| |
B.
BAADJIE: Iemand op sy baadjie gee: Iemand 'n pak slae gee: To dust one's jacket.
Baadjie uittrek: Hard werk of klaar maak om te baklei: To set to work or to fight.
Sy baadjie vir 'n ander uittrek: Baie goedhartig wees: To be very kindhearted. |
| |
| |
BAAN: Baan maak: Plek maak, opsy gaan: To make room.
Baan breek: Nuwe paaie oopmaak: To pave the way.
'n Baan opskop: Lawaai maak: To kick up a row.
Iets op die lang baan skuif: Iets onbepaald uitstel: To put off till doomsday. |
BAAR: Baar wees: Onervare, dom wees: To be inexperienced, stupid. |
BAARD: Vir die keiser se baard speel: Nie vir geld speel nie: To play for love.
Bietjie baard maar klipsteenhard: 'n Geslepe en ervare persoon: A shrewd fellow. (kyk Kalant.) |
BAAS: Baas bo baas: Gebruik as iemand wat graag baasspeel sy meerdere ontmoet: To meet one's match.
Altyd baasspeel: Altyd wil hê dat die ander vir sy wil moet buig: Always wanting to play the master.
Eers Baas en dan Klaas: Die meerdere moet eers gehelp word: First the master then the slave.
'n Baas maak 'n plaas: 'n Vlytige boer werk sy plaas op: A farm is practically made by the master. |
BAK: Bak en brou: Alles verknoei of bederf: To mess up things.
Bak en brou, om 'n saak reg te kry: Deur knoeiery probeer om 'n saak reg te kry: There was some underhand scheming in the matter.
Toe maar, môre bak Ma koekies: Aan 'n kind gesê wat aanhou neul oor iets, wat hy nie mag kry nie: To put a child off with fair promises.
Bak staan: Swaar kry, moeite doen: To persevere.
Vinnig by die bak, lui by die vak: Gebruik van 'n baie lui mens: Always ready to eat, but not always willing to work. |
BAKBOORD: Iemand van bakboord na stuurboord (bakpoort na stuurpoort) stuur: Iemand van die een plek na die ander stuur, sonder dat die persoon daardeur sy doel bereik: To send a person from pillar to post. |
BAKEN: Baken maak of steek: Van 'n perd afval: To fall from a horse.
Bakens versit: By die omstandighede aanpas; 'n nuwe rigting inslaan: To strike out a new line. |
BAKPOORT: Kyk Bakboord. |
BAKOOND: Sy sit op die bakoond: Gebruik van 'n oujongnooi: She is an old maid. |
BAKORE: Baie groot uitstaande ore: Protruding ears. |
BAL: Die bal misslaan: Hom misgis: To be mistaken.
Die bal aan rol sit: 'n Saak aan die gang sit: To set the ball rolling. |
| |
| |
BALIE: Tot die balie toegelaat word: Toegelaat word om as advokaat te praktiseer: To be called to the bar. |
BALJAAR: Lawaai maak: To play noisily. |
BALK: 'n Kruisie (strepie) aan die balk maak: Iets besonders opteken: To chalk up on the calender. |
BALSEM: Sy woorde was balsem in my wonde: Sy woorde het my getroos: His words comforted me. |
BAND: Uit die band spring: Onwettig word, uit beheer raak: To get out of control (hand).
Hy is die band van hulle almal: Hy oortref hulle almal: He surpasses them all. |
BANG: So bang vir iets as die duiwel vir 'n slypsteen: Baie bang vir iets wees: To be dead scared of something.
Beter bang (blo) Jan as dooi Jan: Dis beter om bang as onverskillig te wees: A live dog is better than a dead lion. |
BANK: Deur die bank: Sonder uitsondering: Without exception, as a rule.
