Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina I]
| |||||||||||||||||
‘Ik acht den man gelukzalig, wien het gelukt zich omtrent zijne moedertaal verdienstelijk te maken. Alle wegen, die wij daartoe kunnen inslaan, mijne vrienden! zijn schoon en aangenaam; laat ons elkander de hand reiken; wij zullen soms struikelen, en soms den voet stooten aan een steen, maar gaan wij niettemin voort; wij hebben aanspraak op terechtwijzing; wij hebben aanspraak op bemoediging.’ - | |||||||||||||||||
[pagina III]
| |||||||||||||||||
An | |||||||||||||||||
[pagina V]
| |||||||||||||||||
'n Gesprek vooraf.‘31 Oktober 1517 het Luther syn 95 Stellinge angeplak an di deur van di kerk in Wittenberg. - 31 Oktober 1890 het di Taalkongres gesit an di Kaap, waarop ek jou 71 Stellinge o'er “Afrikaans ons Volkstaal” voorgedra het, met di verklaring, dat jy tot jou spyt ni kon teenwoordig wees ni, mar dat jy te enige tyd gewillig is di Stellinge te verdedig, òf in 'n publike bespreking, òf deur di drukpers. - Het jy op di o'ereenkoms van datums gelet?’ Dit vraag myn vrind D.F. du Toit D.F.sn. ver my, toen ek an di Pêrl kom uit Transvaal, waarvandaan af ek ver hom di Stellinge gestuur het om an di Kongres voor te dra, met di versekering dat ek ten allen tyje bereid is om ons Volkstaal (in watter vorm oek) te help bevorder teen vreemde o'erheersing. ‘Né, ek het ni daarop gelet, of daaran gedenk ni; mar seker is dit, dat di Taalkongres di anleiding was, waarom ek di Theses opgestel het, om daarmé by myn afwesigheid di standpunt van ons voorstanders van “Afrikaans as Volkstaal” duidelik bloot te lê.’ Dit was omtrent myn antwoord. En daarop sê myn vrind: ‘Ja, mar di Stellinge is nou al 3 maande voor di publiik, en nimand is nog opgestaan om dit te bestry ni. Dit lyk of ons teenparty dit wil doodswyg. Mar ons vrinde van verskillende kante spreek di wens uit, dat jy di Stellinge ver ons nader moet verklaar, toelig, en toepas in 'n boeki.’ ‘Dit sal ek perbeer, so gou as ek daarvoor kan tyd kry. Mar julle moet ni te veul van my alleen verwag ni. Om di taalwette van 'n taal na te spoor; om dus 'n spreektaal in di vorm van 'n skryftaal te breng; is ni werk van één man ni. In England, Duitsland, Frankryk, België, oral is Vereniginge, wat ten doel het om nog gedurig di skryftaal na di spreektaal te hervorm en daaruit te verryk. Di Taalkongres het di kwessi: wat ons eintlik hiir met Volkstaal bedoel, ni wil in behandeling neem ni. Daar is hiir 3 partye: - | |||||||||||||||||
[pagina VI]
| |||||||||||||||||
‘Di opgerigte Taalbond werk nou, soos dit lyk, tussen nommer 2 en 3 in. Ver my lyk dit nou, ons moet hulle help so veul as ons kan, want al wat hulle win of behou is ons erfgoed.Ga naar voetnoot* Mar ons het buitendien 'n grote werk, waarin alle voorstanders van Afrikaans di hande moet ineenslaan. Di werk is: -
‘Daar is 'n groot werk ver ons, as ons ons standpunt wil handhawe. Dit lyk ver my di maniir, hoe ons dit moet anvat. Mar in elk geval, daar moet algemene samewerking wees.’Ga naar voetnoot† Op di maniir geef ek toen meteen an myn vrind wat ek o'er di saak al di tyd gedenk het. ‘Kostelik!’ sê hy, ‘kostelik! Mar begin nou mar eens met di boeki. Soos dit klaar is sal ons dit versprei, en dan verder werk.’ En daar is meteen di anleiding tot di boeki. Mag dit tot behoud en bevordering van onse diirbare Moedertaal strek! |