Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoope. Deel I
(1971)–François Valentijn– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 1]
| |
Inleiding deur prof. P. Serton
| |
[pagina 2]
| |
Inleiding deur Prof. P. Serton1. Die Skrywer en sy Kerklike AmpGa naar voetnoot*François Valentyn is in 1666 in Dordrecht gebore uit ouers wat tot die intellektuele middestand behoort het. Sy vader was conrector (d.i. onderprinsipaal) van die Latynse skool; sy moeder was 'n predikantsdogter. Dat ook die jong François sou gaan studeer, was dus in ooreenstemming met die familietradisie, maar ons staan tog wel verbaas om hom reeds voor sy sestiende verjaarsdag op die universiteit aan te tref. Daar het hy die teologiese studie binne drie, ja in weinig meer as twee jaar voltooi, en het werklik nog op agtienjarige leeftyd die proponentseksamen afgelê. Of ons hom as 'n soort wonderkind moet beskou, is nie heeltemal duidelik nie; moontlik het ons alleen te doen met 'n laer akademiese standaard as wat vandag normaal geag word. In elk geval egter het die jong student blykbaar 'n goeie verstand gehad, en sy tyd sekerlik nie verkwis nie. Ons mag wel aanneem dat hy alreeds aan die universiteit die volhardende intellektuele werkkrag vertoon het wat hom ook in sy later lewensjare, prakties tot aan sy dood toe, sou kenmerk. Op die leeftyd van nouliks 19 jaar is hy deur die Oos-Indiese Kompanjie as volledig bevoegde predikant in diens geneem en na die Ooste uitgestuur. Van 1685 tot 1694 was hy werksaam in die Molukke, meestal op Ambon, maar ook 'n tyd lank op Banda. Van laasgenoemde standplaas het hy nie gehou nie, omdat hy daar verplig was tot talryke besoeke aan naburige eilande, vir dienste in die buitekerke. Dit het baie tydverlies en ongerief veroorsaak weens die lang togte met klein inlandse vaartuigies wat vir ons outeur onaangenaam was, deur sy gevoeligheid vir seesiekte. Bowendien is die koste van sulke besoeke in onvoldoende mate vergoed. Op Ambon was die toestand beter omdat 'n groot deel van die buiteposte hier oor land bereikbaar was, terwyl 'n kollega die seetogte waargeneem het. Valentyn se | |
[pagina 3]
| |
English summary of the introduction by Prof. P. Serton1. The Author and his Ecclesiastical OfficeGa naar voetnoot*Born in Dordrecht in 1666 of parents belonging to the intellectual middle class, François Valentyn entered the university before his sixteenth year and had completed his examinations as candidate for the ministry by the time he was eighteen. Barely nineteen years old, he was sent to the East by the Dutch East India Company as a qualified minister of religion. From 1685 to 1694 he worked in the Moluccas. He preferred Ambon to Banda, because in the latter parish many small outposts were situated on surrounding small islands, entailing sea trips, which he disliked. On Ambon he could reach more of them overland. Here he married, and also met the naturalist and historian Rumphius. The Company considered the extension of the Reformed faith to be part of its administrative task, and ministers in its service had a distinct missionary charge. Work amongst the local inhabitants thus formed an important part of Valentyn's duties and to this end he had to study the native Malay language. He was later to be involved in a serious dispute as to which form of Malay was to be used in the Church. Church Councils had purely local functions, the Government retaining all final authority. Although the Church Council of Batavia to which Valentyn was nominated as an ‘assessor’ member, had a slightly superior status, in so far as its advisory opinion was requested from time to time, all decisions of the Church in East India were subject to the colonial government's approval. The ministers were ordinary servants of the Company, and could be transferred and dismissed as such. They were nevertheless considered as belonging to the ‘upper layer’ of the colonial society. (At the Cape Valentyn received invitations from both Simon and Willem Adriaan van der Stel.) Within this administrative framework, ministers were free to arrange their duties as they thought fit. Some were accused of being less hard-working than others, but this was not general. Several of them combined scientific study with their clerical duties, Valentyn being one of those who spent much time on scientific work. After a temporary sojourn in Dordrecht (1695-1705), we find Valentyn | |
[pagina 4]
| |
besware teen oorsese besoeke speel 'n groot rol in sy struwelinge met die owerheid. Op Ambon het hy, behalwe aan sy ampspligte, veel aandag gewy aan taalkundige studies, veral in verband met Maleis. Bowendien was hy waarskynlik ook toe alreeds besig met die versameling van gegewens vir sy magnum opus Oud en Nieuw Oost-Indiën wat die laaste gedeelte van sy lewe heeltemal sou vul. In sy nuwe woonplek het hy veel vriendskap en voorligting geniet van die vermaarde blinde natuurondersoeker en geskiedskrywer Rumphius. Twee jaar voor sy terugkeer na die vaderland (weens verstryking van sy dienstermyn) het hy, 26 jaar oud, op Ambon in die huwelik getree met die weduwee van 'n ander vriend en beskermer. Behalwe vier stiefkinders, het sy vir haar tweede eggenoot blykbaar 'n mooi vermoë meegebring, terwyl sy hom tewens tot groot hulp was in sy studies, deur haar grondige kennis van die Maleise taal. Uit die huwelik is nog twee dogters gebore. Die kerklike organisasie in die Asiatiese gebiede het taamlik sterk van dié in die moederland afgewyk, al het die Kompanjie van die begin af beskerming en verbreiding van die gereformeerde leer as 'n deel van die koloniale bestuurstaak beskou. ‘Sieketroosters’ ('n soort evangeliste) sowel as akademies opgeleide predikante is uitgestuur en in die vernaamste oorsese nedersettings aangestel. Hulle opdrag was in die eerste plek om die blanke Kompanjiesdienaars geestelik te versorg, maar daarnaas tog ook al dadelik om te strewe na ‘bekeering van de onkristenen’. Laasgenoemde instruksie is selfs die vroegste bekende uiting van praktiese sendingsywer onder die Protestantse nasies van Europa. Veral in die Molukke, Valentyn se vernaamste arbeidsveld, was die werk onder inlanders 'n belangrike deel van die taak wat hom opgedra is. En aangesien sowel op Banda as op Ambon Maleis die volkstaal was, moes 'n predikant hier in staat wees om dit so goed soos Nederlands op die kansel te gebruik. Oor die mees gewenste vorm van die taal vir hierdie doel het 'n heftige stryd ontstaan waarin, soos ons sal sien, ons outeur tot sy skade verwikkel geraak het. Naas die predikant het 'n kerkraad met uitsluitend plaaslike bevoegdhede gestaan. Pogings om tot 'n onafhanklike kerkorganisasie met sentrale bestuursliggame te kom, het misluk; die regering wou alle gesag in eie hande hou. Alleen aan die kerkraad van Batavia is 'n enigsins hoër posisie toegeken, sodat hierdie vergadering dikwels ook om advies oor kerkbelange van meer as plaaslike betekenis gevra is. As ‘buitepredikant’ is Valentyn tot assessorlid van dié liggaam benoem, met stemreg alleen oor sulke algemene punte. Die Bataafse kerkraad het oor belangrike sake ook gekorrespondeer met kerklike outoriteite in die moederland, bv. met die kerkraad en Classis van Amsterdam, en die provinsiale sinodes van Noord- en Suid-Holland. | |
[pagina 5]
| |
once more in the East (1706-1713) in the service of the Company, first as field chaplain to the troops in East Java, then at Ambon, where, however, his old friend Rumphius had died in 1702. Possibly Valentyn had access to the rich treasure of writings he left behind. The use he made of them has given rise to serious criticism. Valentyn became involved in personal disputes with the Governor of Ambon (Adriaan van der Stel, a younger brother of Willem Adriaan) as well as with the Governor General (Abraham van Riebeeck), but accusations that Valentyn had meddled with the Ambonese civil administration were refuted in court. The Governor General had him transferred to Ternate, which was quite unacceptable to Valentyn, and he returned home after an unhappy 1½ years in Batavia. From 1714 we find him in Dordrecht, devoting his time to his Oud en Nieuw Oost-Indiën. His wife died in 1717, and in 1726 he moved to The Hague where he saw the appearance of his huge work on the market before his death in 1727. Valentyn's translation of the Bible into Low Malay (the generally used lingua franca) and his Malay dictionary were never published. The Batavian Church desired a more literary form of Malay for the Holy Script, and commissioned a translation from the Rev. M. Leidekker. This led to much friction between the two ministers. The accusations of Valentyn's adversaries that his translation was not original had nothing to do with the form of the language it was in, but succeeded in preventing its publication. He did have in his possession a manuscript translation left by a previous minister of Banda (S. de Larges), but he could hardly have ignored work done by predecessors in this field. Yet he was vulnerable on this point and it was effectively used to discredit him. He reacted sharply in a brochure Deure der Waarheid. | |
2. Oud en Nieuw Oost-Indiën‘Oost-Indiën’ is used to indicate the sphere of influence of the Dutch Company in the East, but is not a clearly defined geographic concept. ‘Oud’ and ‘Nieuw’ are used to distinguish historic and geographic points of view. The work consists of five Parts (eight folio volumes), 4800 double column pages, including a large number of prints and maps. His intention was to deal with all the settlements one by one, but some (e.g. the Moluccas, Ceylon) are described in much more detail than others (e.g. Java). Despite such imbalance, the work has for centuries been a treasure of information. There is a difference of opinion as to Valentyn's personal and scientific qualities. He clashed with many because of his stubbornness and irritating self-esteem, yet he had many friends and enjoyed the confidence of leading | |
[pagina 6]
| |
Dit was egter slegs adviserende konneksies, daar was geen sprake van enige gesagsuitoefening nie. Inteendeel, die oppertoesig oor die Indiese kerke het by die koloniale regering berus, aan wie se goedkeuring alle kerklike besluite onderhewig was. Die predikante was gewone besoldigde Kompanjiesamptenare; hulle is nie deur die kerkraad beroep nie, maar, soos ons gesien het, deur die owerheid aangestel op die plek waar gereken is dat hulle die nuttigste gebruik kon word; en hulle kon na willekeur oorgeplaas word. Dit het intussen vir alle amptenare gegeld, en het dus geen spesiale ondergeskikte posisie beteken nie. Predikante is veeleer tot die boonste laag van die koloniale samelewing gereken. By sy besoeke aan die Kaap behoort Valentyn tot die hoofamptenare wat uitnodigings van die goewerneur ontvang (sowel van Simon, as van Willem Adriaan van der Stel); en by sy eerste aankoms op Batavia is hy baie welwillend onthaal deur 'n aantal van die vernaamste regeringspersone, o.a. deur die Goewerneur-Generaal Joannes Camphuys self. Ook kry ons die indruk dat teenoor predikante se persoonlike opvattings en besware wel 'n bietjie meer konsiderasie betoon is as in die geval van ander amptenare. Maar 'n regstreekse weiering om te gehoorsaam is tog met ontslag gestraf. Binne hierdie weinig buigsame administratiewe raam werk het die predikante persoonlik heelwat vryheid geniet by die reëling van hulle werksaamhede en die verdeling van hulle tyd. Vir 'n luiaard was dit moontlik om die lewe van die maklike kant op te vat en alle inspanning tot 'n onvermydelike minimum te beperk. Traagheid in die vervulling van hulle ampspligte was dan ook 'n maklike beskuldiging om teen ongeliefde predikante in te bring. Valentyn moes sulke beskuldigings op Banda verneem waar hulle egter veral op die versuimde ‘seevisites’ betrekking gehad het. Op Ambon was sy verhouding met die kerkraad wisselend. Merkwaardig genoeg is hom daar sy ryk huwelik kwalik geneem; die bewering was dat hy van toe af te veel tyd aan sy vrou se besigheidsbelange sou bestee het. Gelukkig was daar geen sprake van dat die meeste predikante traag sou gewees het nie. Ons ken selfs verskeie manne onder hulle wat, naas die eintlike beroepspligte, 'n aansienlike mate van vrye wetenskaplike arbeid verrig het. Groot prestasies in hierdie opsig kan trouens saamgaan met swak amptelike pligsvervulling. Ons outeur was in elk geval een van dié predikante wat baie tyd aan studie bestee het, en hy laat homself geringskattend uit oor ampsbroeders by wie dit nie die geval was nie. Veral sieketroosters wat na 'n interne eksamen tot predikant bevorder was, kon hy moeilik as volwaardige kollegas aanvaar.
