Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, 1971
(1971)– [tijdschrift] Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde [1901-2000]– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 98]
| |
Willem Johannes de Kock
| |
[pagina 99]
| |
Tydens sy Transvaalse jare het ek dr. De Kock leer ken terwyl hy die werk Pretoria 1855-1955, die eeufees-gedenkboek van die Transvaalse hoofstad, tewens administratiewe setelplaas van die Republiek van Suid-Afrika, geredigeer het en terselfdertyd 'n groot aandeel in die totstandkoming van 'n uiters geslaagde plaaslik-geskiedkundige tentoonstelling, waaromtrent hy o.m. 'n katalogus opgestel het, gehad het. Sy ywer, belangstelling en geesdrif, gepaardgaande met die vreugde en voldoening wat uit die verkenning van 'n nuwe arbeids- en studieveld voortspruit, het my diep getref. En dit was hierdie kenmerke wat beslissend sou word vir sy toekoms. In 1951 aangestel as tydelike argivaris om, veral in Nederland, argivalia met betrekking tot die Anglo-Boere-oorlog in te samel, het dr. De Kock en sy gesin eers in die loop van 1954 na hul vaderland teruggekeer. Vandag getuig 'n groot aantal kosbare aanwinste in die Transvaalse Argiefbewaarplek, Pretoria, van sy kenmerkende besieling en die speursin waarmee hy hierdie belangrike taak aangedurf en ten uitvoer gebring het. Ses jaar later volg, nadat hy sy laaste Pretoriase jare as senior-lektor deurgebring en o.a. sy deel tot die totstandkoming van Ad destinatum. Gedenkboek van die Universiteit van Pretoria, (Johannesburg 1960) bygedra het, sy terugkeer na Kaapland waar hy van 1960-1962 'n professoraat in die geskiedenis aan die pasgestigte Universiteitskollege van Wes-Kaapland beklee. In laasgenoemde jaar volg sy benoeming as hoofredakteur van die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Opnuut verrig hy verkenningswerk deur Nederland, België, Engeland, Frankryk, Duitsland, Italië, Kanada, die Verenigde State en Australië te besoek en tydens hierdie wêreldreis kennis te vergaar en insig te verkry met betrekking tot die bykans bomenslike taak wat hom, na die terugkeer in sy geboorteland (1963), gewag het. Aan die begin van 1963, met 'n kantoor in die gebou van die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek, Kaapstad, en onder toesig van 'n Raad van Beheer en met dr. P.C. Schoonees as taalreviseur, het De Kock een van die projekte van die Nasionale Raad vir Sosiale Navorsing, Pretoria, te wete die daarstelling van 'n gesaghebbende naslaanwerk wat die lewensgeskiedenis aanbied van elkeen wat sedert die vroegste Europese aanraking met die suidpunt van Afrika tot die Suid-Afrikaanse geskiedenis gelewer het, as hoofredakteur begin aanpak. In 1968 het die eerste deel van hierdie standaardwerk met sy 568 artikels verskyn. Meer as 200 medewerkers, sowel uit eie land as uit die buite- | |
[pagina 100]
| |
land, het De Kock bygestaan, met hom in mondelinge en/of skriftelike verbinding gestaan en hom as 'n noukeurige, bekwame en pligsgetroue leier leer ken en waardeer. Om op hoogte van die jongste ontwikkelinge ten opsigte van soortgelyke werke te bly, onderneem De Kock in 1968 weer 'n wêreldreis. Die eerste deel van die s.a.b.w. het in dieselfde jaar verskyn, terwyl in dieselfde jaar tewens die Naamlys van persone oorlede voor 31 Desember 1950 wat voorgestel word vir opname in die hoofreeks, gepubliseer ten gebruike van medewerkers aan deel iii en die volgende dele van die s.a.b.w., in Kaapstad verskyn het. Hoofredakteur Willem Johannes de Kock het nog die vreugde gesmaak dat die stof vir die tweede deel van sy werk gereed gekom het om pers toe te gaan. Hy