So veilig soos die bank: Daar kan nie skade by kom nie: As good as the bank. |
BANKROT: Bankrot speel: Nie sy skuld meer kan betaal nie: To become bankrupt, insolvent. |
BARS: Al bars die bottel en al buig die fles: Al gebeur wat ook, dit moet: By hook or by crook. |
BAS: Iemand op sy bas gee: Hom 'n pak slae gee: To give someone a hiding. |
BASTA: Hou op! Dis genoeg! Stop that! |
BEDANK: Wat jy bedank is jy kwyt: Wat iemand nie wou gehad het nie, kry hy nie weer nie: What one refuses, one loses. |
BED: Dit sit my in die bed: Ek kan dit nie begryp (verstaan) nie: That beats me hollow.
Soos jy jou bed maak, so sal jy gaan slaap: 'n Mens dra die gevolge van sy dade: As you sow, so you shall reap; as you make your bed, so must you lie in it. |
BEDELAAR: 'n Bedelaar het g'n keuse nie: 'n Arm man moet neem wat hy kan kry: hy kan nie uitsoek nie: Beggars cannot be choosers. |
BEDELSTAF: Tot die bedelstaf geraak: Tot die diepste armoede verval: To be reduced to beggary. |
BEELD: 'n Beeld van 'n meisie: 'n Baie mooi meisie: A perfect beauty. |
BEEN: Iemand se been trek: Iemand pla of iemand iets probeer wysmaak, wat nie so is nie: To pull one's leg.
Iemand op een beentjie laat spring: Iemand 'n pak slae gee: To give someone a hiding.
|
| |
| |
Met die verkeerde been uit die kooi klim: Vroeg in die môre al nukkerig wees: To get out of bed with the wrong foot foremost; to get out of bed the wrong way.
'n Leër op die been bring: 'n Leër byeen bring: To raise an army.
Deur murg (merg) en been gaan: Dwarsdeur 'n mens gaan: To the marrow of one's bones.
Nie op een been(tjie) kan staan nie: Dronk wees: To be intoxicated.
Weer op die been wees: Weer herstel wees: To have recovered.
Beenaf wees op die nooi; sy been breek: Verlief wees op 'n nooi: To be in love with a girl.
Die beste beentjie voorsit: Sy uiterste bes doen: To put one's best leg foremost.
Op sy eie bene (pote) staan: Sy eie pad deur die wêreld veg: To have to fight one's own battle.
Sterk bene kan alleen die weelde dra: 'n Rykman staan bloot aan swaar versoekings: It requires strong legs to carry wealth.
Sy bene dra: Vinnig weghardloop: To take to one's heels.
Ou bene kou: Oor onaangename sake wat lankal verby is, praat: To rake up unpleasant bygones.
Hy het al baie harde (ou) bene gekou: Hy het al baie swaar gekry: He has already suffered many hardships, set-backs.
Iemand sal nie ou bene maak nie: Hy sal nie oud word nie: He will not live to an old age. |
BEER: Moenie die beer se vel verkoop, voordat hy geskiet is nie: Moenie op iets staatmaak, voordat jy heeltemal seker daarvan is nie: Don't count your chickens before they are hatched. |
BEES: Hy maak 'n bees van homself: Hy gedra hom sleg: He makes a beast of himself.
'n Bees van 'n krokodil ens.: 'n Besonder groot krokodil: A giant of a crocodile. |
BEET: Iemand beet hê of beet neem: Iemand bedrieg: To take in a person. |
BEFLITTIEKONFLEKS: Uit order: Out of tune (used of instruments.) |
BEGEEF: My kragte begeef my: Verminder, laat my in die steek: My strength fails me. |
BEGIN: 'n Goeie begin is halfpad gewin: As 'n mens fluks begin, is die werk gou klaar: Well begun is half done.
Klein begin, aanhou win: Volharding bring sukses al
|
| |
| |
het 'n mens 'n nietige begin gemaak: Perseverance brings success even though the beginning be insignificant.
'n Goeie begin sit voordeel in: As 'n mens goed begin, kan hy sukses verwag: A good beginning may bring success.