Van 1695 tot 1705 het Valentyn met sy groot gesin in sy vaderstad Dordrecht gewoon, vermoedelik as amptelose burger; maar in laasgenoemde jaar | |
[pagina 7]
| |
people. Modern critics, losing sight of historic circumstances, have accused him of plagiarism. He was not a researcher in the modern sense, but rather a tireless compiler of facts, not distinguishing between data obtained by his own observation (or correspondence) and that found in existing publications or painstakingly delved from manuscripts. This latter activity was appreciated by contemporaries, who were less insistent than we are on originality and source indications. Early 18th century official documents were seldom available in print. One example: Simon van der Stel's journal was for two centuries known only in the form of Valentyn's copy, the original document having been lost in 1691 or 1692 and re-discovered (by Waterhouse) only in 1922. Valentyn's copy is moreover that of the original and not of the official version. Severe criticism has been directed at Valentyn's use of Rumphius' history and description of Ambon. The documents were the Company's property, most of them were still unpublished, and Valentyn (who mentions his indebtedness to Rumphius only very cursorily) was wary of disclosing to what extent he was making use of the Company's sources. On the other hand, some of Rumphius's works (e.g. the Dierboek) are known to us only thanks to Valentyn's excerpts. There is evidence that some of his contemporaries who had supplied him with information preferred to remain anonymous and unmentioned, in order to protect themselves against the censoriousness of the time. Parts III, IV and V show some improvement and contain more source references, consisting mostly of names of high-ranking ex-officials, etc. They were possibly included because of their publicity value, and to interest prospective subscribers to such a costly publication. Even their information is thoroughly absorbed into the general text, notable exceptions being Governor General Joannes Camphuys' contribution on Batavia, and the journals of Simon van der Stel and landdrost Starrenburg, which appear under the names of the respective authors. As a child of his time Valentyn was not trying to maintain an objective standpoint, but wrote overtly to the glory and honour of the Company, the Dutch people and Dordrecht. Not yet realising that a period of gradual decline had set in after 1713 (as a result of international political and commercial developments), he still considered his own country one of the great European powers. The Company as an impressive establishment retained Valentyn's loyalty and admiration. He ascribed his own troubles to local authorities disregarding the Seventeen's instructions. His dismissal did not bring his reputation into doubt, and on his return in 1714 he was accorded the same courtesy (by the acting Cape Governor Helot) as he had enjoyed before. | |
[pagina 8]
| |
het hy opnuut 'n aanstelling in Kompanjiesdiens aanvaar, en van 1706 tot 1713 vind ons hom die tweede maal in die Indiese Argipel. Aanvanklik is hy, teen sy sin en in stryd met die bepalings van sy aanstelling, gedwing om vir 'n aantal maande as veldprediker by die troepe in Oos-Java diens te doen, maar vervolgens is hy weer na sy ou standplaas Ambon gestuur, soos in Holland aan hom beloof was. Die omstandighede was nou in verskillende opsigte minder gunstig. Sy vriend en raadgewer Rumphius, aan wie hy soveel te danke gehad het, is in 1702 oorlede. Met die nagelate familie het hy noue betrekkings onderhou wat deur die huwelike van twee van sy stiefkinders nader bevestig is. Waarskynlik het hy die plaaslik nog beskikbare papiere van die ou geleerde onder sy sorg gehad; in elk geval kon hy hulle raadpleeg. Wat die beroemde Kruidboek betref, moes dit dan een of ander kopie gewees het, want die offisiële manuskrip daarvan is reeds tussen 1692 en 1701 stuksgewys na Holland verstuur; moontlik kon hy Rumphius se voorbereidende aantekeninge gebruik het. Hierdie geskrifte kon natuurlik die gemis van die lewende omgang nie vergoed nie, maar hulle het 'n ryke skat van materiaal gelewer. Ongelukkig sou die gebruik wat hy daarvan gemaak het, aanleiding gee tot die bitterste verwyte van sy moderne kritici. Baie nadelig was vir ons outeur die benoeming van sy invloedryke vyand, Abraham van Riebeeck, tot goewerneur-generaal (1708); as gevolg van die Maleise taalstryd was hierdie gebore Kapenaar hom sleg gesind. In 1711 word Valentyn na Batavia opgeroep om verantwoording te doen oor uitlatings in briewe aan die regering waarin hy gekla het oor inmenging in kerklike aangeleenthede deur die Ambonse Goewerneur Adriaan van der Stel, jonger broer van Willem Adriaan. Met hom het Valentyn as jong man aan die Kaap goed klaar gekom (1685), maar op Ambon was daar blykbaar baie wrywing. In Mei 1712 het ons outeur, na die aankoms van sy opvolger, die ontvange bevel gehoorsaam, en met sy hele gesin Ambon verlaat. Hy was waarskynlik ook toe alreeds vasbeslote om maar liewer na Holland terug te keer, as om nog langer aan die kwelling deur sy teenstanders bloot te staan. Self gee hy altans die indruk dat hy, om hierdie rede, vrywillig na Batavia sou vertrek het. Van Riebeeck se beskuldiging teen hom was dat hy Van der Stel, in bedekte terme, ook van onbekwaamheid en pligs versuim in sy amp sou beskuldig het. Dit sou, as inmenging in bestuursake, vir 'n predikant 'n ernstige oortreding van sy bevoegdhede beteken het. Nou was ook Van der Stel by die goewerneur-generaal in onguns, en volgens Valentyn was Van Riebeeck se bedoeling om in een en dieselfde hofuitspraak die Ambonse goewerneur se onbekwaamheid en die predikant se voorbarigheid te laat vasstel. Voor die Raad van Justisie het die saak intussen 'n baie uitgerekte, maar tog vir Valentyn gelukkige verloop gehad. Hy het ten sterkste ontken dat hy in sy briewe ook op burgerlike bestuursake sou gesinspeel | |
[pagina 9]
| |
Valentyn appears to us as a smug but talented person, whose most serious fault is the careless way in which he read his sources, drawing incorrect conclusions from them. His style varies from pomposity to a most homely and genial way of recounting something (e.g. his outward and homeward journeys, Part IV). His work enjoyed popularity, and although he was not a researcher of the highest rank, he attempted and completed an enormous undertaking, for which a great need existed. | |
3. Valentyn at the CapeValentyn uses the term ‘Cape’ to denote the whole area of the gradually extending colony. When an exact point was needed for purposes of geographic location, the Castle (as administrative centre) was sometimes used, and at other times the Southern tip of the Peninsula, giving rise to occasional confusion. Valentyn stayed over at the Cape in 1685, 1695, 1705 and 1714, for a total period of more than 6 months. He did not have time to travel in the interior, the furthest points he (rather fleetingly) visited were Stellenbosch and Hottentots-Holland in 1705. On the other hand he saw the Cape four times over a period of 29 years, and was able to observe changes and progress in the young colony. He spoke to persons who were able to give reliable information and had access to important documents (W.A. van der Stel, for example, gave him his father's journal). For his descriptions of the interior he relied on Cape spokesmen and other writers (Kolbe!). It is possible that he even met Kolbe at the Cape in 1705, but the rather careless use he made of Kolbe's work took place later. He also used the descriptions by O. Dapper, A. Bogaert and Grevenbroek, he relied on H.B. Oldenland for plant names and perhaps even on J. van Spilbergen's reports for some details. | |
4. Valentyn's MapBy 1700 only very limited parts of the earth had been mapped with the aid of accurate readings. Outside Europe maps were often based on various types of information harmonised by the cartographer to the best of his abilities. Maps of the coastline were usually better than those of the interior, seamen being more adept at estimating distances and directions. At the Cape expeditions to the interior in the 17th and 18th centuries were often accompanied by sailors and surveyors, and by the end of the 18th century the colony was perhaps the best mapped part of the earth outside Europe. In Valentyn's time, however, the situation was still unsatisfactory. | |
[pagina 10]
| |
het, en geen bewyse daarvan kon gelewer word nie. Die uitspraak was dan ook in sy guns (Mei 1713); 'n interessante voorbeeld van onafhanklike koloniale regspraak. Van Riebeeck het egter reeds voor die hofbeslissing sy administratiewe mag gebruik om Valentyn nog op 'n ander manier te dwarsboom. Daar is naamlik besluit tot sy oorplasing na Ternate, eweneens 'n standplaas met talryke eiland-buiteposte, en as sodanig vir Valentyn onaanneemlik. Dit het die goewerneur-generaal natuurlik geweet, en hy moes die bedoeling gehad het om sy slagoffer tot aftrede te forseer, aangesien weiering om te gaan outomaties ontslag sou meebring. Die welkome hofuitspraak het dus vir ons outeur weinig praktiese nut gehad, maar het tog gedien om sy goeie naam te beskerm, en so 'n oneervolle ontslag te verhinder. Van Riebeeck se dood in November 1713 het te laat gekom om nog wysiging in die gang van sake te bring; maar sonder hierdie gebeurtenis kon die afskeid miskien nog onaangename insidente opgelewer het. Seker was die anderhalf jaar in Batavia vir Valentyn 'n verdrietige tyd. Sy gesondheid was sleg en sy vriende kon min doen om hom te help, al het hulle hom meermale uitgenooi na hulle ‘Thuynen en fraeye Buytenplaatzen’. Hy moes hom in hoofsaak maar met sy studies troos. Van 1714 af het hy opnuut in Dordrecht gewoon waar hy nou al sy tyd aan sy Oud en Nieuw Oost-Indiën gewy het, maar ongelukkig het hy in 1717 sy vrou en helpster deur die dood verloor. In 1726 het hy na Den Haag verhuis waar hy in die volgende jaar oorlede is. Voor sy dood het hy nog die voorreg gesmaak om sy groot werk in voltooide vorm op die mark te sien. Planne vir verder publikasies waarvan hy in 1726 melding gemaak het, kon hy nie meer uitvoer nie.
