Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1972
(1972)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 223]
| |
Izak Wilhelmus van der Merwe
| |
[pagina 224]
| |
‘Die westewindjie - maerman, het ons altyd gesê - speel lekker om die natgeswete lywe, en kort-kort warrel angels en stof en strooitjies in 'n man se oë. Maar so moet dit glo wees op 'n trapvloer. Die besemmanne hou vir hulle hardelyf en skree elke tien tellings op die skuiwermanne om te kom dun maak. ‘‘Dun maak, dun maak!’. raas oom Piet. ‘Trek weg die goed hier met die skuiwer! Hoe kan ek vee as die korrels so dik voor die besem lê? Dun maak, maak dun! Ai, ek weet darem nie hoe ek dit met ons dae se mannetjies het nie, Hulle werk vir my darem so rondom hulle twaalfuur. En kyk daar vir Gert Dorsbek. Staan jou wragtie al weer sy oë en vrywe.’’ In hierdie stuk maak Boerneef gebruik van die idioom van sy eie streektaal, maar hy het dit op so'n manier gedoen, so tipies, en nog soveel daarby gevoeg dat ons ook van die Boerneef-idioom kan praat, en dit is kenmerkend vir al sy prosa en al sy gedigte. Die skets van Dirk Ligter getuig van Izak se bewondering wat die van kleulinggenote in alles oortref het, ook die wat al weggeval het. Maar Dirk Ligter sal nooit vergeet word nie, hy leef vandag nog al is hy dood. ‘Dirk was sommer 'n Hotnot honderd. Hy was 'n kunstenaar.’ Dit is dan ook begryplik dat hy later weer sy verskyning maak in die skrywer se laaste prosabundel wat agterin ‘Namakwalandse Rympies’ bevat. Daarin kry hy 'n groot plek waaruit ons die volgende siteer: Lui die klokke en kietel die snare
maak musiek deur Namakwaland
slaan die rooi blom se hart aan die brand
ek is die vlaktes se ligvoet-ghantang
ek is die klipbok van berg en rant
slaan die ramkies en trosse kitare
ek is mandoor van Namakwaland...
Dirk was so ligvoet dat geen polisie hom nie kon vang nie. As hy hom laat vang het, dan was dit omdat hy in die tronk weer 'n bietjie wou uitrus. Maar dan het hy voor die polisie se perd gehardloop, so vinnig dat die perd skaars kon byhou. Izak kon goed skryf en ook goed voordra, dit was die moeite werd om na hom te luister. In my tyd is o.a. Roland Holst behandel en J.C. Bloem. Dit was 'n genot om na hom te luister. Maar Izak kon net so goed luister as voordra. Toe Roland Holst, Izak se geliefkoosde digter, ons Universiteit bezoek het, was die saal vol studenten en dosente. Die digter het begin | |
[pagina 225]
| |
met die eerste gedig uit Voorby de wegen, 'n deel van die ‘Voorzang’: Het najaar waait de duisterende landen
regenend over, en oneindig groot
zijn de verlatenheden van den dood.
Ik het by Izak gesit en kon merk hoe dit hem ontroer, net soos die ander volgende gedigte. Toe die voordrag klaar was, was Izak so aangedaan dat hy nouliks kon praat. In een van sy volgende bundels: Stad en Land (1941) heet die eerste stuk of skets ‘Stortreën’. Dit begint met 'n beskrywing van 'n stormagige Juliedag. Die skrywer is besig met 'n ‘vermaledyde vertaling’. En dan breek dit skielik los. ‘Die vrolikste gesing wat ek nog ooit in my lewe gehoor het. Reg voor my huis in die straat. In die reen kom daar liedjies, liedjies van sonskyn: ‘Lekker vars vis, noi! Lovely fresh fish, madam!’’ Maar die sang is so ryk en helder dat hy die vis skoon vergeet. Hy gaan buitetoe en daar staan 'n jong kleurling by 'n stoorkarretjie. Hy is kletsnat, maar hy is die ene vrolikheid. Hoe is dit moontlik. Hoe sou hy dit reggekry het? ‘Magtie! Die Hotnot is 'n groot mens en 'n filosoof!’ Hy roep die seun nader wat nou sing: ‘Suikerbos ek wil jou hê.’ Hy kry 'n goeie dop en sigarette, en dan roep hy: ‘Baas! Baas! My Baas! O, Jeretjie tog, dankie! Baas is my wonderlike baas.’ Iets dergeliks kry ons ons in die skets met die naam ‘Êtjie’ (Sketsboek, 1947). Die skrywer begin hier met 'n verwysing na sy vroeëre skets ‘Stortreën’ en sê dan dat hy op dié stortreëndag groot respek vir 'n bepaalde tipe Kaapse kleurling het en dat dit met verloop van tyd nog steeds groter geword het. Dis nie iedereen gegee om vrolyk te lyknie ‘as die ysige reënstrale deur jou flenterbroek en -hemp baljaar... Jy moet mens se kind duisend wees om in sulke omstandighede nie alleen jou viskarretjie lag-lag en sing-sing te stoot niet, maar om 'n hele stuk van 'n stadswoonbuurt vol lewensvreugde te laat loop.’ In ‘Êtjie’ sien ons dan ook iets dergeliks. Hier is die hooffiguur geen visverkoper nie, maar 'n groenteman wat hoofsaaklik êtjies aanbied. En dit doen hy met 'n rympie wat ook in die hele buurt weerklink en daar nuwe lewe inbring: Êtjie... êtjie, roer jou stêtjie,
Êtjie, roer jou stêtjie.
