Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1975
(1975)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 32]
| |
Gerrit Dekker
| |
[pagina 33]
| |
grootste Afrikaanse literator geword. Voor hom was daar werklik geen Afrikaanse literator van naam nie, en dié wat ná hom gekom het, het almal in mindere of meerdere mate iets aan hom te danke en geprofiteer van sy insigte, al het hulle nie onder hom gestudeer nie en hom net uit sy publikasies geken. Toe hy in die twintigerjare begin het met sy kritiese werksaamheid, was die Afrikaanse literatuur nog in sy kinderskoene. Voor hy gesterf het, het hy dit gesien uitgroei tot op 'n internasionale vlak. Naas die Afrikaanse het ook die Nederlandse literatuur Dekker se liefde gehad. Neimand het meer as Dekker gedoen vir die instandhouding en bekendstelling van die Noord- en Suid-Nederlandse letterkunde in Suid-Afrika nie, en met sy afsterwe het die saak vir Nederlands in Suid-Afrika 'n onherstelbare verlies gely. Hy het voortreflike bloemlesings uit die Nederlandse liriek saamgestel. Wat die literatuur betref, het Dekker nie net die Afrikaanse, Engelse en Nederlandse geken nie maar ook die Duitse en Franse, en veral ook vir Frans het hy veel in Suid-Afrika gedoen. Hy het oor die Franse literatuur geskryf en mooi vertalings uit Frans gemaak. Hy het ook vertalings uit Oud-Noors gemaak. Voorts het Dekker veel oor die skilder- en beeldhoukuns van Suid-Afrikaanse en buitelandse kunstenaars gepubliseer. Hy het altyd verbande gesoek tussen die literatuur en die skilder- en beeldhoukuns. Daarvan getuig reeds sy inougurele rede, Die Impressionisme in die Nederlandse letterkunde (1933), sy monografie Lodewijk van Deyssel as ‘skilder’ (1950) en sy opstel oor Franse skilderromans.Ga naar voetnoot2 Professor Dekker het veel gedoen vir die waardering van Suid-Afrikaanse skilders en beeldhouers wat vanweë die geavanseerdheid van hulle kuns aanvanklik onaanvaarbaar was vir die publiek. In 1959 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Stalsprys vir Geesteswetenskappe aan prof. Dekker toegeken vir sy geesteswetenskaplike arbeid op talle terreine. Hierdie energieke man was ook tydskrifredakteur. Van 1929 tot 1933 was hy mederedakteur van Die Nuwe Brandwag, die eerste betekenisvolle Afrikaanse tydskrif vir kuns en lettere. Sy studente, wat hom nie net uit sy boeke en artikels geken het nie, weet dat prof. Dekker 'n onoortreflike dosent was. Dit is algemeen bekend dat sy kolleges altyd van 'n hoë standaard was, bevatlik en intens boeiend. Min hooglerare het miskien soveel lof ingeoes vir hulle boeiende voordrag as G. Dekker. Hy het 'n gestrenge indruk gemaak op sy studente en altyd groot ontsag ingeboesem, maar hy het ook hulle liefde en waardering ge- | |
[pagina 34]
| |
kry. Hy het vele vriende gehad onder sy oud-studente. Hulle het hom twee keer gehuldig: in 1957 met sy 60ste verjaarsdag, toe 'n huldigingsbundel aan hom opgedra is: Beskouings oor poësieGa naar voetnoot3 en in 1973 toe hulle met sy 75ste verjaarsdag vir hom en sy gesin 'n feestelike maaltyd aangebied het. By albei geleenthede het hy met dankbaarheid daarvan getuig dat sy gevorderde studente sy vriende geword het. Van hulle is 'n hele aantal vandag as hoogleraars werksaam aan verskillende Suid-Afrikaanse universiteite. Professor Dekker het as akademikus nie 'n kluisenaarsbestaan gevoer nie. Hy het in talle openbare liggame gedien en het dikwels in die openbaar opgetree. Met die instelling 1963 van die statutêre liggaam, die Raad van Beheer oor Publikasies, het prof. Dekker die eerste en gerespekteerde voorsitter daarvan geword (tot 1968). Hy het in die Raad van Advies van die Transvaalse Biblioteekdiens gedien en onder andere ook in die Matrikulasieraad. Prof. Dekker het in talle kommissies gedien wat literatuur, skilderytentoonstellings of beeldhouwerk