Een wat late rectificatie
Den Heer Herman Robbers
Kaapstad, Woensdag 30. X. '35
Waarde Heer,
Per ongeluk het ek 'n kopie van die maandblad ‘Elsevier's Maandschrift’ in die hande gekry. Daarin was 'n beskrywing van die lewe van Wyle W.J. Steenhoof deur Mnr. H.P.L. Wiessing. Ook was daar verskeie afdrukke van selfportrette van die oorledene. Die eksemplaar was No. 6 gedateer 6 ‘Juni’ 1933 en teenoor bladzy 368 was 'n ‘pencil’ tekening wat volgens onderskrif deur Steenhoof seif geteken was.
Toe wyle mnr Steenhoof 'n paar jaar gelede hier in Kaapstad was, het hy 'n jong vriend van my, Mnr. Rene Graetz (ook 'n skilder en beeldhouer) ontmoet, en een aand was hulle in gesprek in 'n teekamer waar ek ook teenwoordig was. Toe het Mnr. Graetz (wat omtrent 5 jaar gelede hierheen uit Switserland (Genief) aangekom het) 'n tekening van Mnr. Steenhoof op 'n stukkie papier gemaak, en Mnr. Steenhoof het daar so baie van gehou, dat hy Mnr. Graetz gevra het om dit met hom saam te neem. Toevallig het Mnr. Graetz na my tafel oorgestap en my vertel wie die bejaarde Heer was en gevra hoe ek van die tekening hou. Ek mag byvoeg dat die tekening slegs omtrent 5-10 minute in beslag geneem het, maar dis nie een van wyle die Heer Steenhoof se werke nie. Nou kom die vraag: aan wie is 'n apologie verskuldig - aan Mnr. Graetz of aan Wyle Mnr. Steenhoof?
Ingeval u 'n ovige kopie van eksemplaar No. 6 in u bezit het, sal ek bly wees om dit te ontvang en ek sal u geld daarvoor per terugkerende pos besorg.
Getrow die uwe
Charl J. van Blerk