Waar 'n begin is, is 'n end: As 'n mens eers 'n saak begin het dan kan hy ook verwag om klaar te kry: Where there is a beginning, there is an end. |
BEGRAFNIS: Te laat vir sy eie begrafnis wees: Word van 'n baie stadige persoon gesê, wat altyd laat is: Too slow to catch a snail. |
BEGRYPER: 'n Goeie begryper (begrip) het maar 'n halwe woord nodig: Aan iemand wat gou verstaan, is dit nie nodig om die hele saak uiteen te sit nie: A nod is as good as a wink. |
BEK: kyk Mond. |
BEKAF: Iemand is bekaf: Hy is doodmoeg, terneergedruk: To be very tired, down in the dumps. |
BEKER: Iemand loop vir die beker: Hy doen sy uiterste bes: He strains every nerve. |
BEKOMS: Sy bekoms eet: Heeltemal genoeg eet: To eat to satiety. |
BEKPRATER: Iemand is sommer 'n bekprater: 'n Spogger: He is a braggart. |
BELOFTE: Belofte maak skuld, (wie daarop wag is gekuld): Iemand moet sy beloftes nakom: Keep your promises. |
BENUL: Nie 'n benul van iets hê nie: Niks daarvan weet nie; iets nie verstaan nie: Not to have the least notion of something. |
BENY: Beter beny as beklaag: Beny te word oor sukses is beter as om beklaag te word oor teenspoed: It is better to be envied than pitied. |
BERDE: 'n Saak te berde bring: 'n Saak vir bespreking opbring: To broach a subject. |
BERG: Iemand maak 'n berg van 'n molshoop: Hy oordryf 'n saak baie: To exaggerate very much.
Sy hare het te berge gerys: Gesê van iemand wat baie groot skrik: His hair stood on end.
Iemand goue berge beloof: Hy het my die mooiste beloftes gemaak: To promise one mountains of gold.
Berge versit: Baie uitrig: To move mountains. |
BEROOF: Iemand is van sy sinne beroof: Iemand is nie by sy volle verstand nie: To be deprived of one's senses. |
BEROU: Berou is 'n goeie ding, maar hy kom altyd te laat: 'n Mens het spyt oor 'n saak as daar niks meer aan verhelp kan word nie: Remorse comes too late. |
| |
| |
BESEM: 'n Nuwe besem vee skoon: 'n Nuwe werk word altyd met ywer aangepak, maar dis nie 'n waarborg, dat dit so sal aanhou nie: New brooms sweep clean.
Onder die besemstok steek: Gewoonlik gebruik van 'n vrou wat haar man slaan: To give a hiding, generally applied to a wife who chastises her husband.
Die man staan onder die besemstok: Sy vrou is baas oor hom: He is a henpecked husband. |
BESIN: Besin eer jy begin: Dink goed voor jy handel: Look before you leap. |
BESKIMMELD: Skaam, verleë (kinders): Shy, timid. |
BESLAAN: Goed beslaan wees: Deeglik voorberei wees: To be very well prepared. |
BESLAG: Beslag lê op iemand se goed: Iemand anders se besittings in naam van die wet b.v. in beskerming neem: To seize.
