| |
| |
| |
Onduidelikhede en inkonsekwenthede in die Nederlandse
spelling
Algemene konsketsing van situasie en doelstelling
door
J.Z. Uys, M.A. (vh. Lector Universiteit Natal, Zuid-Afrika)
Sonder vrees vir enige teëspraak kan beweer word dat die geskrewe vorme van die
meeste tale van vandag maar 'n heel floue en gebrekkige aanduiding gee van hoe
die betrokke tale in der waarheid ge-‘
spreek
’ word, of, van hoe hulle in werklikheid ‘
klink
’. Die gevolg van hierdie onbevredigende toedrag van sake is, onder meer,
dat 'n anderstalige wat, sê byvoorbeeld
Engels
wil leer, as 't ware twee tale moet sien te bemeester:
die sproke
én
die gekwere taal.
Ook
Nederlands
is nie heeltemaal vry te pleit van 'n dusdanige ‘drastiese’ aanklag nie.
Nou is die situasie miskien nie heeltemal so ernstig as wat spreker dit
oënskynlik te kenne wil gee nie. Gelukkig bestaan daar in hierdie ‘teg iek’ -
eeu van ons sulke vernuftige uitvindings soos radiotoestelle, grammofoonplate en
bandopname-masjiene; alles nuttige en, myns insiens, haas onmisbare hulpmiddele
by die aanleer van vreemde tale. Dit het dié groot voordeel dat voornemende
studente van vreemde tale beslis nie uitsluitend op geskrewe tekste aangewys
hoef te wees nie. (Wat Nederlands betref, kan b.v. vermeld word: die
grammafoonplateserie ‘Dichters van Noord en Zuid’ (onder leiding van professor
G. Stuiveling) waarin 'n tweetal deklamasieplate verskyn het. Op P. 10058 R.
word gedigte van J.C. Bloem, J. van Nijlen en J. Greshoff voorgedra. Op plaat P.
10059 R., weer, kom gedigte van J. Slauerhoff, Paul van Ostayen en H. Marsman
aan die beurt.) Maar, dit alles kan die buitelandse student
slegs help om die gesproke taal te benader, en, per slot van
rekening is dit die meeste dosente van Nederlands aan buitelandse universiteite
veral te doen om hulle studente te leer om geskrewe
Nederlands met gemak en met begrip te lees en om die taal
eventueel korrek te skrywe.
Dit bring ons by enkele netelige spellingkwessies.
| |
Probleem.
Die spelling van enige taal is veronderstel om die algemeen-beskaafde
uitspraak so noukeurig moontlik in skrif weer te gee; gevolglik kan die
taalkunde moeilik 'n beter spellingvoorskrif gee as dit: spel fonologies,
dit wil sê, gee elke foneem deur één letter weer, en wel altyd deur
dieselfde letter.
| |
| |
Bevreemdend is dit dus om die volgende toeligting by die algemene beginsels
van die Nederlandse spelling in die ‘Woordenlijst van de Nederlandse Taal’
('s-Gravenhage, 1954) te vind: ‘Een streng fonetische spelling zou eisen dat
iedere spraakklank door een eigen teken werd voorgesteld. Ofschoon dit in
onze spelling in hoofdzaak ook het geval is, verlangt de doelmatigheid niet
zelden voor gelijke klanken verschillende tekens of gelijke tekens voor verschillende
klanken’ (p. xxxvii). (Onderstreping van my.) Of, soos dit lui in die
sewende beginsel (p. xxxix): ‘Beperking van het aantal
lettertekens betekent niet zelden het door gelijke tekens
voorstellen van verschillende spraakklanken:
bedstede, polshorloge
enz.’.
'n Mens kan jouself alleen maar afvra welke soort beginsel
dit is om te praat van 'n ‘beperking’ van die aantal
lettertekens. Veel eerder, lyk dit my, sou 'n mens kon spreek van 'n ‘
beperkt-heid
’ van die aantal lettertekens, 'n beperktheid wat m.i. daarin geleë is
dat die Latynse alfabet war vir skryfdoeleindes gebruik word, ontoereikend
is om enige reg aan die Nederlandse klankstelsel te laat geskied. Die gevolg
is dat vokaaltekens soos die e, o, i en selfs y funksioneel oorbelas word. Ons het reeds gesien dat die e en die o op drie verskillende maniere
uitgespreek kan word: bedstede en polshorloge. Hierby kom nog dat die i in woorde soos cirkel en miljoen anders gerealiseer word as in
woorde soos titel en liter en dat die
y in fysica en gymnasium respektiewelik twee verskillende spraakklanke weergee.