moes beoordeel. Hy was 'n aktiewe lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sedert 1930. Hy het in die Akademieraad gedien en het sedert die dertigerjare talle kere (dikwels as voorsitter) gedien in die letterkundige komitees van die Akademie wat aanbevelings gemaak het vir die toeken van die Hertzogprys. Die Suid-Afrikaanse Akademie het professor Dekker in 1969 vereer deur 'n erelidmaatskap aan hom toe te ken. Professor Dekker het ook in die beherende en beleidsliggame van sy universiteit 'n leidende rol gespeel, by geleentheid as dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte en jare lank as Senaatsverteenwoordiger op die Universiteitsraad. Hy het nie alleen as dosent in die kollegesaal en seminaarkamer by die universiteit gedien nie maar as uitbouer daarvan op vele terreine. Daarvoor het die Potchefstroomse Universiteit hom vereer deur in 1969 die graad Doctor Litterarum honoris causa aan hom toe te ken. Ook sy alma mater, die Universiteit van Pretoria, het hom 'n eregraad toegeken na die aanvaarding van sy emeritaat. Professor Dekker was 'n bekende geleerde in die Nederlande, wat hy (benewens ander Europese lande) herhaaldelik na sy studentejare weer besoek het, met regeringstupendia, as genodigde onder die Kulturele verdrae met Nederland en België of as gasprofessor. As emeritus het wyle professor Dekker bly klas gee, tot enkele dae voor sy dood. Hy het tot teen die einde opgetree in die openbaar, met voordragte, met die opening van tentoonstellings van skilderye en beeldhouwerk en | |
[pagina 35]
| |
as voorsitter van verskeie openbare liggame. In sy studeerkamer het hy aktief bly voortwerk. Heelwat werk het hy onvoltooid nagelaat, onder andere 'n uitgawe van Vondel se Gijsbrecht vir studente in Suid-Afrika. In professor Dekker het nie net die Afrikaanse letterkunde nie maar ook die Noord- en Suid-Nederlandse literatuur 'n kenner en dienaar verloor.
t.t. cloete | |
Belangrikste publikasiesBoekeDie invloed van Keats en Shelley in Nederland gedurende die negentiende eeu. Groningen-Den Haag 1926. Die Impressionisme in die Nederlandse Letterkunde. Pretoria-Kaapstad 1933. Causerie en Kritiek. Pretoria 1934. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Kaapstad 197312 (In 1948 het daar te Brugge 'n uitgawe vir die Nederlande verskyn.) Die Afrikaanse Psalmberyming. Pretoria 1938. Psalmen van Totius. Baarn 1939. Oordeel en besinning. Kaapstad 1964. Bloemlesing uit die gedigte van A.G. Visser. Pretoria 1955. | |
VertalingsDie Saga van Grettir die Sterke. Pretoria-Kaapstad 1931. Die Sterwende Aarde. Kaapstad 1948 (uit die Frans van René Bazin). Verhale. Kaapstad 1954 (uit die Frans van Guy de Maupassant). Pierrot in Tydskrif vir Letterkunde, Desember 1954 (uit die Frans van Guy de Maupassant). | |
Artikels in versamelwerkeDs. S.J. du Toit as leier van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging in Gedenkboek ter Ere van die Genootskap van Regte Afrikaners (1875-1925). Potchefstroom 1926. Uit Totius se jeug in Totius - Digter en Profeet. Johannesburg 1938 (red. P.J. Nienaber). Ons grootste dramaturg in C.L. Leipoldt: Eensame Veelsydige. Johannesburg 1950 (red. P.J. Nienaber). Ons kulturele groei na 1900 in Geskiedenis van Suid-Afrika i. Kaapstad 1951. History of Afrikaans Litarature and biographies in Cassell's Encyclopaedia of World Literature. London 1953. | |
TydskrifartikelsDie liefde van Hooft en Brechje Spieghel in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Julie 1927. Die Franse Naturalisme in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, September 1928. Prof. Prinsen en die studie van die Nederlandse letterkunde in De Nieuwe Taalgids 30:2. 1930. Beatrys van Boutens in Die Nuwe Brandwag, 1932. Geerten Gossaert in Koers, Augustus 1934. Nuwe oriëntering in Die Huisgenoot, 18 September 1934. 'n Nuwe geluid in Koers, Oktober 1934 (W.E.G. Louw se Die ryke dwaas). 'n Elegie in Koers, Desember 1934 (Passieblomme van Totius). | |