Sy beslag kry: Tot stand gekom het; klaar wees: To be settled. |
BESTAND: Bestand wees teen: Teen iets of iemand kan standhou: To be a match for. |
BESWIL: Vir iemand se eie beswil: In iemand se belang: In your best interests. |
BETAKEL: Mors, vuil maak: To mess, to soil. |
BETER: Soek beter en kry slegter: Gebruik van iemand wat nooit tevrede is nie: To go through a wood and pick up a crooked stick. Aim at a pigeon - hit a crow. |
BETERWETE: Teen sy beterwete: Teen sy eie oortuiging: Against his own conviction. |
BETREK: Iemand (iets) betrek: Onverwags aanval: To trick a person (thing). |
BETREKKING: Betrekking op iets hê: Dit staan in verband met iets: To bear a relation to. |
BEVANGE: 'n Perd bevange ry: Styf gery: To founder a horse. |
BEWIMPEL: 'n Saak bewimpel: Nie ronduit met die waarheid voor die dag kom nie: To mince matters. |
BEWIND: Aan die bewind sit: Aan die hoof van sake staan: To be at the head of affairs. |
BEWYSIE: Daar is geen bewysie van nie: Daar is nie die minste teken nie: There is not the slightest sign. |
BIED: Weerstand bied: Verset teen: To offer resistance. |
BIETJIE: Alle bietjies help: 'n Mens moenie die klein dingetjies verag nie: Many a little makes a mickle. |
BILIAMSESEL: 'n Mishandelde trekdier: Balaam's ass. |
BINNEVET: Iemand teer op sy binnevet: Iemand leef van sy kapitaal: To draw on one's capital. |
| |
| |
BITTER: Bitter in die mond maak die hart gesond: Medisyne wat sleg smaak is baie goed: Bitter pills may have sweet effects. |
BITTEREINDER: 'n Persoon wat tot die end toe volhard het in sy plig: One who has persevered till the bitter end. |
BLAADJIE: In 'n goeie blaadjie staan by iemand: In sy guns wees: To be in someone's good books.
'n Nuwe blaadjie omslaan: 'n Beter begin maak: To turn over a new leaf. |
BLAAS: Laat blaas: Laat asemskep: To rest a while. |
BLAF: Moenie te hard blaf nie: Moenie so groot praat nie: Do not brag. |
BLES: As ek dit doen dan is my naam Bles: Ek is nie so dwaas om so iets te doen nie: I am no fool to do such a thing; ‘I am blowed if I do such a thing.’ |
BLIK: Sonder blik of bloos: Sonder om enigsins skaam te wees: To do something bare faced.
Sonder blik wees: Sonder geld: To be without money. |
BLIKKANTIEN: Dis die laaste sien van die blikkantien: Gebruik van iemand wat stilweg, spoorloos verdwyn: To take French leave. |
BLIKKIES: Dit gaan jou blikkies: Tot siens; dit gaan jou goed: So long! Farewell! |
BLIKBORD: Iemand het 'n blikbord voor sy kop: Hy is onbeskaamd: He is impudent. |
BLIKOOR: 'n Bynaam vir 'n Vrystater: A nickname for a Free Stater. |
BLIND: Een blinde kan nie 'n ander blinde lei nie: Een onkundige persoon kan nie 'n andereen wat ook niks weet, help nie: The blind cannot lead the blind.
In die land van die blindes is eenoog koning: Onder dommes is 'n halfgeleerde 'n groot man: In the land of the blind the one-eyed is king.
Niemand is so blind as wie nie wil sien nie: Gesê van iemand wat hom nie laat oortuig nie: None so blind as those who won't see. |
BLINK: Iets van die blink kant kyk: Iets van die mooiste kant beskou: To see something with rose-coloured glasses. |
BLITS: Soos 'n makgemaakte (vetgesmeerde) blits loop: Gesê van iemand wat baie vinnig hardloop: To run like greased lightning. |
BLO: kyk Bang. |
| |
| |
BLOED: Bloed is dikker as water: 'n Mens voel meer vir sy famielie as vir vreemdes: Blood is thicker than water.
Kwaad bloed sit: Ongenoeë veroorsaak: To breed ill blood.
Bloed kruip, waar dit nie kan gaan (loop) nie: Vir bloedverwante doen 'n mens altyd meer as vir ander: Blood is thicker than water.
Bloed uit 'n klip wil tap: Die onmoontlike probeer doen; te veel eis: To try the impossible; to exact too much. |
BLOEDLAAT: Iemand bloedlaat: Iemand baie laat betaal: To bleed. |
'N BLOEDSUIER: Iemand wat uit 'n ander voordeel wil trek: A leech; a shark. |
BLOK: 'n Blok aan sy been hê: Belemmerd wees in sy handelinge: To be very much handicapped. |
BLOM: 'n Blom maak: Baie goed doen: To do exceptionally well. |
BLOU: Iemand blou-bont (pimpel en pers) slaan: Iemand 'n pak slae gee: To give a person a severe hiding.
