. pp. 8 en 12). In J.C. Steyn se eerder besproke biografie gaan die skrywer daarvan nogal ver om sy eie sienings van sy subjek te verhul. Wanneer té intieme aspekte blootgelê moet word, geskied dit soms met 'n ongemaklikheid aan die kant van die biograaf. Kannemeyer daarenteen is die egte snuffelaar wat by wyse van spreke graag die reuk in Leipoldt se kombuis opsnuiwe. Wat in hierdie biografie uit die verf kom, is 'n komplekse, teenstrydige maar tewens fassinerende persoonlikheid. Duitse werklus, deeglikheid en selfs oorredingsywer as variant van sy ouers se missionêre ingesteldheid is net so deel van Leipoldt as 'n Franse bonhomie en mediterreense gemaksug en lewensgenieting. Leipoldt word deur Kannemeyer geteken as die argetipiese kosmopoliet wat nooit ingeperk kon word in die keurslyf van 'n bepaalde nasionalisme nie; iemand wat Engels kon hanteer met gemak en tog sy diepste gevoelens oor sy land en sy mense dikwels slegs in Afrikaans kon verwoord. Dié rare kombinasie het Leipoldt die vriend (en ook tot vyand!) gemaak van baie van die belangrikste mense van sy tyd. Kannemeyer se studie is 'n monumentale werk oor 'n Suid-Afrikaanse geleerde wat ook die Afrikaanse taal-en letterkunde op besondere wyse verryk het.Ga naar eind* | ||||||||||
[pagina 300]
| ||||||||||
Bibliografie
|
|