Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Winternag O koud is die windjie en skraal, En blink in die doflig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande. O treurig die wysie op die ooswind se maat, soos die lied van 'n meisie in haar liefde verlaat. [pagina 1014] [p. 1014] In elk' grashalm se vou blink 'n druppel van dou, en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou! Vorige Volgende