Iets blou-blou laat bly: Daar nie meer oor praat nie: Let bygones be bygones.
'n Blou Maandag: 'n Dag waarop alles verkeerd loop: Black Monday.
Elke blou Maandag: Kort-kort: Very often.
Ek was maar 'n blou Maandag daar: Vir 'n kort tydjie: For a very short time.
'n Blou skeen kry: By 'n huweliksaansoek afgewys word: To be refused. |
BLOUBOONTJIES: Die vyand blouboontjies gee: Op hulle skiet: To give them a leaden pill (i.e. a bullet). |
BLOUBOTTEL: Die bloubottel: Kasterolie: Castor oil. |
BLOUTJIE: 'n Bloutjie loop ('n Blou skeen kry): Gesê van 'n persoon wie se huweliksaansoek deur 'n meisie van die hand gewys is: To meet with a refusal. |
BLUS: Sy blus is uit: Hy is heeltemal moeg, uitgeput: To be totally exhausted. |
BO: Bo water wees: 'n Onbesorgde bestaan lei; hy het sy moeilikhede oorwen; het geld: To be well-to-do; to have overcome one's difficulties. |
BOBAAS: Bobaas wees: Die ander oortref:: To be top-dog. |
| |
| |
BOBBEJAAN: Hulle is bobbejane: Hulle is baie dom: They are a lot of sheep.
Die bobbejaan agter die bult gaan haal: Moeilikhede tegemoet loop: To meet troubles halfway.
Jy is 'n mooi bobbejaan!: Moenie glo nie!; dis nie so nie!: I don't think!
Bobbejaanhartseer: Geveinsde smart of berou: Crocodile tears.
Bobbejaanstuipe kry: Besonder kwaad of ontevrede wees: To get the fits. |
BOE: Nie boe of ba kan sê nie: Nie 'n woord kan sê nie: Not able to say boo to a goose. |
BOEDEL: Boedel oorgee: Bankrot wees; opbring: To be bankrupt; to vomit. |
BOEG: Oor een boeg werk: Sonder ophou werk: To work without a break.
Oor 'n ander boeg gooi: 'n Ander draai aan 'n saak gee, om sy doel te bereik: To go on another track.
Iemand werk hom boeglam: Heeltemal gedaan: He works till he is dead beat. |
BOEK: Hy is vir my 'n geslote boek: Ek begryp hom gladnie: He is as a sealed (closed) book to me.
Spreek (praat) soos 'n boek: Dit is vanselfsprekend: To speak like a book.
Dit is nou 'n boek: Dit is nou seker; dis ongetwyfeld so: That is a dead certainty.
Iets te boek stel: Dit opskryf: To commit something to paper.
Ander mense se boeke (briewe) is duister om te lees: Dit is moeilik om 'n ander mens se sake te verstaan: The troubles of others are not easily sounded.
Boeke vat: Huisgodsdiens hou: To have devotions.
Buite sy boekie gaan: Dinge doen wat hom nie opgedra is nie: To go beyond one's orders.
'n Boekie oopmaak oor iemand: Klagte hê om in te dien oor iemand: To have complaints to lodge against someone.
Iemand se boekie is vol: Dit is nou tyd dat hy van al die baie verkeerde dinge wat hy gedoen het rekenskap gee: To be called to account for one's misdeeds.
Iemand het baie op sy boekie: Hy het baie kwaad gedoen: He has committed many evil deeds. |
BOEL: 'n Hele boel: 'n Groot klomp: A big lot.
Boel prys sy eie stert: Van iemand gesê wat homself prys: To blow one's own trumpet. |
| |
| |
BOER: Iewers boer: Baie kom by 'n plek: To visit a place very frequently.
Die boer die kuns afvra: Probeer om 'n geheim uit te vind: To try to find out a secret. |
BOERDERY: Jou met jou eie boerdery besig hou: Jou nie met 'n ander man se sake bemoei nie: To mind your own business. |
BOEREMATRIEK: Aanneming tot lidmaat: Confirmation. |
BOG: Bog praat (verkoop): Onsin praat: To talk nonsense.