het homself nie gespaar nie en tot sy skielike heengaan voortgebou aan die verwesenliking van 'n ideaal wat 'n groot aantal van sy vaken landgenote met hom gedeel het. Tot ver buitekant die grense van Suid-Afrika het sy ondernemingsgees en deursettingsvermoë erkenning en waardering gevind en ek vereenselwig my, in eersgenoemde verband, met dr. C. Pama se gedagte, uitgespreek in In Memoriam, waarin hierdie mede-Akademielid van die heengegane verklaar het: ‘Vir die wat hom goed geken het, was hy voor alles 'n eerlike en getroue vriend, 'n Afrikaner in die ou betekenis van die woord.’Ga naar voetnoot1 In aansluiting hiermee is, deur die redaksie van Historia o.m. getuig: ‘Hy was 'n stilis soos daar weinig ander in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing gevind kan word.’Ga naar voetnoot2 Van Willem Johannes de Kock is, aldus bogenoemde artikel, die volgende beskouing oor sy vak, sy lewensstudie, afkomstig: ‘Wanneer ons dan oor die wese van die geskiedenis praat, pas dit ons om dit te doen met veel nederigheid, in dié sin dat die geskiedenis die mens se hele ervaring van die verlede omvat, soos die ou Latynse skrywer dit uitdruk quidquid agunt homines, alles wat die mens beleef en bedryf het... Hoe pateties karig lyk ons kennis, selfs die kennis van die geleerdste onder ons, as ons dit stel teenoor so 'n oneindige potensiële inhoud.’ Tyd- en vakgenote van die tans heengegane het, sowel in sy eie land as in Nederland, sy menigvuldige verdienstes erken. Hy was o.m. 'n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, (Pretoria), 'n stigterslid van die Stigting Simon van der Stel (Preto- | |
[pagina 101]
| |
ria), 'n raadslid van die Van Riebeeck-Vereniging (Kaapstad), 'n bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Genealogiese Vereniging, 'n raadslid van die Suid-Afrikaanse Biblioteek, 'n lid van die ‘Maatschappij’ en jarelank 'n redaksielid van die Suid-Afrikaanse geskiedkundige kwartaalblad Historia (Pretoria). Deur sy heengaan het die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing 'n gevoelige verlies gely, terwyl andersyds die huidige en toekomstige geslag ongetwyfeld met erkentlikheid kennis sal vergaar uit sy werke en meer insig sal verkry in dié aspekte van die vaderlandse geskiedskrywing waarmee 'n talentvolle, begaafde en beskeie navorsers-krywer oor die ryk geskakeerde Suid-Afrikaanse verlede hom gedurig besig gehou het. Dat die verdere voltooiing van sy eintlike lewenstaak, die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, tans voortgesit word, sou Willem Johannes de Kock, een van die baanbrekers op hierdie besondere gebied in Suid-Afrika, ongetwyfeld veel vreugde en stof tot dankbaarheid gegee het.
Op 20 Mei 1971 is aangekondig dat die Stalsprijs vir geskiedenis posthuum deur die ‘Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenschap en Kuns’ aan prof. dr. W.J. de Kock toegeken is.
Jan Ploeger | |
Voornaamste geschriftenGa naar voetnoot*TesisEkstra-territoriale vraagstukke van die Kaapse Regering, 1872-1885. Argief-jaarboek ii, 1948, deel i (D. Phil. 1946). | |
BoekeFederation and confederation in South Africa 1870-1880, with special reference to the Cape Colony. Kaapstad 1938 (nie gedruk nie). Suid-Afrikaanse Heldegalery. Kaapstad 1947 (bydraes). Die Krugerhuis. Pretoria 1948 (herdruk 1958). Portugese ontdekkers om die Kaap: Die Europese aanraking met Suidelike Afrika 1415-1600. Kaapstad, Balkema, 1957. Jacob de Villiers Roos 1869-1940: Lewenskets van 'n veelsydige Afrikaner. Kaapstad, Balkema, 1958. Ad destinatum. Gedenkboek van die Universiteit van Pretoria. Johannesburg 1960 (bydraes). Veertien gedenktekens van Suid-Afrika. Kaapstad 1961 (bydraes). Reize in die binne-landen van Zuid-Africa, gedaan in den jaare 1803 door W.B.E. Paravicini di Capelli, Kapitein aide de camp by den Gouverneur van Caap de Goede Hoop. Uitgegee en toegelig | |