Tydens sy eerste verblyf in die Argipel het Valentyn se Maleise taalstudie verskillende geskrifte opgelewer wat hy nooit gedruk kon kry nie. Die belangrikste was sy Laag-Maleise Bybelvertaling en sy Maleise woordeboek. Veral oor die Bybel het daar moeilikhede ontstaan wat tot die end van sy Indiese loopbaan voortgeduur het; ons mag wel sê dat dit die brandpunt van die hele taalstryd geword het. Die opvatting dat Laag-Maleis, die algemeen verbreide lingua franca, die regte medium vir 'n Bybelvertaling sou wees, kan seker uit sendingsoogpunt nie sonder meer verwerp word nie. Die kerkraad van Batavia het egter gemeen dat vir die Bybel 'n meer literêr getinte vorm van Maleis die voorkeur verdien, en het aan een van sy predikante, ds. Melchior Leidekker, die opdrag gegee om so 'n vertaling te onderneem. Die naywer wat hierdeur tussen die twee predikante ontstaan het, is verskerp deurdat Leidekker 'n swaer van Abraham van Riebeeck was, terwyl hy bowendien nog 'n tweede swaer in die hoogste regeringskring gehad het. Valentyn het die teenwerking wat hy ondervind het, eenvoudig aan nepo- | |
[pagina 11]
| |
Valentyn's map (not based on the one by Kolbe, for that appeared a year after Valentyn's) was the work of an experienced cartographer, and was probably based on older maps and new information supplied by Valentyn. Determination of longitude and latitude is reasonably good in the light of the uncertainty as to which point writers had in mind when giving the Cape's latitude: the Castle lies at 33o 55′ South and Cape Point at 34o 21′ South. Valentyn did not escape the inaccuracies of some 17th century maps, and his latitude for Cape Point (35o 50′) errs by half a degree. Determining longitude was more problematical, and 17th century maps tended to give South Africa a more pointed shape than it has, through a slight shortening of the South coast from West to East. This also happens in Valentyn's case, where there is a difference of longitude between Cape Town and Algoa Bay of 5½o instead of 7½o. In relation to the world graticule, the Cape was in the 17th century usually placed too far to the East (up to 5o). Even with the scientifically more accurate system of determining longitude developed in the last quarter of the century, a group of Jesuits under Father Tachard, who spent a week at the Cape in 1685 with up to date instruments, still put the Cape almost 2 degrees too far East (viz. 18o E of Paris). Kolbe, with the aid of eclipse observations, produced an ‘improved’ reading, which in turn was criticised by the Abbé de la Caille. Valentyn uses a round figure of 38o E of Tenerife, which seems to have been a figure in current use at the time, as it was only improved on maps (e.g. Wentzel's) after De la Caille calculated the accurate longitude to be 35o 2′ in 1751-1753. Valentyn does mention Kolbe's ‘improvement’, but he misread it as 37o 35′ instead of 37o 55′, and based his map's longitude on this erroneous figure (later to be taken over by Lakeman for the Dutch edition of Kolbe). Certain factors are reflected on Valentyn's map: the colony had no fixed boundaries, and beyond the south-western area with its established settlements and administration the northern areas formed only a vague sphere of influence of the Company. Eastwards the map extends far into ‘unorganised’ territory (Algoa Bay is the last name) and northwards to the 30o 10′ parallel (Groote Doornbosch River). In the north-eastern corner the large blank area provides space for a detailed map of the south-western area. This latter map is not original and is probably based on the manuscript map No. 42 in the Cape Archives, which can be approximately dated 1690. Valentyn need not have used this map directly, because there is also the undated printed map Nova et Accurata Tabula Promontorii Bonae Spei (No. 146-J in the Archives) of which the Southern half slavishly follows No. 42, though the errors made by the cartographer who copied it clearly | |
[pagina 12]
| |
tisme toeskryf, maar sy opponente het van hulle kant met die beskuldiging gekom dat sy vertaling nie oorspronklik sou wees nie; 'n saak wat eintlik met die doeltreffendheid van 'n bepaalde taalvorm niks te make het nie. Die agitasie het egter sy doel bereik, want ook Here Sewentien het nou huiwerig geword om Valentyn se werk te laat druk. Die beskuldigers het geweet dat hy in besit was van 'n Maleise Bybelvertaling, in handskrif nagelaat deur die oorlede Bandase predikant S. de Larges, en hulle bewering was dat hy heelwat daaruit sou oorgeneem het. Op hierdie ‘kwaadaardige vuile verdigtselen’ het hy heftig gereageer, en van Dordrecht uit 'n brosjure daarteen gepubliseer, die Deure der Waarheid. Vermoedelik is sy vyande minder gelei deur besorgdheid oor die regte van wyle ds. De Larges, as deur die wens om hulle teenstander uit die taalstryd in diskrediet te bring. Terwyl hulle intrige 'n sukses was, het hulle wetenskaplik 'n swak posisie ingeneem. Geen enkele vertaler kan homself veroorloof om die werk van eventuele voorgangers te negeer nie; hy moet hulle weergawe oorweeg en sy houding daarteenoor bepaal, voordat hy sy eie opvatting finaal vasstel. Die feit dat ons outeur 'n ander Maleise vertaling in sy besit gehad het, was dus op sigself 'n onvoldoende basis van beskuldiging. By die vrymoedigheid egter waarmee nog baie outeurs van dié tyd ander mense se werk met onvoldoende bronnevermelding oorgeneem het, kon die beskuldiging maklik geloof vind; veral omdat die beweerde voorbeeld nie gepubliseer was nie. Die aanvallers het geweet dat Valentyn in genoemde fout ruimskoots sy deel gehad het, en op hierdie punt dus kwesbaar was. In die volgende paragraaf kom ons daarop terug; hy kry dikwels minder krediet as hom toekom. | |
2. Oud en Nieuw Oost-IndiënMet ‘Oost-Indiën’ bedoel die skrywer nie 'n duidelik omgrensde geografiese begrip nie, maar die territoriaal versnipperde magsgebied en invloedsfeer van die Nederlandse Kompanjie in die Ooste. Slegs die belange en gesagsuitoefening van die groot maatskappy loop as saambindende draad deur die hele werk heen; die groter of kleiner mate van geografiese verwantskap tree daarteenoor op die agtergrond. Die adjektiewe Oud en Nieuw dui respektiewelik op die historiese en geografiese gesigspunte; volgens die klassieke voorbeeld van Herodotus word hulle in die beskrywing gelykelik beklemtoon. Die werk beslaan in totaal 8 foliobande; nominaal 5 dele, maar daarvan het III, IV en V so lank geword dat hulle elk twee bande vorm. Tesame maak dit ruim 4800 twee-kolom bladsye uit, of ongeveer soveel leesstof as 30 middelmatige boekdele in oktavo-formaat. Daarby kom dan nog 'n groot rykdom aan prente en kaarte. Die bedoeling was om al die betrokke neder- | |
[pagina 13]
| |
shows his lack of knowledge of the local situation. The Nova Tabula contains more information than No. 42 and uses Mercator's graticule. It must have been the work of a cartographer working in Holland who was allowed access to the Company's archives. The map apparently enjoyed wide distribution, but it is uncertain who printed it (De Wit and the Ottens brothers have been suggested). There is some indication of its age. A poor reprint by Van der Aa in Leiden for a French atlas is dated 1713, and the absence of Vergelegen from the Nova Tabula suggests that it can hardly be dated later than 1707, and should probably be dated approximately 1700. Valentyn's cartographer followed the Nova Tabula in some respects (river courses in the south-west), improved it in others (mountains), and made some errors in yet others (Lion's Head). For those parts of the coastline falling outside the Nova Tabula, Valentyn must have followed sea charts and other sources, and his map reflects the tendency of such charts to elongate promontories and to show bays penetrating too deeply inland. There is some confusion in the order of names, and better known bays occupy the total coast-line. By contrast, Wentzel's map (1752) shows long stretches of ‘unknown coast’ left blank - a fairly advanced method for the time. Valentyn and his cartographer followed the older tradition which did not hesitate to fill in empty map spaces on the grounds of vague rumours. The inset map differs from the Nova Tabula in its representation of the mountains and in the names of farms and landowners. The Van der Stels are shown as still possessing their farms, some additional names appear (e.g. Adam Tas) and new information gleaned from Kolbe's text (not always correctly interpreted) has been inserted. New features on the main map include Hottentot kraals shown to the North, farm names, the islands of Saldanha Bay and names from the journals of Van der Stel and Starrenburg. Valentyn was apparently unaware of the original map of Van der Stel's expedition. The faulty location of some Hottentot tribes suggests that apart from the Nova Tabula other sources were used. Valentyn's map, like his description, may today be described as a compilation of data from divergent sources, but at the time it actually represented a small step forward. Only in the second half of the 18th century had sufficient Cape cartographical data been collected for better general maps. De la Caille carried out the first trigonometrical surveys, and those carried out subsequently by Company surveyors gradually rendered enough data for Van de Graaff's large general map, an achievement which would have been impossible in 1726. | |