Iemand is 'n bog: 'n Niksbeduidende persoon: A milksop. |
BOGGELTJIE: Iemand lag hom 'n boggeltjie (met 'n skuifraampie): Hy lag baie lekker: To laugh oneself limp. |
BOHAAI: Bohaai (hohaai) maak: 'n Onnodige lawaai oor 'n nietige saak maak: To make a fuss over an unimportant thing. |
BOK: 'n Bok skiet (sonder kruit): 'n Groot fout maak: To make a blunder.
Hy is bok op die muur: Hy is neutraal: He is neutral.
'n Ou bok lus ook nog 'n groen blaartjie: 'n Ouerige mens hou ook van iets lekkers (gewoonlik ou mans en meisies): He hasn't cast his colt's tooth yet; he still has a sweet tooth.
Maer bokke dip: Kinders slaan: To punish children.
Bokhorings maak: Sweer: To take an oath.
So bang soos 'n bok vir 'n skoot hael: Baie bang: To be very much afraid of.... |
BOKERF: Bokerf trek: Baie swaar kry: To be in sore straits. |
BOKKNIEË: Gesê van b.v. 'n broek wat nog die knieformasie het, al staan 'n mens al: Baggy-kneed trousers. |
BOKKOM: Bokkom braai: 'n Teken van bekwaamheid of behendigheid: A capable person. |
BOKSPRING: Bokspringe maak: Allerlei ekskusies maak om uit 'n moeilikheid te kom: To seek for excuses.
Jy sal bokspring: Jy sal 'n pak slae kry: You will get a hiding.
Hy bokspring vandag weer: Hy spog: He shows off. |
BOKVELD: Iemand is bokveld-toe: Hy is dood: He is dead. |
BOKWA: 'n Mens kan met 'n bokwa en 'n lang span osse daarin draai: Dit is groot; daar is ruimte: There is ample room. |
BOKWA-TOESPRAAK: 'n Toespraak wat van 'n wa gehou word, veral gedurende verkiesingstye: An election speech. |
BOKWAGTER: Bokwagter word: 'n Ou jongnooi begin te word: To approach old maidenhood. |
| |
| |
BOLMAKIESIE: Bolmakiesie (bollemakiesie) slaan: Skielik van standpunt verander: To change front suddenly. |
BONE: Iemand is in die bone: Iemand is in moeilikheid: To be in trouble. |
BONT: Dit te bont maak: Dit te erg maak: To make things too awkward.
Sy bont varkie is weg: Hy is taamlik mal: He has a screw loose.
'n Bontetjie wees: Gesê van iets of iemand wat die ander oortref: To be cock of the walk. |
BOOG: Die boog kan nie altyd gespan wees nie: 'n Mens kan nie altyd besig wees nie: One must relax from time to time; the string, always strained, snaps at last. |
BOOM: Tussen die boom en die bas: Nie goed nie, ook nie sleg nie; nie aan 'n besondere politieke party behoort nie: Betwixt and between.
Aan die vrugte ken 'n mens die boom: 'n Mens se karakter kom in sy dade uit: The tree is known by its fruit.
Algar moenie in een boom nes maak nie: Die kinders uit een huis moenie net met die kinders uit 'n ander huis wil trou nie: There should not be to much intermarriage between two families.
Planne die boom inslaan: Planne verydel: To frustrate plans.
Buig die boompie solank as hy nog jonk is: As die kind nog jonk is moet 'n mens goeie karaktertrekke by hom aankweek: Bend the twig while it is still tender.
Hoë bome vang baie wind: Persone in 'n vername posiesie word baie gekritiseer: High winds blow on high hills.
Deur die bome die bos nie sien nie: Die hoofsaak uit die oog verloor deur te veel op die onderdele te let: Not to see the wood for the trees. |
BOOMSKRAAP: Dit het boomskraap gegaan: Dit het swaar gegaan: It was done with difficulty.
