In sy hoedanigheid as direkteur van die ‘Nederlands Cultuurhistorisch Instituut’ (Universiteit, Pretoria) is prof. dr. G. van Alphen met die versiersels van Offisier in die Orde van Oranje-Nassau begiftig.
O.m. het prof. dr. P. Brachin, van die Sorbonne, in 1966 die Republiek besoek terwyl ingevolge die kultuurverdrag tussen Nederland en Suid-Afrika prof. dr. A.P. Grové tans in Nederland vertoef. Tydens sy besoek aan Wes-Europa het prof. dr. H.J.J.M. van der Merwe, namens die Raad van die S.A. Akademie, die groete en gelukwense aan die jubilerende ‘Maatschappij’ oorgebring.
Meer besonderhede aangaande geesteswetenskaplike bedrywighede in die R.S.A. kan o.m. in die S.A. Akademie se ‘Nuusbrief’ aangetref word. Dieselfde geld vir die Akademie se jongste jaarboek (nuwe reeks, nr. 6). Ook verwys ons na prof. dr. P.J. Nienaber se bronnegids soos gepubliseer in die ‘Tydskrif vir Geesteswetenskappe’ (Pretoria, Juni 1966), terwyl ons ook die leser se welwillende aandag op ‘A Select Bibliography of South African History’ (Pretoria, 1966) vestig wat deur prof. dr. C.F.J. Muller, prof. dr. F.A. van Jaarsveld en prof. dr. Theo van Wyk geredigeer en as 'n eersterangse aanwins beskou kan word.
Graag wens ons ook die aandag te vestig op die proefskrif van dr. H.J. Aschenborn, direkteur van die Staatsbibliotheek (Pretoria) oor die geskiedenis van hierdie biblioteek wat aanvanklik bekend gestaan het as die ‘Staats-Biblioteek der Zuid-Afrikaansche Republiek’ en die oorspronklik sy ontstaan te danke gehad het aan 'n aantal boekeskenkings van die ‘Maatschappij’ in die tagtiger jare van die vorige eeu.
Aanvullend het, tydens die jubileumjaar van die ‘Maatschappij’ die opsteller van hierdie verslag 'n aantal gegewens onder die titel ‘Die geskiedenis van 'n skenking’ vir die tydskrif ‘Lantern’ (Pretoria, deel XVI, nr. I) verwerk.
Tenslotte 'n greep uit die publikasies wat van die hand van lede van die ‘Maatschappij’ in die R.S.A. in 1965 en 1966 verskyn het.
Du Plessis, I.D., Karoo-verse, Kaapstad, 1965. |
Du Plessis, I.D., Vaderlandse verse, Johannesburg, 1966. |
Du Toit, S.J. en C.F., Gode en helde van Achaje, Kaapstad, 1965. |
Grové, A.P., Fyn net van die woord, Kaapstad, 1965. |
Grové, A.P., Dirk Opperman, Kaapstad, 1965. |
Grové, A.P., en Strydom, S., Drie prosastukke van Jochem van Bruggen, Pretoria, 1965. |
| |
Muller, C.F.J., Van Jaarsveld, F.A., Van Wyk, Theo, A Select Bibliography of South African History, Pretoria, 1966. |
Malherbe, D.F., Agterland. |
Malherbe, F.E.J., Bellen blazen, Kaapstad, 1966. |
Nienaber, C.J.M., Periandros van Korinthe: D.J. Opperman, Kaapstad, 1965. |
Nienaber, P.J., Uit ons letterkunde, Johannesburg, 1965. |
Nienaber, P.J., Die Hertzogprys vyftig jaar, Kaapstad, 1965. |
Nienaber, P.J., Taalkundige opstelle, Kaapstad, 1965. |
Nienaber, P.J., Rapier en knuppel; 'n bundel letterkundige polemieke, Kaapstad, 1965. |
Rothmann, M.E., Briewe uit Highveld, Kaapstad, 1965. |
Rothmann, M.E., Kom nader, Kaapstad, 1965. |
Rothmann, M.E., So is onse maniere, Kaapstad, 1965. |
Schoonees, P.C. (red.)., HAT, verklarend handwoordeboek van die Afrikaanse taal, Johannesburg, 1965. |
Van der Merwe, H.J.J.M., Taalfasette, Pretoria, 1965. |
Van Jaarsveld, F.A., Die verlede spreek, Pretoria, 1965. |
Van Jaarsveld, F.A., en Scholtz, G.D. (red.)., Die Republiek van Suid-Afrika. Johannesburg, 1966. |
Venter, F.A.,; Werfjoernaal, Kaapstad, 1965. |
Venter, F.A., Wit Oemfaan, die avonture van Paulus van Gas, Kaapstad, 1965. |
Pretoria, Des. 1966
Jan Ploeger
Verteenwoordiger (R.S.A.)
|
|