[pagina 14]
| |
settings een vir een afsonderlik te behandel en dus 'n reeks monografieë te lewer. Hierdie plan is tot die end toe volgehou, hoewel nie orals dieselfde deeglikheid en uitvoerigheid bereik is nie. Die Molukke het Valentyn uit persoonlike ervaring die beste geken, terwyl hy hier tewens die onskatbare voordeel geniet het van Rumphius se geskrifte as bron, sodat sy behandeling hier besonder grondig is. Die beskrywing van Java is veel minder uitvoerig, veral as ons dié eiland se groot betekenis in aanmerking neem; en baie kort is dié van Sumatra en Borneo. Ceylon, daarenteen, kry weer heelwat meer ruimte. Gebrek aan 'n saamvattende verband en aan handhawing van juiste proporsies is die vernaamste besware wat teen die komposisie ingebring word. Deur die algemene publiek is sulke foute egter nie sterk gevoel nie. Daar is nou eenmaal min mense wat geneig sal wees om die agt bande aaneen deur te lees. Veeleer het ons hier 'n werk om nou en dan oor verskillende onderwerpe te raadpleeg, en vir dié doel het dit 'n paar eeue lank uitstekende dienste bewys. Daar is geen deurlopende bladsynommering, selfs nie binne elke afsonderlike deel nie; sewentien verskillende stukke het elk hulle eie paginering. Die laaste stuk van die laaste deel is die beskrywing van die Kaap en Mauritius. Oor Valentyn se persoon en wetenskaplike betekenis word uiteenlopend geoordeel, maar die meningsverskil gaan minder oor feite as oor die interpretasie daarvan. In die loop van sy lewe het hy met baie mense in botsing gekom en altyd hardnekkig vasgehou aan sy eie opvatting van sy persoonlike regte. Ongetwyfeld sal hy ook in die daaglikse omgang sy medemense soms geïrriteer het deur die naïewe selftevredenheid wat in sy werk deurstraal. Aan die ander kant staan dit vas dat hy die kuns verstaan het om baie vriende te maak, en dat hy daardeur van alle kante hulp en medewerking ondervind het by sy self-opgelegde taak. Tal van vooraanstaande manne het blykbaar vertroue gehad in sy karakter en bekwaamheid, en het waardevolle dokumente tot sy beskikking gestel. Valentyn se huidige reputasie word benadeel deur die feit dat so 'n reusagtige kompilasie veel minder pas by die tans heersende opvattings as by dié van 2½ eeue gelede. Moderne kritici het, meermale sonder om rekening te hou met die historiese omstandighede, ons hedendaagse norme op sy werk toegepas en dan tot die skerpste uitsprake gekom: die skrywer sou 'n gewetenlose en hartelose letterdief gewees het. Maar die tydgenote, hoewel bekend met sy werkwyse, het anders geoordeel. Sekerlik was hy minder 'n ondersoekersnatuur in moderne sin as wel 'n onvermoeibare versamelaar van wetenswaardighede, waarby hy die herkoms van sy gegewens as bysaak beskou het, so lank hulle maar betroubaar was. Wanneer ons dit toegee, doen ons aan die oorspronklike bestanddele van sy werk geen onreg nie. Hyself het min onderskeid gemaak of die boustowwe wat hy byeen gebring het, | |
[pagina 15]
| |
nou verkry is deur eie aanskouing en navorsing (met insluiting van die verwerking van mondelinge of skriftelike mededelings deur tallose segsliede en korrespondente), of deur homself gesoek moes word in bestaande publikasies en in ongepubliseerde, dikwels moeilik toeganklike manuskripte. Hy verklaar hoe hy menigmaal sulke dokumente moes ‘opdelf’, en hy gebruik selfs die tekenende Hollandse uitdrukking ‘opbagger’ om aan te dui hoeveel moeite die verkryging van sommige gegewens gekos het. Die tydgenote het hierdie inspanning besef en gewaardeer, en was oortuig van die groot betekenis van die verrigte arbeid. Hulle het geweet hoeveel waardevolle kennis vir die wêreld verlore sou gegaan het sonder Valentyn se versamelhartstog. Die vraag na volledige oorspronklikheid en bronnevermelding het daarby veel minder ter sprake gekom as in ons tyd. Vandag se beoordelaars vergeet maar al te gou hoe moeilik dit dikwels in die vroeë 18de eeu nog kon wees om belangrike koloniale geskrifte gedruk te kry, omdat daar heel ander weerstande in die spel was as teenswoordig. Dikwels ook besef hulle nie hoeveel groter nog die gevaar vir verlies of vernietiging van bestaande geskrifte was nie. As voorbeeld kan ons die reisverhaal van Simon van der Stel neem. Die offisiële kopie daarvan is na Amsterdam opgestuur en behoorlik in die Kompanjie se argief geplaas, maar in 1691 of 1692 oorhandig aan iemand wie se naam nie opgeteken is en wat dit nooit teruggebring het nie. Twee eeue lank was hierdie belangrike verslag alleen bekend deurdat Valentyn 'n afskrif daarvan ontvang het van Willem Adriaan van der Stel, en dit in extenso afgedruk het. Godée Molsbergen se uitgawe in die werke van die Linschoten-Vereniging (1916) is eenvoudig 'n herdruk van Valentyn, omdat daar geen ander vorm van die geskrif bekend was nie. Pas in 1922 het prof. G. Waterhouse in die biblioteek van Trinity College te Dublin 'n Nederlandse manuskrip gevind waarvan hy kon aantoon dat dit hoogs waarskynlik die verlore dokument was. Hy het 'n uitstekende uitgawe daarvan besorg met 'n Engelse vertaling, maar tewens uiteengesit dat die offisiële stuk heelwat weglatings vertoon. Die opgawes van rigting en afstand is blykbaar vir mense in Holland as minder belangrik beskou, en is verkort en vereenvoudig. In een geval is 'n gebeurtenis verswyg wat vermoedelik by die outoriteite in Holland afkeuring sou gevind het. Selfs na Waterhouse se publikasie bly dus dié van Valentyn en Molsbergen van belang vir wie die meer oorspronklike vorm, met alle daarin vervatte gegewens, wil leer ken. Die punt waaroor daar in moderne tye die skerpste aantygings voorgekom het, is Valentyn se verhouding tot Rumphius. As vasstaande word beskou dat hy aan laasgenoemde sy historie en landbeskrywing van Ambon, sowel as die beskrywing van plante en diere, vir die grootste deel ontleen het. Nou moet ons onthou dat Here Sewentien by alle waardering vir Rumphius se | |
[pagina 16]
| |
studies glad nie haastig was om die ou geleerde se werk te laat druk nie; juis die groot betekenis wat daaraan toegeken is, het hulle versigtig gemaak. Die geskrifte het onder beheer van die Kompanjie gestaan, omdat Rumphius alleen deur die besondere tegemoetkoming van die gesag die werk gedurende sy ampstyd kon gedoen het. Sulke dokumente is as Kompanjieseiendom beskou, en voordat tot publikasie besluit is, moes eers goed vasstaan dat geen mededingers daaruit voordeel sou trek nie. Pas in 1736, dus 34 jaar na die skrywer se dood, is die eerste stappe tot uitgawe van die Kruidboek gedoen, en pas in 1750 was die druk voltooi. Die Ambonse Historie is nooit deur die Kompanjie vrygegee nie, en is pas in die 20ste eeu vir die eerste maal gepubliseer. Rumphius se Ambonse landbeskrywing is nooit gedruk nie, en van sy Dierboek het selfs die handskrif verlore geraak, sodat die inhoud daarvan alleen uit Valentyn se uittreksels bekend is. Toe laasgenoemde geskryf het, naastenby 20 jaar na Rumphius se dood, was van hierdie voorganger se werk nog maar alleen die Amboinsche Rariteitkamer gedruk, sodat dit vir ons outeur volkome redelik was om die ander geskrifte te rangskik onder dié wat bedolwe geraak het. By die ‘opbagger’ daarvan moes hy selfs versigtig te werk gaan om die Kompanjie se regte nie te skend nie; veral nadat hy met onenigheid uit sy bediening getree het. Ons hoef nie aan louter harteloosheid te dink, wanneer so 'n belangrike bron soos Rumphius slegs terloops vermeld word nie. Dit geskied in die volgende woorde, byna weggesteek tussen ander opmerkings (II, bl. 32): ‘... de vermaarde Heer Rumphius (Een Man van wiens nette aanteekeningen over dit land van Amboina wy ons veel bedienen) ...’Ga naar voetnoot* Valentyn het geweet dat die Kompanjie die gebruikte geskrifte nog nie wou laat uitgee nie, en dat dit onverstandig was om te veel nadruk te lê op die omvang waarin hulle deur hom geëkserpeer was. Ook menigeen van sy nog lewende segsliede, trouens, het in die anonimiteit binne die groot versamelwerk 'n sekere beveiliging gevind, en daaraan die voorkeur gegee bo publikasie onder eie naam. Ons lees bv. in die Voorrede van Deel I dat sommige medewerkers, uit vrees vir die strengheid van die kritiek en die heersende vitsug, dit beter oordeel: ‘hunne schriften aan enige der geleerdste mannen over te geven, om daarvan sulken opstel te maken, als zy meinden te kunnen volstaan zoo om aan hunne begeerten, van hunne reizen en aanmerkingen er over | |
[pagina 17]
| |