Wat die konsonante betref, wil ek volstaan met die t-tekens as voorbeeld om die uiteenlopendheid van uitspraak aan de
toon. Afgesien van die te verwagte realisering as t. b.v.
in tot en met, tref ons uitsprake aan
wat varieer van s (b.v. advertentie en
attentie) tot ts (b.v. politie), met daar tussenin die sj- uitspraak
soos in station.
Die keersy hiervan is: ‘... het door verschillende tekens voorstellen van
gelijke spraakklanken’ wat ons in prinsipe reeds aantref in (veral) die
vierde beginsel van die Nederlandse spelling (p. xxxviii). Dit lui: ‘Volgens
het beginsel der afleiding (etymologie) beslist bij de keuze tussen twee
schrijfmogelijkheden de vroegere vorm van het woord’. Ek haal aan: ‘Niet
zelden worden op deze wijze homoniemen in schrift onderscheiden, bijv. peil van pijl, meid van mijt, hei van hij, zei van zij,
wei van wij, gauw van gouw, kauw
van kou enz. ........... Ook de h in thans, althans is een voorbeeld van zulk een historische
spelling.’ En voorts, ‘.........Zuiver ter onderscheiding van homoniemen
schrijft men o.a. nog (bijw.; evenwel, met geheel
fonetische spelling nochtans) naast | |
| |
noch (voegw.), kruit (buskruit) naast
kruid (plant)’.
Dat dit kwansuis 'n verdienste sou wees om homonieme in
krif te onderskei, soos hierbo geïmpliseer, is helaas 'n wanopvatting wat
nugtere taalondersoekers verstom laat staan het so vroeg as 1908 - toe F.
Buitenrust Hettema in sy ‘Taal- en Dichterstudies’ geskrywe het: ‘Evenmin is
er ........ ten slotte (geen reden) om tussen noch (en
niet) en nog (daarbij) te onderscheiden, zoals velen doen.
't Volledig zinsveband maakt immers - als overal - alle misverstanden
onmogelik’ (p. 252). Voeg hierby dat die klank k nou met
die letter k (b.v. kritiek), dan met 'n c (b.v. criticus) voorgestel word; dat laasgenoemde
letter c meeding met s in die weergave
van die klank s (vgl. b.v. cirkel met
singel); dat beide th en t die klank t kan aandui (b.v. telepaat, dog telepathie); en dat die
klank ks deur sowel x as ks in skrif weergee kan word (b.v. tekst naas extra) - om maar 'n paar voorbeelde te noem - dan is ek
bevrees dat menige voornemende student van Nederlands reeds by die aanvang
van sy akademiese kursus uit pure radeloosheid geneig sal wees om tou op te
gooi. Soos F. Buitenrust Hettema in 1908 reeds geskrywe het: ‘Voor wie Taal
is klank, voor die is verschillende spelling van eenzelfde klank
verbijsterend!’ (‘Taal- en Dichterstudies’, p. 243).
U ken waaeskynlik die spitsvondige raaisel wat in hierdie verband ten opsigte
van Engels bestaan. Hoe sou u die kunsmatig-‘saamgestelde’ woord ‘ghoti’ uitspreek? Die antwoord is: ‘fish’. Gh soos in tough, o soos in women
en ti soos in station!
| |
Nadele.
Die nadele van so 'n diskrepansie tussen die letters en die klanke is voor
die hand liggend. Nie alleen bring dit mee dat Nederlandse kinders en
buitelandse studente kosbare tyd moet verspil om die taal te leer skrywe
nie, maar ook is die gevaar van sogenaamde ‘letteruitspraak’ beslis nie
denkbeeldig nie. Veral by voordrag dreig die gevaar van onnatuurlike
letteruitspraak; alte veel Nederlanders meen b.v. nog steeds dat 'n mens in
woorde soos
vrachtje
en
kastje
‘eintlik’ 'n t moet laat hoor. Wel staan die
beskaafde uitspraak dikwels digter by die keskrewe taal as die onbeskaafde,
maar dit wil allermins sê dat die skrifbeel NORM vir die
klank moet wees.
| |
Oorsake.
In die algemeen kan ons sê dat die klakkelose oorname van die Latynse alfabet
deur die Wes-Europese tale - in die eerste plek - grootliks verantwoordelik
gehou kan word vir die diskrepansie tussen die letters | |
| |
en die
klanke en gevolglik vir die talle oorvleuelings en inkonsekwenthede.