[pagina 102]
| |
met inleiding, voetnote, sketskaarte en verkorte weergawe in Engels deur W.J. de Kock. Kaapstad, Van Riebeeck-vereniging, 1965. Soek in die verlede, deur F.J. du Toit Spies en W.J. de Kock. Johannesburg, s.a.u.k., ?1965 (Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, Johannesburg, Publikasies). Dictionary of South African Biography. Vol. 1. [Cape Town], Nasionale Boekhandel, [1968] (ook in Afrikaans). Dictionary of South African Biography. List of names of persons deceased prior to 31 December 1950. [Pretoria, National Council for Social Research], 1968 (editor; Afr. en Engels). 500 jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis. Pretoria-Kaapstad 1968 (bydraes). | |
TydskrifartikelsRol van J.A. Froude in Suid-Afrika in Pretoria Universiteit. Historiese Studies, Jan. 1940, p.37-46; Mei 1940, p.35-45. Voorspel tot Paardekraal in Die Huisgenoot 26 (977), 13 Des. 1940, p.39 vlg. Aanvalle op Brittanje in die verlede in Die Huisgenoot 26 (979), 27 Des. 1940, p.35 vlg. Eerste Kaapse Kabinet: Redenaars en politici van weleer in Die Huisgenoot 27 (1083), 25 Des. 1942, p.23 vgl. Reitz se antwoord aan Ds. Andrew Murray - 4 Oktober 1899 in Pretoria Universiteit. Historiese Studies 5, Mrt. 1944, p.73-76. Kaperskip ‘Alabama’ aan die Kaap in Die Huisgenoot 28 (1157), 26 Mei 1944, p.15. Dag na dag by Paul Kruger: Herinneringe van kol. H.C. Bredell opgestel deur W.J. de Kock in Die Huisgenoot 29 (1186), 15 Des. 1944, p.5; (1187), 22 Des. 1944, p.9 vlg. Vyf ongepubliseerde briewe van Hendrik Witbooi en die taal van Hendrik Witbooi in Pretoria Universiteit. Historiese Studies 6, Des. 1945, p.195-212. ‘Onze Jan’ en die Jameson-inval. (1) Dramatiese gebeure van 'n halfeeu gelede. (2) Skeiding tussen Rhodes en Afrikaanderbond in Die Huisgenoot 30 (1241), 4 Jan. 1946, p.5; (1242), 11 Jan. 1946, p.9. Voorspel tot die Dorslandtrek in Die Huisgenoot 31 (1310), 2 Mrt. 1947, p.19. Liefdadigheid met politieke doel: Hulp uit Kaapland aan die Dorslandtrekkers in Die Huisgenoot 32 (1320), 11 Ju1. 1947, p.13 vlg. Strange end of Adolf Luderitz - Father of German South West Africa in Outspan 41 (1066), 1 Aug. 1947, p.37 vlg. Emmervol diamante [Lewe van Barney Barnato] in Die Brandwag 11 (519), 12 Sept. 1947, p.19 vlg. Vroeë planne om Suidwes te annekseer: Die rol van W. Coates Palgrave in Die Huisgenoot 32 (1329), 12 Sept. 1947, p.17 vlg. Eerste spore in Zambesia (vroeë geskiedenis van Rhodesië) in Ruiter 1 (48), 2 Apr. 1948, p.4-5. Hoe die Duitsers na Suidwes gekom het: Die vraagstuk van Heinrich Vogelsang in Fleur 2 (12), Jul. 1948, p.45-56. Rhodesia's history began sixty years ago next month in Outspan 44 (1125), 17 Sept. 1948, p.31-33. Robert Lewis of Damaraland in Africana Notes and News 6, Des. 1948, p.14-15. 20000 foto's en dokumente ontdek [Africana oor Transvaalse verlede] in Die Huisgenoot 33 (1349), 10 Des. 1948, p.20-21. Legend and history meet in the walls of Krüger's home in Outspan 46 (1180), 7 Oct. 1949, p.13-15. | |
[pagina 103]
| |
