Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging, ver vrind en vyand, uit publieke en private bronne
Bewerk deur 'n Lid van die Genootskap van Regte Afrikaners.
Voorrede.
Herhaaldelik en van verskillende kante is ons gevraag om tog 'n kort verhaal te ge van die geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging van die begin af, met al die stukke daarby. Die versoek is billik, want in die begin was ons getal voorstanders mar min, 'n groot deel word nou eers bekend met die saak, en die wil graag weet hoe die hele beloop was. En selfs die wat van die begin af hulle andag daaran gewy het, wil tog oek graag alles weer in geregelde volgorde lees, want dit gaat mar met koerante so, 'n mens lees dit en dan verslinger dit weer.
Daarom het ons besluit om an die versoek te voldoen. Mar maklik is dit nie. Vereers al om al die oue koerante van so veul jare nou weer deur te gaan, om alles daaruit te snuffel, is gen kleinigheid nie. Mar dan nog om die stof te bewerk, is nog moeiliker. Vereers kan jy nie mar alles opneem nie, dan kom dit te uitvoerig; nou moet jy eers die nodigste uitsoek. Dan kan jy dit tog oek nie somar deur makaar ge nie, jy moet dit eers mooi regel. Verder, moet jy onpartydig wees' en vrind en vyand lat reg wedervaar. Eindelik, daar is dinge wat jy nie weet of jy hulle mar in die donker moet lat bly nie, dan of jy hulle ver goed in die geskiedenis moet opneem om daarin bewaard te bly. As imand dus iets verkeerd in ons werk meen te sien, dan moet hy mar denk hoe swaar ons taak was, veral onder andere drukke werksaamhede, en dan moet hy, in plaats van ons die enkele foute te verwyt, liewers hom self