aan de wereld mede te deelen, te voldoen, als ook om voor andere niet bloot te staan, verzekert zynde dat die mannen, die de pen voor hen opgevat hadden, in staat waren om hen te dekken.’ D.w.s.: die gewone Kompanjiesdienaar het gevoel dat hy hom op gevaarlike wyse blootstel deur met sy mening oor Oos-Indiese sake voor die publiek te kom, en het dekking gesoek agter die verantwoordelikheid van 'n vreemde skrywer wat nie langer regstreeks by die dinge betrokke was nie. Iets verder lees ons hoeveel die outeur verplig was aan die medewerking van verskeie aansienlike here ‘welker namen hier te melden my zeer veel eere zyn zoude; doch hebbe dit om ander zeer goede redenen nagelaten.’ Wanneer ons sien dat daar vir Dele III, IV en V iets meer vermelding van bronne plaasvind as vir I en II, dan kan ons dit gedeeltelik miskien as 'n soort bekering van die skrywer tot meer moderne opvattings verklaar. Hoofsaak is egter, volgens sy eie mededeling, sy behoefte om hom teenoor die intekenaars te verontskuldig oor die toegenome lengte en verhoogde prys van hierdie dele, 'n onvermydelike gevolg van die belangrike bydraes wat hy na publikasie van sy prospektus ontvang het en nie kon weglaat nie. Die name wat vir hierdie doel vermeld word, is dié van aansienlike oudhoofamptenare, Kompanjiesbewindhebbers en stedelike regente; name dus met advertensiewaarde by die koopkragtige publiek wat as intekenaars op so 'n kosbare werk in aanmerking gekom het. Tewens egter kan ons sê dat die draers daarvan manne in 'n maatskaplik onaantasbare posisie was. En tog is selfs hulle gegewens gewoonlik so grondig in die algemene teks verwerk dat hulle persoonlike bydraes onherkenbaar is. As vernaamste uitsondering noem ons hier die oorlede Goewerneur-Generaal Joannes Camphuys, die aansienlikste van al Valentyn se begunstigers, wie se opstel oor die stigting van Batavia onder sy eie naam verskyn. Uit die beskrywing van die Kaap noem ons, naas Simon van der Stel se reisverhaal, ook dié van landdros Starrenburg. Nog in 'n ander opsig as dié van oorspronklikheid mag ons by Valentyn geen hedendaagse maatstaf aanlê nie. Die strewe van die moderne historikus om sy standpunt so objektief moontlik te kies (of ten minste die skyn daarvan te bewaar) was hom heeltemal vreemd. Hy het ronduit geskrywe tot eer en glorie van die Kompanjie, van die Nederlandse volk, en van sy vaderstad Dordrecht. Ook hierin was hy 'n kind van sy tyd. Na die Vrede van Utrecht was die Nederlandse Republiek oor die hoogtepunt van sy politieke mag heen, maar daar moes nog byna 'n kwarteeu verby gaan voor bondgenote, sowel as teenstanders, hierdie verandering volkome | |
[pagina 18]
| |
sou besef. Die handelsoorwig waarop die staat se mag berus het, was nou 'n ding van die verlede. Terwyl in Engeland handel en skeepvaart snel uitgebrei het, was in Holland die eintlike groei daarvan verby, al was die omvang nog aansienlik. Bowendien het die politieke verhoudings in die Spaanse Suksessie-oorlog aan die klein republiek 'n militêre rol toebedeel wat te swaar vir sy kragte was. Die gevolg van dit alles was 'n skielike insinking na 1713. Ook vir die Kompanjie was die 18de eeu, ná die geweldige groei in die 17de, 'n periode van stilstand, en weldra van geleidelike agteruitgang. Valentyn het sy boek dus geskrywe op 'n keerpunt in die nasionale geskiedenis, maar hyself het dit so min verstaan as die publiek in die binne- en buiteland. Vir hom was sy vaderland nog onbetwis een van die groot moondhede van Europa, en minstens die tweede seemag op aarde. Sy betreklik vroegtydige dood het hom op hierdie punt desillusie bespaar. Die indrukwekkende politieke bouwerk van die Kompanjie het, as abstrakte grootheid beoordeel, ons outeur se opregte bewondering en verering geniet. Daaraan kon sy botsings met individuele gesagdraers niks verander nie. In sy finale stryd oor die verplasing na Ternate het hy styf vasgehou aan die belofte wat hy by sy aanstelling ontvang het, dat hy uitsluitend op Ambon diens sou doen. Die uiteinde was dat hy liewer sy ontslag aanvaar het as om stil te bly onder onreg. Hy het egter sy moeilikhede nie gewyt aan die Kompanjie as sulks nie, maar aan plaaslike maghebbers wat die bevele van Here Sewentien veronagsaam het. Ook was dit vir iedereen duidelik dat in die suiwer dissiplinêre strydvraag wat tot sy ontslag moes lei, aan sy karakter geen enkele smet gekleef het nie. By sy terugkeer in 1714 is hy aan die Kaap dan ook deur die outoriteite met dieselfde hoogagting behandel as toe hy nog in funksie was; hy het die gewone beleefdhede ontvang waarop die aansienlikste persone uit die retoervloot mog reken. So het die waarnemende Goewerneur Helot hom in die offisiële koets met ses perde na Constantia geneem, op dieselfde wyse as hy in 1705 deur Willem Adriaan van der Stel na Vergelegen gebring is.Ga naar voetnoot* Uit sy boek leer ons Valentyn ken as 'n selfingenome persoonlikheid, maar tewens as 'n man van bekwaamheid wat met reg sekere eise kon stel. Ook is daar geen rede om hom van groot karakterfoute te betig nie. In die Rumphiussaak sou ons graag gesien het dat hy minder maklik skuiling gesoek het agter die besware teen uitvoeriger bronnevermelding. Maar hy het 'n reg daarop dat ons sy gedrag in historiese perspektief beskou, en die | |
[pagina 19]
| |
tydsomstandighede ten volle in aanmerking neem. Erger as die gebrek aan oorspronklikheid in verskillende dele van sy werk is, uit die oogpunt van die gebruiker, die slordigheid waarmee hy soms sy bronne gelees het, waardeur hy dan tot verkeerde konklusies kom. Valentyn se styl wissel, na gelang van die onderwerpe, tussen die hoogdrawende deftigheid van 'n ingewikkelde sinsbou, en die mees gemoedelike en huislike manier van uitdrukking. Waar hy persoonlike ervarings meedeel, gebruik hy dikwels egte volkstaal. As voorbeeld kan ons die Uyt- en Thuysreize (n) noem wat vir die gewone leser seker een van die aantreklikste dele van die werk vorm (Deel IV, laaste stuk). Sulke gedeeltes verklaar sy populariteit by die groot publiek; maar ook in kringe wat hoër intellektuele eise gestel het, is hy gewaardeer. Al mag dit waar wees dat hy geen ondersoeker van die hoogste rang was nie, bly dit tog 'n feit dat hy 'n onderneming van enorme omvang aangedurf en voltooi het waaraan dringend behoefte gevoel is. Deur dié prestasie, meer as deur alle polemiek, het hy homself ten slotte teenoor sy teenstanders geregverdig. Die nageslag is hom beter dank skuldig as die bitsige aanvalle van sommige eensydige moderne kritici. | |
3. Valentyn aan die KaapCabo de Boa Esperança (Kaap van Goeie Hoop) is 'n naam wat in Portugal gegee is op grond van Dias se reisberigte, en wat die daardeur gewekte verwagtings weerspieël. Van die begin af het die naam die hele skiereiland in sy volle lengte aangedui, van Tafelberg af tot Kaappunt toe, sodat dit weinig sin het om te vra watter uitsteeksel in die suide nou die eintlike Kaap die Goeie Hoop sou wees. Volgens algemene opvatting was die later gevormde nedersetting aan Tafelbaai onmiddellik aan die Kaap self geleë, soos deur die titels van talryke ou prente en geskrifte, en deur die datering van sommige dokumente betuig word. In politieke sin is die benaming dan uitgebrei tot die hele gebied van die geleidelik groeiende kolonie, en in hierdie betekenis word dit ook deur Valentyn gebruik in die titels van sy beskrywing en kaart. Sodra daar pogings gedoen is om die ligging in lengte- en breedtegrade uit te druk, moes die naam weer op 'n noukeurig bepaalbare punt betrekking hê. Soms was dit die kasteel as bestuursentrum, maar soms is ook aan die uiterste suidpunt van die skiereiland gedink. Die verskillende betekenisse wissel mekaar af, dikwels by dieselfde skrywer, sonder dat dit tot verwarring aanleiding gee, omdat die bedoeling uit die sinsverband duidelik word. Ons outeur het die Kaap viermaal besoek op sy uit- en tuisreise tussen Holland en die Ooste. As die verversingspos aan sy doel sou beantwoord, | |
[pagina 20]
| |
moes die skepe minstens enkele weke hier bly; partykeer was dit meer as twee maande. Valentyn se verblyf duur 30 dae in 1685, 51 in 1695, 39 in 1705, en 70 in 1714; tesame dus meer as ses maande. Ons kan hom nie op een lyn stel met sommige vlugtige buitelandse besoekers nie; hy het die geleentheid gehad om in Kaapstad met allerlei mense te praat en op sy gewone manier gegewens in te samel. Maar in grondigheid van waarneming moes hy agterstaan by skrywers wat verskeie jare aan die Kaap gewoon het. Hy het geen kans gehad om veel van die binneland te sien nie. By die stadigheid van alle vervoer het hy vir lang togte nooit tyd gehad nie. Die verste wat hy gekom het, was Stellenbosch en Hottentots-Holland, in 1705; by die ander drie geleenthede het hy hom tot die onmiddellike omgewing van Kaapstad bepaal. Sy regstreekse waarnemings het dus glad nie die hele gebied met gevestigde blanke bevolking omvat nie; Drakenstein, Paarl, Wagenmakers Vallei en die Land van Waveren het daarbuite geval, om nog maar te swyg oor die verder weg geleë weiveld- en jaggebiede. Ook Saldanhabaai het hy nie besoek nie. Hierdie beperkings moet ons in die oog hou by die lees van sy geskrif en die beskouing van sy kaart. Op Stellenbosch was hy ‘enkele dae’, maar dit maak die indruk dat hy van die omgewing maar min self gesien het, behalwe dan 'n kort besoek aan Koelenhof en 'n verblyf van 8 dae op Sandvliet, waar hy by ds. Kalden gekuier het. Op Vergelegen was hy net een dag, as gas van W.A. van der Stel wat hom, soos gesê, in sy eie koets op die uitstappie geneem het. Ongelukkig was hulle haastig; hulle het in die aand van Kaapstad vertrek en die volgende aand om middernag terug gekom, sodat albei ritte hoofsaaklik in die donker plaasgevind het. Teenoor al hierdie besware staan die voordeel dat ons outeur die Kaap in 'n tydperk van 29 jaar viermaal, met ongeveer gelyke tussenpose, besoek het sodat hy in besonder gunstige omstandighede verkeer het om die veranderings en vooruitgang in die jong kolonie waar te neem. Ook het hy die beskikbare tyd goed gebruik om met dié persone in aanraking te kom wat hom die mees gesaghebbende informasie kon verskaf. Dit is opmerklik dat ook hier weer allerlei belangrike dokumente aan hom ter insae gegee, of selfs vir goed afgestaan is. Willem Adriaan wat hom die reisverhaal van sy vader oorhandig het, moes 'n gunstige opinie oor ons outeur gehad het. Ons mag intussen aanneem dat hierdie oordrag pas na 1714 in Holland plaasgevind het, want by die besoek van 1705 was ‘de oude Heer van der Stel’, soos Valentyn hom noem, self nog in lewe. Vir die binnelandse streke was Valentyn in elk geval sterk afhanklik van mededelings deur sy Kaapse segsliede. Bowendien het hy ook vir hierdie deel van sy werk weer 'n vrymoedige gebruik van bestaande publikasies gemaak, sonder om die skrywers meer as terloops te noem. Dit geld veral van P. Kolbe se bekende boek, deur Valentyn as die beste oor die Kaap geroem. | |