[pagina 36]
| |
Arthur van Schendel in Die Huisgenoot, 1 Mei 1936. Terugblik oor ons prosa in Die Huisgenoot, 31 Mei 1936. Ons jongste poësie in Die Huisgenoot, 20 November 1936. Jacobus Revius in Koers, Februarie 1937. Josine A. Simons-Mees in Die Huisgenoot, 7 Mei 1937. Die kunstenaar en die gemeenskap in Die Huisgenoot, 9 Augustus 1937. 'n Belangrike nuwe digbundel in Die Huisgenoot, 11 Maart 1938 (Van Wyk Louw se Die halwe kring). Aforismes van Joubert in Die Huisgenoot, 10 Junie 1938. 'n Digwerk oor die Voortrekkers in Die Huisgenoot, 9 September 1938 (Van Wyk Louw se Die dieper reg). Die waardering van 'n gedig in Die Huisgenoot, 2 en 9 Desember 1938. Pessimisme in ons prosakuns in Die Huisgenoot, 1 Desember 1939. 'n Vertroude volksvriend in Die Huisgenoot, 28 Junie 1940. (Celliers). Vondel se Eva in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Junie 1941. 'n Belangrike epiese digwerk in Die Huisgenoot, 12 September 1941 (Van Wyk Lou se Raka). Vondel se vrouekarakters: Badeloch in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Augustus 1942. Twee Rembrandt-romans in Die Nuwe Brandwag, 1943. 'n Mooi werkie herlees in Die Huisgenoot, 15 Desember 1944 (M.E.R. se Onweershoogte). Los gedagtes oor ons prosa in Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring, 1944. Die huidige stand van die Afrikaanse letterkundige kritiek in Die Huisgenoot, 10 Augustus 1945. Die nasionale in die kuns in Die Huisgenoot, 23 November 1945. Die vrouekarakters in Vondel se Gebroeders in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, November 1945. Twee Franse skilderromans (l'Oeuvre en Manette Salomon) in Standpunte I:3, Julie 1946. C.M. van de Heever se verskuns in Die Huisgenoot, 29 November 1946. D.J. Opperman se ‘Negester oor Ninivé’ in Die Ruiter, 21 November 1947. Totius se jongste digbundel in Die Huisgenoot, 30 Julie 1948 (Skemering). Die vrouekarakters in Vondel se Jeptha in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Augustus 1948. Ons letterkundige ontwikkeling gedurende die afgelope vyftig jaar in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Oktober 1950. Lodewyk van Deyssel as ‘Skilder’ in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Oktober 1950. 'n Halwe eeu na Hildebrand se sterfdag in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, April 1953. Die Calvinisme en die Kuns in Standpunte 7:3, April 1953. Totius as digter en psalmberymer in Koers, Augustus 1953. By die herlees van Totius se poësie in Standpunte 9:2-6, 1954-1955. Enkele gedagtes oor kuns in Koers, April-Junie 1955. Vondel in Jaarboek van die Suid-Afrikaanse Akademie 13. Aantekeninge oor ‘Fidessa’ van Couperus in Ons Tydskrif 111:3. | |
Skilder- en beeldhoukunsAnton van Wouw. Grondlegger van die Afrikaanse beeldhoukuns in Die Huisgenoot, 24 Desember 1945. | |
[pagina 37]
| |
Die kuns van Fanie Eloff in Die Ruiter, 9 Januarie 1948. Die kuns van Maggie Laubser in Koers, Desember 1953. Drie Suid-Afrikaanse kunstenaars in Die Huisgenoot, 25 Januarie 1954. 'n Waardevolle werk van die Hollandse en Vlaamse skilderkuns in Suid-Afrika in Standpunte 9:6, 1955. Die ontwikkeling van die Franse skilderkuns vanaf die Impressionisme. Potchefstroom 1955. | |
Inleidinge en aantekeningeTony, Ernest Staas; Hildebrand, Camera obscura; J. van Lennep, Ferdinand Huyck; H.J. Schimmel, De tower-kat; Scharten-Antink, Het geluk hangt als een druiventros; I. Boudier-Bakker, Verleden; J.A. Simons-Mees, Twee levenskringen; M. Emants, Domheidsmacht; bloemlesing (2 dele) Van Maerlant tot Boutens; bloemlesing Van Hooft tot Luyken; Poësie van die Nederlandse goue eeu; bloemlesing Van Bilderdijk tot Gorter; bloemlesing A.C.W. Staring; bloemlesing Van Staring tot Gorter. |