vraagstukke soos: voor of teen 'n Republiek, voor of teen lidmaatskap van die Statebond. Die feit dat onderdane van België en Nederland lid kan wees van 'n Suid-Afrikaanse afdeling, maak dit al duidelik, dat partypolitiek buite die A.N.V. gehou behoort te word.
Hier in Suid-Afrika sal ons met belangstelling volg, wat ons stamgenote in Europa doen vir die eenheid van Vlaanderen en Nederland. Ons sal nie voorkeur vertoon, hoe die samenwerking sal moet wees nie. Ons kies nie tussen Benelux en een Dietse staat nie. Dit laat ons aan die partypolitiek in Nederland en België oor om te besluit. Samenwerking egter moedig ons aan. Die A.N.V. beklemtoon egter, dat watter vorm die samewerking mag vertoon, dat die Nederlandse taal daarby die voornaamste amptelike, sowel as nie amptelike taal moet wees en dat verantwoordelike persone daarin behoort voor te gaan.
In die Internasionale samenwerking van Wes-Europa en Afrika sal ons beklemtoon die besondere bande wat Suid-Afrika met Nederland en Vlaanderen verbind en eis dat ons taal, dit sy Afrikaans of Nederlands, nie in die samewerking of deur die samewerking op die agtergrond gedring word nie.
Die A.N.V. sien in Godsdiens, in Taal, in Kuns, in Wetenskap, in Tegniek en in Staatkunde elemente van die kultuur en trag die Dietse karakter van die elemente te vesterk. Sonder om hom te bind aan 'n bepaalde kerkgenootskap, 'n bepaalde politieke party, 'n bepaalde kunsrigting, 'n bepaalde wetenskappelike teorie of 'n bepaalde tegniek soek die A.N.V. in al die bedrywighede die Dietse kenmerke om die kenmerke te versterk en te behou by verdere ontwikkeling.
Die A.N.V. wil besin en besiel. Ons wil uit de welslaë en uit die mislukking van ons voorgeslagte leer om ons Dietse taak vir die hede en die toekoms te verstaan. Daarom is die Verbond nie 'n onbestemde vereniging met 'n vaë doel nie. Die Verbond het 'n positiewe doel om die Dietse karakter vir die toekoms te behou.
Ons wil ons taal handhaaf en ons self wees!
In die spieël van die verlede trag ons die Dietse kultuurkenmerke te ontdek, die hede daarvan te deurdring en die toekoms daarna te vorm. Die drang na geregtigheid was altoos kenmerk van die Dietse strewe. Geregtigheid, vryheid, verdraagsaamheid en vredeliewendheid is dwars deur ons geskiedenis deur ons voorgeslagte nagestreef. En ons sal en wil nie anders in ons strewe wees nie.
In 1302 snel die gildes te wapen ‘Omme tlant te bescermene’,. Op die Groeningerkouter by Kortryk verslaan hulle die leër van die Franse koning, omdat hulle geglo het aan geregtigheid en vryheid. Hulle verkondig: ‘Dat ze geenszins den koning willen aanvallen, maar zich verweren! Geen vroongeld meer zullen betalen en hun erf verdedigen... Hun land zelfstandig houden, ongeschonden, vrij van smaad...’