[pagina 21]
| |
Hy moet dit in die oorspronklike Duitse uitgawe van 1719 gebruik het, want die Hollandse vertaling het pas in 1727 verskyn, dus na die laaste deel van Oud en Nieuw Oost-Indiën, en trouens in ons skrywer se sterfjaar. Verskillende passasies is eenvoudig van Kolbe nageskryf, of met klein wysigings oorgeneem, waarby soms deur slordigheid misverstande voorgekom het; in ons aantekeninge word op sulke gevalle gewys. Dit blyk nie of Valentyn Kolbe persoonlik ontmoet het nie. In 1714 was laasgenoemde al weg; in 1705 was hulle gelyktydig aan die Kaap, en by die geringe aantal inwoners van die toenmalige nedersetting moet ons 'n toevallige ontmoeting as heeltemal moontlik beskou. Aangesien Kolbe toe egter pas 3½ maande aan die Kaap was, en nog nie veel van 'n gevestigde reputasie kon geniet het nie, is dit onwaarskynlik dat ons outeur hom in 1705 alreeds as bron van informasie sou aanvaar het. Hyself het destyds minstens eweveel Kaapse ervaring besit, en oor meer buitelandse vergelykingsmateriaal beskik. Ander outeurs wat genoem mag word is O. Dapper (Afrikaensche Gewesten 1668) en A. Bogaert (Historische Reizen 1711); deur albei is Valentyn tot 'n mate beïnvloed. Self vermeld hy Grevenbroek se manuskrip as bron vir sy gegewens oor die Hottentotte. Waarskynlik was dit dan 'n meer uitgewerkte vorm van die deur Schapera en Farrington uitgegewe geskrif wat Grevenbroek self alreeds in 1695 na Holland weggestuur het (I. Schapera, Van Riebeeck-Vereniging, nr. 14, bl. 165, 166). Ongelukkig is hierdie later vorm van die geskrif nie meer beskikbaar nie. Die omvang van Valentyn se verpligtings daaraan kan ons dus nie noukeurig vasstel nie. As bron vir sy lys van Latynse plantname noem hyself verder die Herbarius Vivus van H.B. Oldenland, hooftuinier van die Kompanjiestuin. Net soos die vorige bron is ook hierdie een deur Kolbe gebruik, maar met groter uitvoerigheid. Die vermelde plante en hulle volgorde is by hom presies dieselfde, maar hy gee, behalwe die name, ook van elk 'n kort beskrywing. Uit verskillende klein besonderhede is te sien dat Valentyn, naas die oorspronklike dokument, ook Kolbe se weergawe daarvan geraadpleeg het; by laasgenoemde word die outeur se naam egter aangegee as N. Olderland (in die Nederlandse vertaling: N. Orland). Enkele van Valentyn se mededelings skyn nog te berus op so 'n ou bron as Joris van Spilbergen se berigte (1601). | |
4. Valentyn se KaartOmstreeks 1700 was nog maar baie beperkte dele van die aarde op grond van noukeurige opmetings in kaart gebring. Buitekant Europa was dit normaal dat 'n kaart berus het op 'n kompilasie van allerlei plaaslike gegewens, sterk uiteenlopend in betroubaarheid, wat dan met meer of minder sukses deur 'n kartograaf geharmoniseer is om teenstrydighede weg te werk. Rede- | |
[pagina 22]
| |
lik goed het gewoonlik die voorstelling van die kuste geslaag, omdat die seelui geoefen was in die peiling van rigtings en die skatting van afstande. Vir die binneland van die kontinente het die geografiese kennis stadig toegeneem deur die berigte van reisigers en hulle (nie altyd baie betroubare) sketskaartjies; maar vir die hele Midde-Afrika het die kaartemakers hoofsaaklik uit hulle verbeelding geput. Aan die Kaap was die toestand minder ongunstig. Hier is opmetings op landtogte in die begin soms aan seelui toevertrou, soos deur Van der Stel op sy reis na die noorde. Maar reeds in die sewentiende eeu hoor ons hier van egte landmeters, en in die agtiende het dergelike deskundiges alle belangrike ekspedisies vergesel. Teen die end van die Kompanjie se bestuur kon die kolonie selfs beskou word as die bes in kaart gebragte deel van die wêreld buitekant Europa; maar in Valentyn se dae was die toestand nog glad nie bevredigend nie. Ons kan moeilik glo dat ons outeur die kaart wat onder sy naam verskyn persoonlik sou geteken het. Hy was geen opgeleide landmeter of kartograaf nie, en het slegs 'n klein deel van die afgebeelde streke self aanskou.Ga naar voetnoot* Wat ons voor ons het, is die werk van 'n ervare tekenaar, maar nie die resultaat van regstreekse opmeting nie; veeleer die gewone kompilasie uit ouer kaarte. Die outeur se aandeel aan die werk sal wel bestaan het in die uitsoek van die beste voorbeelde, die gee van advies oor die verwydering van teenstrydighede, en die toevoeging van besonderhede wat nog nie op bestaande kaarte voorgekom het nie. Waarskynlik herken ons sy persoonlike invloed in die name uit Van der Stel se reisverhaal, in die Noordweste. Moontlik ook in die name van plase en grondbesitters in Stellenbosch en langs die Bergrivier; met inbegrip van die sonderlinge vergissings insake Stellenbosch. Die grondslag van alle goeie kartering is lengte- en breedtebepaling, en in hierdie opsig vertoon Valentyn se kaart nie sleg nie; in vergelyking altans met sommige van die voorbeelde wat hy moes gebruik het. Veel skrywers het vaag gebly oor die punt wat hulle presies bedoel het, as hulle die breedte van die Kaap opgee. Die Kasteel lê op 33o 55′ suid, Kaappunt op 34o 21′. Teen die end van die sewentiende eeu kon die breedte op see sonder al te groot foute bepaal word; by gunstige gesteldheid van see en bewolking is 'n fout van 'n halwe graad alreeds as groot beskou, en noukeurigheid tot die naaste 10 minute was bereikbaar. Maar aan die eenhede in hulle minuutsyfers het die skippers self nie veel waarde toegeken nie, en 'n mate van afronding het dikwels voorgekom. Aan die kus, waar die gemiddelde van | |
[pagina 23]
| |
talryke onafkanklike waarnemings beskikbaar was, kon die resultaat al vrywel korrek wees. Daar bestaan sewentiende-eeuse kaarte wat die hoofpunte van ons kus op die juiste breedte gee, hoewel tegelyk nog kaarte in gebruik gebly het wat Kaappunt 'n graad te ver suid gewys het, of die suidoos-kus soveel as 'n halwe graad te ver noord. Valentyn se kaart het aan sulke invloede nie heeltemal ontkom nie. Dit maak 'n fout van 'n halwe graad suid vir Kaappunt (34o 50′), en teken dit op dieselfde breedte as Kaap Agulhas, wat nogal swak is. Waar die teks 'n breedte van 34o 30′ noem, sonder om 'n bepaalde punt daarby aan te wys, mag ons dit neem as 'n afgeronde syfer vir Kaappunt. Gebrekkige ooreenstemming tussen kaart en teks was in die 17de eeu nog niks besonders nie. Heelwat moeiliker was die probleem van die lengte. As belangrikste onderdeel daarvan beskou ons die vasstelling van relatiewe lengtes binnekant Suid-Afrika; d.w.s. ons begin dan die telling van Kaapstad uit as nulpunt. Hierop berus die juistheid van die kaart se vorm. Pas op die tweede plek kom die absolute lengte, d.w.s. die lengte getel van 'n algemene nulmeridiaan vir die hele aarde. Hierop berus die juistheid van ons posisie met betrekking tot ander kontinente. Oor die geheel was die sewentiende-eeuse kaarte geneig om aan Suid-Afrika 'n iets te puntige vorm te gee, deurdat die suidkus van wes na oos 'n bietjie te kort gemaak is. Valentyn doen hieraan mee, maar versprei die fout ongelykmatig oor verskillende dele van die land. Sy relatiewe lengte vir die oorsprong van die Bergrivier is 50% te groot. Maar ooswaarts, waar sy gegewens minder is, word sy skattings geleidelik laer. Sy lengteverskil tussen Kaapstad en Mosselbaai is daardeur naasteby korrek (3½o i.p.v. 4o); maar dié tussen Mosselbaai en Algoabaai is veels te laag (2o i.p.v. 3½o). Dit beteken dat die tekort heeltemal op rekening van die streke kom wat buitekant die outeur se werklike gesigskring geval het. Wat die verhouding tot die wêreldgraadnet betref, was dit op kaarte van die 17de eeu nog gewoon om die Kaap te ver na die ooste te plaas; soms wel 5 grade. Daar was 'n tweevoudige moeilikheid, want, behalwe die betrokke punt self, was ook die uitgangspunt van die telling onvoldoende vasgestel. Die Hollanders het hulle nulmeridiaan oor die Piek van Tenerife getrek; in Frankryk was vir hierdie doel sedert 1634 die wespunt van die Eiland Ferro in gebruik. Geen van hierdie twee punte se ligging was met astronomies bevredigende noukeurigheid bekend nie. Uit hierdie gesigspunt was dit 'n stap vorentoe dat die Britte, teen die end van die 17de eeu, begin het om van Londen of Greenwich uit te tel i.p.v., soos voorheen, van die Asore. Aangesien die onderlinge ligging van die groot Europese hoofstede alreeds voldoende vasgestel was, moes dit redelik genoem word om een daarvan as nulpunt te kies. | |