En dan sê Izak: ‘Bring nou vir my 'n skrywer en 'n skilder hiernatoe, m.a.w. hier is iets wat roep om 'n kunstenaar. Dis hoog sing en dis laag sing, en dis hoog brom en dis laag brom, en dis êrtjie links en dis êrtjie | |
[pagina 226]
| |
regs. En dis net pure êrtjies.’ En as die handlanger dan sy ertjies aflewer, vra Izak: ‘Wat dra jy dan daar aan jou baadjie?’ ‘Dis van die oorlog, Baas.’ ‘Vertel my daarvan.’ ‘Ny, Baas. So wragtag nie. 'n Naarheid is 'n naarheid en daarmee baste. Maar dit was hel...’ En dan sing hy verder: ‘Êtjie, êtjie...’ Ook hierdie slot dwing respek af. En dan nog 'n paar sketse is die res van die boek gewy, o.a. aan 'n verhaal oor Oupie, 'n armsalige koerantverkopertjie wat altyd aan die korste end trek. Daar is veel simpatie, en ook heel wat humor in hierdie storietjie. Dit is trouwens ook 'n eienskap van Boerneef se kuns, baie simpatie vir die armes en misdeeldes, die ongelukkiges en verdruktes. En of dit bruin of blank is, dit maak vir hom geen saak nie. Ons sien dit o.a. ook in die plaastipes soos Hans Saal, 'n towenaar wat sterf in die tyd van die griep; Die Malle, 'n agterlike seun wat net perde koud kan lei en dan deur een dood geskop word, ens. Een van die mooiste in hierdie genre is die skets met die naam ‘Klara Mentoor’ (Teen die helling 1956). Hieroor het Opperman ook 'n mooi gedig geskryf. Dis die verhaal van 'n kleuringdogter wat haar byna blinde vader met veel liefde versorg en verder deur algar bemind word. Dan kom die woeste wind en die koue winter in die Koue Bokkeveld. Klara kom tuis, mis haar vader, gaan soek hom en kom om in 'n geweldige waterstroom en al die tijd was haar pa veilig en wel by 'n vriend. Boerneef se verhale is nie eintlik verhale met veel spanning niet, hulle is eerder 'n soort ‘vertellinkies’ of ‘sketse’ soos hy self gesê het. Maar hulle is nietemin mooi en tog ook boeiend en dikwels ook eg humoristies. Geen wonder dat een van sy boeke dan ook die titel Sketsboek het (1947, nou uit druk). Boerneef verras nietemin sy lesers, hy besit 'n groot woordeskat waaruit hy die juiste keuse doen; hy verstaan die kuns om van iets kleins iets groots te maak. Die geheim daarvan lê ongetwyfeld vir 'n groot deel in sy liefde en vormgevoel. Party bly anekdotes, al is hulle ook hoe goed vertel. Maar merendeels kry hulle 'n besondere waarde deur die persoonlike manier waarop hy hulle verwerk. Boerneef ken sy instrument, hy mis selde sy effek, en dis maar min dat hy 'n verkeerde noot aanslaan. Hy is suinig op sy woordeskat maar partykeer laat hy hom deur 'n spel met woorde verlei maar dan is dit van so'n aard dat die leser ook behae daarin skep. In 'n skets ‘Vakansiestemming’ (Sketsboek, p.32) sê hy iets oor die moderne woordgebruik by studente en kunsliefhebbers: ‘Persoonlik het ek | |
[pagina 227]
| |
altyd 'n bykans onkeerbare drang om studente te lyf te gaan wat die volgende woorde gebruik. plasties, plastiek, sublimering, deurskouing, simbolisme, die pad van S.A., feitlik al die ‘ismes’, byna al die sogenaamde letterkundige terme en asmede, leerkrag, en egter.’ Die laaste stukkie prosa wat hier vermelding verdien, is die eerste in sy laaste prosabundel en het dieselfde naam as die bundel, nl. ‘Teen die helling’ (1956). Hierin ontmoet die skrywer weer 'n kleurling wat so goed kan sing, alle rympies en allerlei besondere woorde en uitdrukkings ken wat ook op Boplaas bekend was. Hy het so'n sterk verbeelding dat hy 'n span osse die straat, of liewer ‘teen die helling’ opdryf, en elke os het sy eie naam en al die name klink deur die buurt waar Izak woon. Andries sou dit nooit kon gedoen het as hy nie 'n paar goeie sopies in gehad het nie, sy sogenaamde ‘vaaljapie’, maar omdat hy die taal van Izak se kontrei praat, dwing dit om sy hart week te maak. Boplaas is nog altijd ‘bo’ by hom. 'n Paar dae later, op 'n baie kou winteraand, kom Izak sy ‘landgenoot’ weer teë. Hy het weer 'n paar sterk ‘druiwekorrels’ op en sing en gaan te keer. Hy voel effens benoud en roep: ‘Maak oop die vensters en deure dat ek ver kan sien tot doer waar die deinserigheid lê. Ditsim.’ Sy ‘Baas’ vra of hy dan nie liewer na die ou plaas wil terruggaan nie. Maar hy ken homself ten spyte van die drank en antwoord: ‘Kan nie, Baas. Sal nie meer daar aard nie, maar ek verlang altevol, my baas, glo my!’ 'n Tydjie later kom Andries weer verby, weer onder die invloed en dan sê hy: ‘Die vaaljapie lê my vas. Maar ek voel onrustig. Wat gaan so? Hoor die geruis. Meulsrivier se waters is vir almal te sterk... Wanneer blaas die basuin?’ Hy voel dat die drank te sterk vir hom is en hom al nader bring aan die stroom waar ons algar moet oorgaan aan die end. Hierdie stuk gee iets van die gevoel en die posisisie van die skrywer weer, sy eerste liefde, die van Boplaas, sal hom altyd bybly. Dis 'n weerspieëling van Boerneef op 'n laer vlak. Die kontras tussen die plaaslewe wat ons reeds aantref in ‘Stad en land’ word verdiep in ‘Teen die helling’, d.i. die steilte, die vermoeiing van die laaste dae, dit is vervleg met 'n intiemer, simpatieker en intenser stadservaring, maar die grondtoon van sy werk bly nietemin 'n weemoedige hunkering, meermale deur 'n milde humor getemper. Die dualisme word treffend en aandoenlik weerspieël in 'n gedig in een van sy later digbundels, Palissandryne (p.14): Van al my land se Tafelberge
is daar vir my maar twee
| |
[pagina 228]
| |
dis die Tafelberg by Boplaas
en sy Ouboet by die see
By Boplaas se berg was ek 'n kind
met 'n kind se huil en lag
by sy Ouboet word ek rebelserig oud
met 'n ou man se dink en wag
die begin op die Plaas was waterpasreg
maar hoe rym jy die ouderdom weg
met 'n ou man se pieker en wagGa naar voetnoot1
Ek het reeds daarop gewijs dat Boerneef se gedigte eintlik begin na die prosabundel Teen die helling. Die oorgang het nie sommer vanself gekom nie. Toe hy aan die end van 1961 na 41 jaar diens was en nadat hy gepromoveer was tot professor, het hy afgetree. Hy was toe 64 en kon nog 'n jaar aangebly het, maar hy het nie meer lus gehad om nog langer aan te bly nie. Agter hierdie aftrede het egter nog iets anders gesit. Boerneef het 'n mooi en vrugbare lewe gehad maar smart het hom nie gespaar nie. Toe sy enigste kind 15 jaar was, het sy vrou gesterf. Nie lang daarna is hy weer getroud maar na enkele maande moes hy sy tweede vrou afgee, sy is ook dood aan kanker. In die jare daarna het Boerneef wat lank alleen in sy huis gebly het, baie waardevolle boeke en pragtige skilderye aangeskaf. Boerneef se motto was: ‘My mure moet ook praat.’ Aan sy eensaamheid het gelukkig 'n einde gekom toe hy met mevrou Jordaan 'n bekende weduwee, deur haar vriende Fannie genoem, in die huwelik getree het. Dit het vir Izak baie beteken want Fannie was 'n aangename, baie beskaafde vrouw wat baie belang in haar man se werk gestel het en hom ook baie aangemoedig het toe hy na sy aftrede in sy poësiestadium gekom het. 