en Nederlands aan die Universiteit van Natal, Pietermaritzburg.
Op 2 Mei 1951 trou hy met die Nederlandse weduwee Willemina (Miep) van der Bom-Luitingh. Haar sewejarige dogter Marianne Elisabeth het saam na Suid-Afrika gekoom en is deur hom geadopteer.
In 1952 ontvang hy die graad D. Litt. van die Universiteit van Pretoria vir sy proefskrif met die titel Die taal as tolk, n stilistiese analise van Elisabeth Eybers se gedig Maria. Dit was n belangrike ‘bydrae tot die stilistiese metode om n geskrewe teks op taalkundige grondslag te ontleed’, soos ontwikkel deur Hellinga en H. van der Merwe Scholtz (Die taal as tolk, p.9).
In Junie 1959 word Nienaber senior lektor, in julie 1965 mede-professor en met ingang van 1969 professor en hoof van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Natal, Pietermaritzburg en Durban. Vanaf 1974 het die afdeling Durban egter selfstandig geword, en vanaf die jaar tot aan sy aftrede was Nienaber hoogleraar en departementshoof te Pietermaritzburg.
Sy vrou was sedert 1960 ook aan die departement Afrikaans en Nederlands verbonde, eers as lektrise, later as senior lektrise en ten slotte als mede-professor. Uit hulle huwelik is een dogter gebore - Christina Johanna.
Tydens sy akademiese loopbaan en na sy aftrede in 1983 het Nienaber verskeie boeke gepubliseer asook n aantal artikels van literêr-kritiese aard en het hy as gasdosent voordragte gehou by ander universiteite en instansies. Hy het bloemlesings uit die Nederlandse literatuur saamgestel en n uitgawe van Joseph in Dothan geredigeer en geannoteer. Naas sy gepubliseerde dissertasie het hy n werk geskryf oor die digter Totius en studieboeke oor Periandros van Korinthe (D.J. Opperman) en oor gedigte van Van Wyk Louw. n Aantal van sy literêr-wetenskaplike artikels is versamel in tweede dele Oor literatuur, waaruit sy fynsinnige, teksgebonde analises van literêre werke ten beste geken kan word. Daarbenewens het hy meegewerk aan publikasies oor taalbeheersing en hoofstukke bygedra tot verskeie versamelings essays oor die literatuur en taalgebruik. Sy artikels is meestal die eerste keer gepubliseer in die tydskrif Standpunte, maar daarbenewens het talle resensies van sy hand verskyn in tydskrifte en koerante, onder andere die Nieuwe Rotterdamse Courant, Het Parool, die maandblad Zuid-Afrika, Kriterium, Beeld, Die Burger, Ons eie boek en die Tydskrif vir Geesteswetenskappe.
Nienaber het hom veel beywer vir die kulturele verbintenis met Neder-