[pagina 24]
| |
Wetenskaplike bepaling van lengteverskille het moontlik geword deur Galilei se ontdekking van die mane van Jupiter en hulle veelvuldige verduisterings. Hierdie verskynsels het belangrik geword as sterrekundige tydseine, nadat in die derde kwart van die 17de eeu die onreëlmatighede daarvan verklaar is, en tabelle vir die nodige berekenings opgestel is. Met behulp daarvan is die posisie van 'n aantal Europese sterrewagte noukeurig bepaal, en die tyd het aangebreek om die nuwe metodes na ander wêrelddele uit te brei. Aan die Kaap is die eerste werk in hierdie opsig verrig deur 'n groep Jesuïete onder leiding van Pater Tachard wat in 1685 'n week hier vertoef het as lede van 'n Franse gesantskap na Siam, op pad na daardie land. Die resultaat van hulle waarnemings en berekenings was nie eintlik in ooreenstemming met die kwaliteit van hulle instrumente en die noukeurigheid wat die metode toelaat nie. Hulle het gevind dat die Kaap 18o oos van Parys sou lê. So 'n afronding in volle grade, sonder enige aanduiding van minute, gee alreeds die indruk dat hulle self maar 'n beperkte vertroue in die besonderhede van die uitkoms gehad het. Deur tydgebrek moes hulle waarskynlik te haastig werk. Die regte lengte van Kaapstad is slegs 16o 10′ oos van Parys, sodat Tachard die Kaap nog altyd byna 2 grade te ver oos geplaas het. Bowendien is sy mededelings verwarrend en teenstrydig, deurdat hy aanneem dat Ferro 22½o wes van Parys sou lê (i.p.v. ± 20o), en 2o wes van Tenerife (i.p.v. ± 1½o). So kom hy tot die uitspraak dat Kaapstad 40½o oos van Ferro sou wees, of 38½o oos van Tenerife. Sy slordige formulering het veroorsaak dat verskillende skrywers 'n groter lengtefout aan hom toegeskryf het as wat hy werklik gemaak het. Kolbe wat aanvanklik Halley se skatting vir Kaapstad se lengte aanvaar het, naamlik 34o oos van Tenerife ('n baie goeie benadering vir 'n indirekte konklusie uit waarnemings op St. Helena), het later tot die oortuiging gekom dat Tachard se syfer nader aan die waarheid was. Hy het dit egter ‘verbeter’ tot 37o 55′ op grond van eie eklipswaarnemings. Maar volgens die Abbé de la Caille, die vermaarde Franse sterrekundige wat van 1751 tot 1753 waarnemings aan die Kaap verrig het, was Kolbe heeltemal onbevoeg vir sulke astronomiese werk. Hy het blykbaar Tachard se basiese syfer (18o oos van Parys) eenvoudig oorgeneem en daarby vermoedelik 'n verbeterde skatting vir die verskil tussen Parys en Tenerife opgestel. Tachard se onduidelike formulering het Kolbe gehelp om die resultaat as dié van nuwe waarnemings uit te gee. Soveel is seker dat Kolbe oor sy eklipse baie vaag bly. In die teks gee Valentyn 'n ronde syfer van 38o, en dit skyn toenmaals alreeds 'n min of meer gangbare opvatting te gevorm het, hoewel sommige kaarte in gebruik was wat nog 40o en meer gewys het. Die waarde van 38o word selfs nog op landmeter Wentzel se kaart van 1752 aangetref, maar is kort daarna verdring deur De la Caille se noukeurige bepaling op 35o 2′. | |
[pagina 25]
| |
Hierdie laaste waarde kry ons op landmeter Cloette se kaart van 1776 en ook op die verbeterde vorm van Wentzel se kaart uit 1786. Valentyn vermeld naas sy 38o ook Kolbe se ‘verbetering’, maar hy het dit ongelukkig verkeerd gelees, en gee die minuutsyfer as 35′ i.p.v. 55′. Dit is geen drukfout nie, want die verkeerde waarde is as grondslag vir die lengtesyfers in Valentyn se kaart gebruik. Laasgenoemde is op enigsins vergrote skaal nagedruk deur Lakeman vir sy Hollandse uitgawe van Kolbe (1727). Die betrokke kaarte bring amper geen veranderings of toevoegings nie, maar kopieer nougeset alle foute van Valentyn, selfs dié wat maklik kon verbeter geword het deur Kolbe se eie teks te raadpleeg. Dit vorm 'n ekstra bewys dat Kolbe met hierdie kaarte niks te doen gehad het nie. By 'n studie van die voorstelling wat Valentyn se kaart van die kolonie gee, moet ons onthou dat laasgenoemde nog geen vaste grense besit het nie. Daar was (a) 'n suidwestelike gebied in die kusvlakte en die aangrensende bergvalleie met gevestigde bevolking en gereelde bestuur en (b) 'n uitgestrekte maar vae invloedsfeer meer na die noorde en ooste, waar die Kompanjie geen bemoeiing van buitelandse mededingers geduld het, maar self nog geen vaste bestuursorganisasie ingevoer het nie. Die naaste streke van hierdie buitegebiede was alreeds op 'n manier in gebruik as tydelike weiveld, en vir jag- en veeruil-ekspedisies. Die Hottentotte wat hier gewoon het, het geleidelik die Kompanjie as natuurlike oppermag begin beskou, maar daar was geen sprake van duidelik omskrewe regte of verpligtings nie. Waar die blanke homself sterk genoeg gevoel het, het hy met gesag opgetree, en deur die inboorlinge is dit as onvermydelik aanvaar. Simon van der Stel het in die Noordweste uitspraak gedoen in die stryerye van Hottentot-kapteins, en sy beslissings is gerespekteer, omdat hy 'n sterk militêre eskorte gehad het. Sulke omstandighede sien ons weerspieël in Valentyn se kaart. Ooswaarts en noordwaarts strek dit tot ver in die ongeorganiseerde gebied, om op die end taamlik willekeurig deur die kaartrand afgesny te word. In die noorde word hierdie rand gevorm deur die parallel van 30o 10′, hoewel Van der Stel se reisverhaal die Koperberge op 29o 0′ plaas (werklike breedte ± 29o 40′). Die noordelikste benaming is dié van die Groote Doornbosch-rivier, geteken op ± 30o 20′ breedte. Na die ooste, langs die suidkus, is Algoabaai die laaste naam. In die noordoostelike hoek, waar glad geen gegewens beskikbaar was nie, is ruimte gevind vir 'n grootskaalse bykaart van die belangrike suidwestelike gebied. Aangesien daarvoor betreklik goeie kaarte verkrygbaar was, kan ons in die bykaart nie veel oorspronklikheid verwag nie. Die oudste bron wat ons kan vind, is die bekende manuskrip-kaart No. 809 uit die Haagse Ryksargief, in die Kaapse Argief verteenwoordig deur 'n kopie onder No. 42; ons siteer dit onder hierdie laaste nommer. Die | |
[pagina 26]
| |
maker was blykbaar 'n man met uitgebreide lokale kennis, maar nòg sy naam nòg die jaartal word vermeld. Ons kan die kaart egter met vertroue dateer op kort na 1688. (a) Dit moet jonger wees as 1685, die jaar waarin Simon van der Stel Constantia verwerf het, want die plaas word as sy besitting vermeld. (b) Ons mag ook aanneem dat die kaart ouer is as 1699, want Simon word nog goewerneur genoem. Ook word Vergelegen, deur Willem Adriaan in 1700 verwerf, glad nie vermeld nie, hoewel van dié jaar af elkeen in die kolonie met die bestaan van hierdie veel besproke landgoed bekend was. (c) Dit is ook opmerklik dat Stellenbosch vertoon word as 'n goed ontwikkelde boeregemeenskap, maar Drakenstein (France Quartier) meer as 'n ontwerp dan 'n gevestigde nedersetting, aangesien geen Franse besittersname voorkom nie. Hierdie feit wys op ± 1688, die jaar waarin die eerste Hugenote aangekom het. Dit lyk onwaarskynlik dat die kaart veel jonger as 1690 sou wees. Ons hoef intussen nie aan te neem dat Valentyn se tekenaar No. 42 as regstreekse voorbeeld gebruik het nie, al vertoon die twee kaarte so 'n opmerklike ooreenkoms. Daar het 'n makliker verkrygbare tussenvorm bestaan. In die Kaapse Argief vind ons onder No. 146-J 'n interessante gedrukte kaart met die titel Nova et Accurata Tabula Promontorii Bonae Spei (ons siteer dit as Nova Tabula). Ook hierdie kaart het sonder outeursnaam of jaartal verskyn. Dit vertoon die westelike kusvlakte van Saldanhabaai tot Valsbaai, en vorm in sy suidelike helfte 'n slaafse navolging van No. 42.Ga naar voetnoot* Kuslyn, rivierlope, vleie, berge, plase en Hottentotkrale is prakties dieselfde. Die tekenaar was egter iemand sonder plaaslike kennis, want hy het verskillende vergissings in name en terme begaan. Die Stellenbossers Jan Mostert en Gerrit van der Byl word Mossel en Van der Bil; waarskynlik mag ons ook die verandering van Jacob de Timmerman in J. de Tuynman as so 'n vergissing beskou. Die klein nedersetting kon moeilik vir meer as een timmerman werk verskaf het, sodat hierdie term 'n bruikbare persoonsaanduiding was; daarenteen was prakties elke kolonis sy eie tuinman. Deurdrift, destyds in reisverhale die gewone vorm van ons woord drif, word Deurdruyst ens. So 'n bekende plaas soos Constantia word noordweswaarts | |
[pagina 27]
| |