'n Ander aanmoediging was die ‘Klipwerk’, deel van die bundel Nuwe verse (1954) van N.P. van Wyk Louw, Suid-Afrika se grootste digter. ‘Klipwerk’ was heeltemal volksaardig, vol variasies op rympies en alles tesaam 'n wêreld van die Kaapse kleurling. Dit het natuurlik in Boerneef se kraam te pas gekom, en sy eerste twee bundels het die naam gehad van Krokos en Ghaap en Kambro (resp. in 1958 en '59). Dis dan ook sonder twyfel volks, dit is gegrond op die ou en gedeeltelik nog lewende tradisie van die volkslied, breed, bevatlik, eg volks, | |
[pagina 229]
| |
en die moeilikhede wat daar nog is, vloei uit die manier waarop die taal hanteer word: as samegestelde klankbeeld, as regstreekse oproep van werklikhede deur middel van ingewikkelde ritmiese patrone en figurasies en as towerspreuke, inkantasies en besweringe. Enkele treffende verse is: Die berggans het 'n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê
En verder: Bantom hom so en flennie die snare
ek is verlief op die kind
die son slaan vuur uit die sweetvoshare
ek is verlief op die kind
verstaan jy die praat van die ramkiesnare
ek is verlief op jou kind
En oor die ‘blom’: 'n Aandblom is 'n wit blom
aandblom is my bloedrooi vers
hartblom is my meisiekind
ek en sy by die opsitkers
blommetjie vergeet my nie
blommetjie gedenk aan my
Hierdie en ander liefdeversies het om melodie geroep en dit ook gekry, hulle is op musiek gesit deur enkele komponiste. Daar is verse wat in hul aard aan Gezelle se ‘Inke’, de vinke en ander laat dink en wat as volg begin: Pinte, ponte palingpot
loopt er mee naar 't wagenkot
loopt er mee naar 't ovenbuur...
In daardie trant is o.a. een van Izak: Lappiedy lappida
so voor op die wa
so vroeg in die aand
| |
[pagina 230]
| |
van die lentemaand
in die pamplierbos?
aggeneeaggeja
appelliepie joublaar
ons twee vir mekaar
so vroeg in die aand
van SeptembermaandGa naar voetnoot2
Een ondeuende Lappa doen die volgende met sy nooientjie: Lappalei vir Bella koud
in waboomskloof se geelbossies
Lappa maak vir Bella stout
met hanepoot se natrossies
donkerrooi die wingerdblaar
warmrooi die mond van haarGa naar voetnoot3
Wie die hewige woede van die Kaapse suidoos ken en die heerlike stilte wat daarop volg, sal die volgende mooi vers kan waardeer: Hoe stil kan dit word as Sedoos gaan lê
wie kan dit mooier as die tortel sê
wie roerender assie bladstil bome
assie skewe verwaaide damwalbome
innie stil vroemôre as Sedoos gaan lê
hoe om 'n stilte in die hart te vind
genadig soos wanneer Sedoos gaan lê
Daar is 'n samehang tussen die prosa en die poësie. In die vyf bundels kry ons dieselfde soort ontwikkeling as in die vyf volwasse prosabundels Hulle vorm mekaar se pendante: 'n mens kan Krokos en Ghaap en kambro lê naas Boplaas en Van my kontrei; Mallemole, Paissisandryne en Op die Flottina naas Stad en Land, Sketsboek en Teen die helling; hulle staan op dieselfde grond maar in die poësie vind die ontwikkeling dwingender en essensiëler plaas. Dit is geen herhaling nie, maar 'n verdieping. Net soos die vroegste prosa gee die eerste versebundels die lewe van die natuurlike, ongeremde mens met al sy jolyt, baldadigheid, sy swaarkry, sy nood van kleinheid teenoor die groter magte. Maar die pad lei ook na die stad. Ons sien dit vanaf Mallemole en bring die reeds besproke breuk. Boernoeef voel dit: | |
