Letterkundig woordenboek voor Noord en Zuid(1952)–K. ter Laan– Auteursrecht onbekend Vorige Volgende [Die Stem van Suid-Afrika] Stem van Suid-Afrika, Die -, het Zuid-afrikaanse volkslied van Langenhoven: Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see, Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee, Deur ons vér verlate vlaktes met die kreun van ossewa Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika. Ons sal antwoord op jou roep-stem, ons sal offer wat jij vra: Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika. In die songloed van ons somer, In ons winternagse kou, In die lente van ons liefde, In die lanfer van ons rou, By die klink van huwliksklokkies, By die kluitklap op die kis, Streel jou stem ons nooit verniet nie, Weet jy waar jou kinders is. Op jou roep seg ons nooit nee nie, Seg ons altyd, altyd ja: Om te lewe, om te sterwe, Ja ons kom, Suid-Afrika. Vorige Volgende