Why are we paying this tribute [Voortrekker Monument] to the Voortrekkers? in Outspan 46 (1187), 25 Nov. 1949, p.17 vlg. Waar Paardekraal se vinger wys in Die Brandwag 11 (640), 6 Jan. 1950, p.17-19. 50 jaar gelede het Pretoria geval in Die Huisgenoot 34 (1471), 2 Jun. 1950, p.21-23. Weg van die balling: Vyftig jaar gelede het President Krüger sy vaderland verlaat in Die Brandwag 14 (36[=37]), 13 Okt. 1950, p.16-21. Jacob Uys's Bible in Outspan 48 (1232[=1242]), 15 Des. 1950, p.15 vlg. Aan die voet van Amajuba in Die Brandwag 15 (6), 9 Mar. 1951, p.16-17. Builders of our nation: General Piet Joubert in Outspan 49 (1268), 15 Jun. 1951, p.31-33. Afrikanerbond wen in Die Huisgenoot 42 (1897), 25 Jul. 1951, p.66-68 vlg. Ons historiese monumente in Yskor Nuus 20 (4), Apr. 1955; 20 (6), Jun. 1955; 20 (9), Sept. 1955; 20 (12), Des. 1955; 21 (1), Jan. 1956. Pretorianers van weleer in Pretoriana 21, Okt. 1956, p.7-9. Slag op Spitskop in Die Taalgenoot 25 (11), Okt. 1956, p.22-23. Krugerdag: Kanonne het gepraat op President se verjaarsdag in Die Brandwag 20 (37), 12 Okt. 1956, p.23-25. Waterhaalplek van Sao Bras in Die Taalgenoot 26 (2-3), Jan.-Feb. 1957. Castle of Good Hope in South African Panorama 2, May 1957. Counting the Pillars: A note on the earliest maps and coastal surveys of the South African coast in Historia 2, Jun. 1957, p.57-66. Fossickers of old in Optima 7, Jun. 1957, p.89-92. Trek voor die Groot Trek in Lantern 6, Jun. 1957, p.372-379. Transvaalse deputasie in Nederland in Afrikaans-Nederlands Maandblad 1 (12), Jul. 1957, p.10-11. Smuts se aandeel in ‘Een eeuw van onrecht’ in Die Brandwag 21 (31), 30 Aug. 1957, p.4 vlg. Lewende verlede: Voorwerp en beeltenis in die geskiedenis in Historia 2, Des. 1957, p.202-214. Thomas Baines in Lantern 7, Des. 1957, p.151-158. Visioen van die dood in Die Huisgenoot 41 (1865), 13 Des. 1957, p.14-16. Le Vaillant die voëlvanger in Lantern 7, Jun. 1958, p.369-374. Where a dynasty ended: The death of Crown Prince Louis Napoleon in Zululand in South African Panorama 3 (9), Aug. 1958, p.16-18. Century of the German Settlers: 1858-1958 in South African Panorama 3 (10), Oct. 1958, p.12-14. Ondertekening van die Vrede van Vereeniging in Melrosehuis, Pretoria in Pretoriana 28, Des. 1958, p.9-18. Ons Stigting Simon van der Stel in Die Huisgenoot 42 (1936), 24 Apr. 1959, p.7. American would say ‘Mission guys replace assegais’ [at Dingaanstat] in South African Panorama 4 (10), Oct. 1959, p.29-31. Sendingwerk op historiese slagveld [by Dingaanstat] in Suid-Afrikaanse Panorama 4 (10), Okt. 1959, p.29-31. Bekende Helde-akker van Suid-Afrika in Pretoriana 32-33, Apr.-Aug. 1960, p.122-127. When the wild cat was hunted on Church Square. [Recollection of Gert du Toit] in Pretoriana 32-33, Apr.-Aug. 1960, p.20-23. Hulde aan die Groot Infante van Portugal: Die vyfhonderdste herdenkingsfees van Prins Hendrik die Seevaarder in Die Huisgenoot 42 (2003), 5 Aug. 1960, p.7. | |
[pagina 104]
| |
Suid-Afrikaanse Biografische Woordeboek: Die boek waarin bekendes sal voortleef in Die Huisgenoot 42 (2140), 29 Mrt. 1963, p.9 vlg. Launching the Dictionary of South African Biography in Quarterly Bulletin of the South African Libraries 17, Jun. 1963, p.127-132. Dood se grootste fees [Eerste wêreldoorlog] in Die Huisgenoot 42 (2217), 18 Sept. 1964; (2222), 23 Okt. 1964. Drie eeue Kasteel de Goede Hoop in Die Huisgenoot 42 (2288), 4 Febr. 1966, p.38-43. Administrateur G.J. van Niekerk in Pretoriana 50-51, Apr.-Aug. 1966, p.51-54. Administrateur N.C. Gey van Pittius in Pretoriana 50-51, Apr.-Aug. 1966, p.44-46. Wortels van ons Republiek in Die Huisgenoot 42 (2304), 27 Mei 1966, p.52-57. Met die Boere agter doringdraad [Bellevuekamp] in Die Huisgenoot 42 (2393), 9 Des. 1968, p.12-19. Kaapse wyn het kennis help koop in Die Huisgenoot 42 (2406), 10 Mei 1968, p.28-31. Vordering met die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek in Kwartaalblad van die Suid-Afrikaanse Biblioteke 24, Sept. 1969, p.168-173. |