Boomskraap wees: Gladnie meer geld hê nie: To be hardup. |
BOONTJIE: Boontjie kom om sy loontjie: Kwaad word altyd gestraf: Curses come home to roost.
Boontjie kry sy loontjie: Elkeen kry sy verdiende loon: Every dog has his day. |
BOORD: Oor boord gooi: Laat staan, opgee: To cast overboard. |
BORDJIE: Die bordjie is verhang: Die toestand is heeltemal verander: The tables are turned. |
| |
| |
BORS: Dit stuit my teen die bors: Dit mishaag my: It goes against the grain. |
BORSEL: Iemand borsel: Uitdrukking deur studente gebruik as hulle een van hulle onder die plathand laat deurloop: A form of punishment amongst students. |
BOS: Om die bos (tuin) lei: Iemand bedrieg: To deceive a person.
Sy soort kan jy agter elke bos (klip) uitskop: Sy soort is baie volop: There is plenty of his sort. |
BOSSIES: Werk soos bossies: Besonder baie werk: Very much work. |
BOTTEL: Iemand kyk in die bottel: Hy drink: He is addicted to drink. |
BOTTER: So maklik soos botter en brood: Baie maklik: It is mere child's play.
Dit is botter aan die galg gesmeer: Dit is vergeefse moeite: That is to milk the ram; or to plough the sand.
Die botter het alleen geslaap: Gesê as botter baie hard is: The cold has made the butter hard.
(Al vier-en-twintig) In die botter geval: 'n Groot geluk oorkom: To come in pudding-time.
Botter by die vis: Kontant betaal: Cash down.
Botter smelt nie in sy mond nie: 'n Mens sou dink dat hy doodonskuldig is en tog is hy tot allerhande kattekwaad in staat: Butter won't melt in his mouth.
Botterkop: Domkop: Blockhead.
Botterkoppie: 'n Klein soort muiltjie: A small kind of mule. |
BRAAK: Braak lê: Onbewerk: To lie fallow. |
BRAK: Hoe kleiner brak, hoe groter geraas: Iemand wat niks kan doen nie praat altyd die meeste: Empty vessels make most sound. |
BRAND: Ons sit in die brand: Ons is in 'n moeilikheid: We are in a fix.
Die koei het in die brand geloop: Word gesê as iemand g'n melk het nie, en jou swart koffie gee, d.i. die koeie wat in die swartbrand loop, gee swart melk: We have no milk to serve with the coffee. |
BRANDER: Iemand 'n brander (uitbrander) stuur: Hom per brief skerp berispe: To rebuke a person. |
BRANDMERK: Iemand brandmerk vir iets: Iemand as die skuldige beskou: To impute a thing to someone. |
BRANDWAG: Brandwag staan: Die beste belange bewaak; wakker wees: To guard one's interests most diligently; to be on the look-out. |
| |
| |
BREED: Dit nie breed hê nie: Maar arm wees: To be hardly able to make both ends meet.
Breed aanvoor: 'n Te groot begin maak: To begin on too large a scale. |
BREEK: Nood breek wet: Die nood dwing 'n mens partymaal tot 'n verkeerde daad: Necessity knows no law. |
BREKFIS: Dit is net 'n brekfis vir my: Dit is 'n kleinigheid: It is a mere trifle. |
BRES: In die bres tree vir iemand: Iemand verdedig: To stand in the breach. |
BRIEF: 'n Anderman se briewe (boeke) is duister om te lees: Ons kan nooit presies sê wat die moeilikhede of hoe die sake van 'n ander is nie: No one knows where the shoe pinches like the wearer. |
BRIEK: Iemand se briek aandraai: Iemand dwing om nie so haastig met 'n saak te werk te gaan nie: To curb.
Sy briek is los: Deur eie skuld gaan sy sake vinnig agteruit: He is causing his own fall. |
BRIL: Twee Jode weet wat 'n bril kos: Skelms ken mekaar se streke: Set a thief to catch a thief.
Iemand 'n bril op die neus sit: Hom bedrieg: To cheat a person. |
BRING: Iemand om die lewe bring: Doodmaak: To kill a person.