Aangesien elke taal sy éie klankstelsel het, MOET daaruit voortvloei dat die Latynse alfabet, wat aangepas is
aan die Latynse klankstelsel, NIE VIR ALLE TALE GESKIK IS NIE. Dit is eenvoudig ‘een waarheid als 'n koe’ en
dit is hoog tyd dat spellingkommissies (nie slegs die Nederlandse nie) dit
begin besef en iets daaromtrent doen. Die Latynse alfabet
het slegs 26 letters terwyl Nederlands 'n stuk of 35 afsonderlike foneme
het. Boonop klop die indeling in 6 vokaaltekens en 20 konsonanttekens ook
nie met die Nederlandse klankstelsel - minstens 16 vokale en ongeveer 19
konsonante- nie.
Daar is egter ook 'n ander rede vir die onduidelike en verwarrende
spellingvorme: die konserwatiewe spellingbeleid. Die spelling van sekere
Nederlandse woorde gee eerder die uitspraak van honderd jaar gelede weer as
dié van vandag.
Voorts, wat die spelling van vreemde woorde in Nederlands betref: Daar alle
klanke by benadering in 'n algemene spelling afgebeeld
word, dra die argument teen die skrywe van sodanige woorde met Hollandse
klanktekens, nl. as sou laasgenoemde nie presies met die vreemde klanke
ooreenstem nie, hoegenaamd geen gewig nie. Veel erger is tog dat 'n
gebrekkige spelwyse die onjuiste uitspraak van die
minder bekende ‘vreemde’ woorde bevorder.
| |
Spellingverandering?
Nie alleen vanwëe die appèl wat daar uitgaan van die jongste wetenskaplike
vordering op fonetiese, fonologiese e.a. taalkundige gebiede nie, maar ook-
en veral om praktiese redes, lykt dit my beslis gewens om
enkele noodsaaklike wysiginge in die Nederlandse spelling aan te bring.
Miskien sou ek nie heeltemal so ver wou gaan soos dr. P.C. Paardekooper in
sy ‘Syntaxis, Spraakkunst en Taalkunde’ (pp. 290 en 291) nie. Ook is ek van
mening dat dit beslis nie raadsaam sou wees om eenvoudig ALLE inkonsekwenthede meteen uit te skakel nie. Wel
stem ek met Paardekooper saam waar hy beweer: ‘.... hoe vaker er
spellingveranderingen zijn, hoe vlugger het grote publiek zich aanpast’ (p.
290).
| |
Die gebruik van Hoofdletters
Tog is daar een belangrike verandering van die 1954/1955 spelreëling waarmee
ek my tot op hede nog nie kon versoen nie. Ek doel hier op die skryfwyse van
dae, maande en windstreke waarby die hoofdletter verval het. Die skryfwyse
met 'n klein letter in die geval van hierdie name is nl. in | |
| |
stryd met die voorskrif dat eiename in die ruimste sin met 'n hoofdletter
gespel moet word
é n
met die Nederlandse tradisie. Ook doen die vraag hom voor: Hoe moet
die name van die windstreke voorgesteld word op 'n kompas, of hoe moet noord op 'n kaart voorgestel word: N of n?
| |
Onduidelikhede
Heel moeilik is dit vervolgens om aan die hand van paragraaf 5 i.v.m. die
gebruik van hoofdletters, presies uit te maak hoe name van range en
waardighede, titulature en attribute in specifieke gevalle geskrywe moet
word, aangesien die opstellers van die spelreëls die skryfwyse met 'n klein
of met 'n hoofdletter oorlaat aan ‘..... het gevoel of het inzicht van de
schrijver...’ (Woordenlijst van de Nederlandse Taal, p. LXIX). Moet 'n mens
nou in 'n gewone teks skrywe: Prof.Dr. H. Zondervan, of prof.dr. H.
Zondervan? En, indien die agternaam van die hooggeleerde heer in 'n
spesifieke teks weggelaat word, is dit dan Professor of professor? Terloops,
hoe moet hooggeleerde heer in die vorige sin geskrywe
word: mét of sonder hoofletters?
| |
Slot
Nou is daar nog niks gesê i.v.m. die aanmekaarskrywe van woorde, òf i.v.m.
die gebruik van leestekens nie, maar dit is beslis nie moontlik om in die
kort bestek ALLE moeilikhede verbonde aan die weergawe van
Nederlands in geskrewe vorm aan die orde te stel nie. Dit was trouens ook
nie die bedoeling nie. Wel het dit u waarskynlik tog 'n algemene beeld laat
kry van die soort ‘onnodige lastighede’ waarmee 'n
anderstalige te kampe het alvorens geskrewe Nederlands 'n werklik
toeganklike en bruikbare medium vir hom/haar kan wees.
|
|