verskuif, sodat 'n vreemdsoortige ligging in die berge ontstaan. Hierdie foute maak dit onmoontlik om te veronderstel dat die Nova Tabula miskien die oorspronklike sou kan wees en No. 42 die navolging. Die Tabula het trouens ook ander bronne gebruik soos blyk uit 'n vermeerdering van persoonsname in Stellenbosch, die aanduiding van meer seedieptes in Tafelbaai, 'n verbeterde kuslyn vir Robbeneiland, en die informasie dat aldaar ‘de Slaven in de Ketting Loopen’. Teoreties was die maker van die Tabula beter op die hoogte as sy Kaapse voorganger. Hy het sy werk op lengte- en breedteligging gebaseer en 'n reghoekige graadnet gebruik, bedoel om dié van Mercator te wees, al toon nameting klein konstruksiefoute aan. Treffend is die noordwaartse uitbreiding tot verby Saldanhabaai. Laasgenoemde is onjuis in vorm en ligging. Dit loop kronkelende ooswaarts i.p.v. na die suidooste. Ook vir dié fout kan ons 'n voorbeeld aanwys onder die manuskripkaarte van die Kompanjie, en wel een wat uit die eerste jare van die nedersetting dateer, aangesien dit in 1654 in Holland ontvang is (Haagse Ryksargief No. 168; kopie in Kaapse Argief No. 5). Die fout het 'n lang lewe gehad, want Valentyn het dit vir sy hoofkaart uit die Tabula oorgeneem. Tog was daar al lank tevore op seekaarte beter voorstellings van die baai gegee (bv. Hondius: Paskaarte van de Zuydwestkust van Afrika 1652). Die Nova Tabula moet die werk gewees het van 'n tekenaar in Holland wat toegelaat was om kaarte in die Kompanjie se argief te raadpleeg. Sy kaart het blykbaar 'n groot verspreiding geniet; skrywer het verskeie eksemplare daarvan in Nederlandse biblioteke aangetref, soms in los velle, maar ook in atlasse van die Firma Ottens. Hierdie laaste feit vorm geen oplossing vir die probleem van die drukker nie, want genoemde atlasse is heterogene versamelings van kaarte wat by verskillende drukkers verkry is. Ons het dus geen reg om die Tabula eenvoudig aan die Gebroeders Ottens toe te skryf nie.Ga naar voetnoot* Gelukkig staan ons op vaste grond wat die ouderdom van die kaart betref. Dr. C. Koeman, lektor in kartografie aan die Utrechtse universiteit, het skrywer se aandag gevestig op 'n kaart wat voorkom in twee Franse atlasse, uitgegee deur Pierre van der Aa te Leiden. Die oudste van die twee dra 'n jaartal, 'n besonderheid wat in die Nederlandse kartografie van dié tyd helaas nie vanself spreek nie. Dit is Le Nouveau Théatre du Monde van 1713, en die bedoelde kaart is duidelik 'n nadruk van die Nova Tabula, hoewel vervorm deur die gebruik van 'n baie swak projeksie. Dit bevat byna al die Hollandse name en aanduidings, maar vermeerder met Franse | |
[pagina 28]
| |
vertalings; verskillende foute daarin bewys dat hulle afkomstig was van iemand vir wie Frans 'n vreemde taal was. Die Hollandse vorm was dus sonder twyfel die oorspronklike. Uit hierdie kaart weet ons dat die Nova Tabula op sy laatste in 1713 klaar gedruk en op die mark was. Ons mag egter die verskyning van die kaart met vertroue nog 'n paar jaar vroeër stel, want dit is onwaarskynlik dat Van der Aa dit onmiddellik sou gekopieer het; hy sal tog nie met die uitgee van sy atlas juis op hierdie een kaart gewag het nie. Dat die Tabula nie die naam Vergelegen vermeld nie, is op sigself geen rede om dit voor 1700 te dateer nie, aangesien die stigting van die landgoed in Holland (anders as aan die Kaap) nie onmiddellik bekend geword het nie. Maar dit is moeilik om te glo dat die kaart jonger kan wees as Willem Adriaan se terugroeping in 1707, waardeur sy kosbare plaasaanleg tot 'n algemene onderwerp van gesprek geword het. Van der Aa se kaart van 1713 het Vergelegen prominent opgeneem en selfs 'n afbeelding van die opstal as deel van die titelversiering gekies. Vir die afhanklikheid van Valentyn se tekenaar met betrekking tot die Tabula verwys ons na talryke rivierlope in die suidweste, en spesiaal na die vorm van Saldanhabaai. Meer krities is sy behandeling van die Bergrivier wat by hom nie (soos deur die Tabula gesuggereer) in Saldanhabaai uitloop nie, maar verder noord; ongelukkig al te ver, nl. noord van St. Helenabaai. As 'n bepaalde verbetering teenoor die Tabula mag ons die voorstelling van die bergland noem wat 'n bietjie meer begrip van die werklike toestand toon, al lyk dit nog nie op 'n egte opmeting nie. Valentyn het die hoë berge agter Stellenbosch en Vergelegen van naby gesien, hy kon dus die streke verder oos nie so leeg laat as die Tabula nie. Sonderling is die fout in die tekening van Leeukop wat omgedraai is, sodat die leeu na die baai kyk i.p.v. na Tafelberg; 'n onmoontlike vergissing vir iemand wat Kaapstad ken, of selfs maar 'n goeie prent daarvan gesien het. Blykbaar het Valentyn die tekenaar se werk nie baie sorgvuldig gekontroleer nie; 'n ander voorbeeld daarvan (gedeeltelik 'n gevolg van die vorige fout) is dat opnuut 'n opskuiwing in die naam Constantia toegelaat is. Ons outeur is op hierdie plaas tweemaal offisieel onthaal en hy het die afstand goed geken, maar dit lê op die kaart onmiddellik onder die Leeu se romp. Die groot ooswaartse draai van die Bergrivier is hier behou, en selfs uitgebrei tot op die lengte van die teenswoordige dorp Swellendam. Die gevolg is dat die Klein Bergrivier en die Vierentwintig Riviere aan die verkeerde kant van die hoofstroom tereg gekom het, 'n dwaling wat kon vermy geword het deur Van der Stel beter te lees. Die kuslyn noord van Saldanhabaai, sowel as die suidkus het buitekant die Tabula geval, maar daar was seekaarte en gegeneraliseerde atlaskaarte wat kon gevolg word. Oor die geheel het sulke bronne gely aan 'n neiging om die onreëlmatighede van die kus te | |
[pagina 29]
| |
oordrywe, deur die kape langer te maak en die baaie dieper te laat indring as in werklikheid die geval is. Valentyn se kaart toon hierdie swakheid veral aan die suidkus waar die kape nog langer lyk as die bedoeling was, weens hulle swaar getekende ondersese voortsetting. Daar kom ook 'n sekere verwarring in die volgorde van die name voor, en die beter bekende baaie neem die hele kus in beslag, met verwaarlosing van lang afstande waar glad geen opmetingsresultate beskikbaar was nie. Wentzel se kaart van 1752 teken die suidkus as 'n opeenvolging van lang stukke ‘onbekende strand’, slegs hier en daar onderbreek deur punte waar werklike opmeting plaasgevind het. Vir sy tyd en omstandighede was dit 'n besonder moderne opvatting. Pas teen die middel van die 18de eeu het naamlik die groot wêreldatlasse begin om die kaartinhoud te beperk tot dinge wat inderdaad bekend was, en om elders die papier eenvoudig wit te laat. Ons voel aangenaam verras om so 'n beginsel reeds in 1752 aan die Kaap toegepas te sien. Die 17de en selfs die vroeë 18de eeu het hierdie wetenskaplike beskeidenheid nie geken nie, maar kon nog met groot vrymoedigheid leë kaartplekke op grond van vae gerugte opvul. Valentyn en sy tekenaar het in dié opsig nog tot die verbygaande tydperk behoort. Die bykaart verskil van die Tabula veral in sy weergawe van die berge, en in die name van plase en grondeienaars. In Hottentots-Holland is Vergelegen en Frans van der Stel se besit ingeteken, sonder om rekening te hou met die lot wat Valentyn se twee vriende getref het. Vergelegen is selfs geteken as 'n klein plattegrond van die Werf wat die outeur self besoek en bewonder het. In die omgewing van Stellenbosch is die aantal plase wat gewys word, verminder, en die name vorm 'n nuwe keuse; vir die eerste maal verskyn Adam Tas op 'n kaart. Nuut is die name langs die Bergrivier, van Franschhoek tot Riebeeckkasteel. Oor die geheel is hulle oorgeneem van Kolbe; d.w.s. uit dié se teks, want Kolbe se baie swak kaartjie bevat slegs twee van hulle. By die oorbring na Valentyn se kaart het 'n sonderlinge misverstand voorgekom deurdat sommige name van die benedeloop van Eersterivier na Jonkershoek verskuif is: Sandvliet, Ferdinand Appel,Ga naar voetnoot* Welgemoed en Meerlust. Die fout was onnodig as Kolbe net beter gelees was. Ferdinand Appel se naam kom op twee plekke voor. Langs die Bergrivier het sulke vergissings nie ontstaan nie. Nuut is 'n aantal Hottentotkrale langs die roete na die noorde, en in die hoofkaart ook die Soutpan en Groenekloof op pad na Saldanhabaai, sowel as die eilande in die baai self en voor sy monding; verder ook die reeds ver- | |
[pagina 30]
| |
melde name uit Van der Stel se Dagregister, asook gegewens uit Starrenburg se reisverhaal. Dat Valentyn sulke belangrike dokumente kon gebruik, het hom in staat gestel om nuwe elemente in te voer. Ongelukkig was hy blykbaar nie bekend met die oorspronklike kaart van Van der Stel se ekspedisie nie; dit het nog in die Kompanjie se argief begrawe gelê. Dat ook ander bronne as die Tabula, nl. Van der Stel en Starrenburg, geraadpleeg is, blyk - behalwe uit die kuslyn - ook uit die lokalisering van die Hottentotstamme. Waarskynlik kom dit uit 'n ouer kaart; in die omgewing van Kaapstad maak dit alreeds 'n anachronistiese indruk. Om saam te vat, kan ons Valentyn se kaart met dieselfde woorde kenskets as sy beskrywing: dit was 'n kompilasie van gegewens uit baie uiteenlopende bronne, wat min of meer tot 'n geheel gemaak is, maar sonder twyfel heelwat foute vertoon. Ook hier egter sou dit verkeerd wees om met moderne maatstaf te meet; en in die kartografie van sy eie tyd het die Valentyn-kaart selfs 'n beskeie stap vorentoe beteken. So 'n eminente astronoom en geodeet as De la Caille toon weinig historiese insig in sy streng veroordeling van die kaarte wat deur hom aan Kolbe toegeskryf is, maar wat, soos ons gesien het, eintlik op Valentyn se rekening kom. Pas na die middel van die 18de eeu het die beskikbare kartografiese materiaal aan die Kaap omvangryk genoeg geword om hoër eise insake generaliserende kaarte te regverdig. De la Caille self was die eerste om 'n klein gebied op trigonometriese basis in kaart te bring, in verband met sy graadmeting; en die Kompanjie se landmeters het geleidelik 'n versameling van roetekaarte bymekaargebring waarop uiteindelik die groot algemene kaart van Goewerneur Van de Graaff gebaseer kon word. Prestasies van so 'n kwaliteit sou in 1726 nog onmoontlik gewees het omdat die meeste van die voorbereidende werk destyds nog nie gedoen was nie. |
|