[pagina 231]
| |
Die brand op die teerstrate moerak die mens
dit hang en hang in die dieptes van beton en staal
proe so'n teerlug as jy asemhaal
die verleptes soek uitkoms in 'n stampvol melksalon
daar is geen horison
O Bolandsberg vol môresonGa naar voetnoot4
Daar is ook 'n jeugelement in die stad wat voorheen onbekend was, nl. die eendstert, die skorrie-morrie, die ‘hippie’: ‘Met 'n transistor in die hand, skollie hy deur stad en land, want sonner jou o sonner jou, isset fie-issit fie-kondem met my.’Ga naar voetnoot5 En toe het Boerneef die felheid, die bruutheid en die wreedheid van hierdie skorriemorrie uitgebeeld met 'n ongeëvenaarde talent: Varkleerbaadjie en klinknaelbroek
ek is Baaiplek se skorriekoning
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en sy
wat die mouterbaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se pare
raasbekskorrieen morriesnare
maar ek is ammal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits in die lyf
wissenwragtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die koning
styf handommie lyf sit my lekkerdingdoring.
Maar daarnaas is daar ook ander, teer en mooi verse. As die najaar kom, dink aan sy geliefde J.C. Bloem: Die najaarsrooiengeel hang weer die wêreld vol
ek loop op straat en dink aan J.C. Bloem
aan Het Verlangen en de Nederlaag
en aan sy nooit volprese herfmusiek...
Die najaar beteken ook die voortskrydende ouderdom en ‘de duisterende landen’ en ‘de verlatenheden van de dood’. Maar in hierdie tyd het daar tog nog 'n dag vol heerlike lig gekom; dit was die sewentigste verjaars- | |
[pagina 232]
| |
dag, die dag waarop die gelukwense letterlik na Izak toe gestroom het, en daaronder was daar een van advokaat Swart, die President van Suid-Afrika. Wel 'n bewys van 'n groot waardering van groot en klein, van hoog en laag. Maar die noodlot het hom nie toegestaan om lank daarvan te geniet nie want skaars twee maande later het hy skielik op 'n Sondagmiddag gesterf. Dit was 'n groot verlies vir Suid-Afrika, vir alle vriende en kennisse en in die eerste plek vir sy eggenote. Sy het haar smart op 'n baie waardige wyse gedra. Op Boerneef is enkele verse van Gezelle van toepassing waarvan ik hier slegs 'n paar reëls van aanhaal: Myn herte en mijn tale, mijn
zede en mijn zin
't is al zo van buiten, 't is
alzo van bin'
't ligt alles daar bloot op mijn handen!
In Suid-Afrika het prof. Opperman, wat jare lank 'n groot vriend en kollega van Boerneef was, 'n kwartet aan hom gewy: Ek dank jou vir jou menslike relaas
van stedelinge in 'n stad misplaas.
Wat anders is die lewe as 'n hunkering
verby die stoflike na 'n Boplaas.
j.a. verhage
| |
Voornaamste geschriftenTweetalige woordeboek. Kaapstad 1931 (met D.B. Bosman). Boplaas. Kaapstad 1938. Pensie. Kaapstad 1938. Van my Kontrei. Kaapstad 1938. Vaen my kinderdae. Kaapstad 1939. Stad en land. Kaapstad 1941. Vlettervlei en Koesnaatjie. Kaapstad 1942 (Ons Kinderrakkie). Sketsboek, Kaapstad 1947. Teen die helling. Kaapstad 1956. Krokos. Kaapstad 1958. Ghaap en Kambro. Kaapstad 1959. Mallemole. Kaapstad 1962. Palissandryne. Kaapstad 1964. Boerneef, 'n Keur uit sy prosa. Kaapstad 1967. Op die Flottina. Kaapstad 1967. Tafelberg praat Krotaal. Kaapstad 1968 (Bloemlesing). |
|