Iemand na die trein bring: Meegaan na die trein as hy moet vertrek: To see someone off.
Iemand tot sy plig bring: Hom iets afleer: To teach a person his duty.
Iets aan die man bring: Verkoop of meedeel: To sell or communicate something.
Onder die oog bring: Iemand op iets verkeerds wys; hom waarsku: To bring it under someone's notice. |
BROEK: Ek voel dit aan my broek se naat: Ek is seker daarvan: I feel it in my bones.
Dit het broekskeur gegaan: Dit het baie swaar gegaan: By the skin of one's teeth.
Hy is ook net man omdat hy broek dra: Hy beteken nie veel nie; 'n mens kan nie op hom staatmaak nie: He is a milksop.
Die broek dra: Die baas speel: To wear the breeches, (of a wife who rules her husband).
Sy broekspype speel ghitaar: Hy is in die nood: He is very much afraid. |
BROERTJIE: Aan werk het hy 'n broertjie dood: Hy haat werk: He hates work. |
| |
| |
BROOD: Werp u brood op die waters: Doen goed, sonder om beloning te verwag: Cast thy bread upon the waters.
'n Mens kan nie alleen van brood lewe nie: Die geestelike is meer as die stoflike: Man shall not live by bread alone.
By gebrek aan brood eet 'n mens korsies van pastei: As 'n mens 'n nietige iets, wat hy nodig het, nie besit nie, dan moet hy dikwels iets van baie groter waarde in die plek daarvan gebruik: If water cannot be had we must make shift with wine.
Iemand se brood uit sy mond neem: Iemand van sy middele van bestaan berowe: To take bread out of a person's mouth.
Hy verdien sy brood (sout): Hy kan van sy werk leef: He earns a living.
Die een se dood is 'n ander se brood: Die dood of ondergang van een persoon is die verheffing van 'n ander: One man's meat is another man's poison.
Wie se brood 'n mens eet, die se woord 'n mens spreek; wiens brood men eet, diens woord men spreek: 'n Mens spreek sy meester nie teë nie: Do not quarrel with your bread and butter.
Soet (mooi, wit) broodjies bak: Gedwee en inskiklik wees, nadat jy jou oor 'n ander sterk uitgelaat het: To eat humble-pie.
Dit is broodnodig: Baie nodig: It is indispensable.
Broodrug maak: Gebruik van 'n perd wat wil spring: |
BRUID: Die bruid is in die skuit, nou is die mooi praatjies uit: Na die huwelik kom daar 'n end aan die mooi praatjies, komplimente en vleiery: All sweet promises end with the day of marriage. |
BUFFEL: Iemand is 'n buffel: Gesê van 'n onbeskofte vent: He is a rude fellow. |
BUI: In 'n goeie bui wees: Goed gehumeur wees: To be in a good mood. |
BUIG: Buig of bars: Dit moet, al kom wat wil: By hook or by crook. |
BUIKVOL: Buikvol wees van iets: Genoeg van iets hê: I am sick of it. |
BUITE: Hom te buite gaan: In iets nie sy maat ken nie: To overdo something. |
BUL: Soos 'n bul in 'n glashuis (glaaskas): Gebruik van iemand wat hom op 'n seker plek nie tuis voel nie: Like a bull in a china-shop.
|
| |
| |
Pak die bul by die horings: Gebruik die geleentheid; handel dadelik: Take time by the forelock. |
BULLEBAK: Iemand is 'n bullebak: 'n Nors, onbeleefde vent: He is a surly person, a bully. |
BYLTJIE: Die byltjie daarby neerlê: Ophou daarmee: To throw up the sponge. |
BYSPRING: Iemand byspring: Iemand help: To lend a hand. |
BYSTER: Die spoor byster wees: Van die spoor verdwaal wees: To be at a loss. |
BYT: Iemand in die stof laat byt: Hom doodskiet in 'n geveg: To kill a person in a battle; to make him bite the dust. |
|
|