| |
| |
| |
Ballade van monsieur Lapeyre
Monsieur Lapeyre het klaar ge-eet. Alleen
in die groot restaurant - want dit is vroeg
vanaand - snorkend, versadig, vergenoeg
sluimer hy nou, met sy blink bleskop teen
die muur gestut, stil-vreedzaam net soos een
wat dronk is, of 'n suigling nuutgespeen...
Tot lyk hy my oud-afgeleef, so moeg
van die slepende lewe en sy geswoeg,
(die lewe wat skuimrol - die boordevol rivier wat ieder
skepsel nes 'n drenk'ling vortslinger voor hom heen.)
slap-moeg van sy bestaan, en siek en sat
- hoewel hy rus had heel die lange dag:
Hy's lettersetter op 'n môreblad,
bebaard, eerwaardig, middeljarig, wat
eers strakkies stip-pligmatig, kwart voor ag,
sy daaglikse nagarbeid moet hervat.
Hy slaap... net soos 'n dier na sware vrag.
(Die slaap, wie weet, bring lus en moed en krag -
Die slaap wat sluip - die luipaard glansend deur die
skemerwoud, week kussingvoetig, glad.)
Monsieur Lapeyre het klaar ge-eet. Hy slaap
soos een ver weggewentel, in sy vaak
verloor, soos een wat nooit weer sal ontwaak,
snorkend... ('n Rukkie rus kortstondig raap
hy uit die monsterbek van Tyd, die draak
wat ewig met wyd-oopgespalkte kaak,
wat diep en donker soos die afgrond gaap,
vreet en verteer, sy honger ongeslaak)
Argloos, o weerloos snork Lapeyre. Hij maak
'n borr'lende geluid nes 'n omvergekantelde bottel
| |
| |
Monsieur het min of meer sy maal geniet,
terwyl hy traag sy aandkoerant deurblaai het.
Die blad had niks nuuswaardigs aan te bied
- slegs die bloeddorstig daad van 'n Leviet
wat met 'n skeermes skerp soos die verdriet
sy jong akrtiese-vrou wat hom verraai het,
soos onkruid, wreed in sy woede afgemaai het.
(Die rooi bloed het soos 'n fontein gegiet)
Bloedweinig nuus was daar op sportgebied!
Lapeyre snork triomfant'lik, kras en skor, nes 'n
kapokhaan wat gekraai het.
Nou slaap hy, dromend van 'n skoon volkome
lewe, één heerlikheid, één gloed, één kleur -
fantasties fel - wellustelike drome.
(Vrind Freud zou se: die krant se skuld!) Monsieur
Lapeyre snork soos die see... In weeld'rig lome
chique slaapvertrekke, swoel van blommegeur,
of in die maanlig onder lentebome,
gaan hy sy lewe in orgiëe deur...
Hy 't welgedaan: sy ingewande rommel, nes 'n goed're trein
wat teen 'n opdraend beur...
Daar's hy die held van ieder awentuur!
Geen maag so kuis wat nie die knie moet buk
voor hom, die Juan, wie se oë gluur,
fonk'lend van minnedrang en liefdesvuur...
Drome vol triomf, vreugde en geluk,
waar roekloos hy die passieblomme pluk,
rood en heetgloeiend soos die vagevuur
(hy met sy 50 jaar van soet en suur,
sy plooigesig waarop die suurstof van die tyd die diep stempel
van sy groewe dieper druk...)
| |
| |
Droomwêreld skoner dan Aldébarán!
O towerrijk wat wink! Nou droom hy van
'n lieflik soet sagsinnige Jodin,
met lokke golwend-swart soos Astrakhán,
wat hom aanbid, heelhartig, sonder sin,
wat hom hartstogtlik, sonder skroom bemin,
skugter, amandel-oëig, sy slavin!
- Sy vrou, kruifagtig, lank reeds uit sy hart verban.
(Drome, o drome! Hul volg mekaar soos ver verbytrekkende
maanwit waens van 'n karavan...)
- En van die liefde wederkerig, o wat immermeer
die hart se honger en sy dors versadig,
wat nog die dood, nog vele waters kan beskadig,
die mens aan God gelyk maak, en hom begenadig
slegs éénmaal, éénmaal net... dan nimmerweer.
- Een awend in die maanlig op die meer:
'n ver musiek het daar geruis, gestadig
so stil versterwend - En sy vader, sy goeddadig
manier van spot - Sy moeder, en haar glimlag teer...
Monsieur Lapeyre droom van sy jeug, en lentedae lang-ver-
vloë, wat nooit t'rug sal keer...
Nou skrik hy wakker, gryp sy hoed, laat spat kantoor-
toe, waar die werklikheid hom wag...
Maar môre vyfuur as die skemerdag
lemiér, blink teen die kim soos swanevag,
en hoog die dagster flonker in sy prag,
sal hy sy baaitjie van die kapstok vat,
sal hy moeg huistoe slenter deur die stad,
waar trams begin te rammel, en die môrenat
skitter soos steentjies op die dor skraal blomme teen die
vensters van die armwykhuise, langs sy pad.
| |
| |
| |
Envoi
Sal hy voetslepend kom tot sy hotel,
traag met die wenteltrap na boentoe gaan,
meganies, soos van ouds, elk trappie tel,
eind'lik, uitasem, in sy kamer staan,
sy burg, sy eenvertrekkie-slot, sy tuis,
waar sy één enkel trou genoot - 'n muis -
hom groet, deur teen die dak te roer en skraap...
Sal dan twee steuwels teem die plankvloer bons,
en vir 'n tydlang nog sy katel kraak,
terwyl hy draai en draai om tog aan slaap te raak.
Sal hy swaar asemhaal, diep sug, verlaas nog gaap...
Sal vreedsaam-deinend, eindelik, diep stilte oor hom gons...
Monsieur Lapeyre gaan dwaal waar die edelgesteentes van drome
dof smeul en skemer, deur die ruim skatkamers van
|
|