Gedigte
(1920)–A.D. Keet– Auteursrecht onbekend
[pagina 78]
| |
Op 'n koppieO stille, stille eensaamheid,
Met niemand vir geselligheid!
Met koggelmanners, ongestoor,
Wat niks verstaan, al kan hul hoor;
Wat kruip en klouter en krijoel
Op kale klippe, waar hul voel
Hoe sag die soele son kan streel -
Dis of die son hul nooit verveel....
O wilde, woeste weeldrigheid
Van klippers vir geselligheid!
En hier en daar, 'n bruine blaar
Wat smagtend na 'n reënwolk staar....
En al die koppies wijd versprei
Alsof die Skepper, met sij klei
Die kale vlakte wou versier
Met koppies-kruine, fraai en fier!
Verwijder van die stadsgedreun,
En elke bittere smartgekreun,
Het hul al ooit vir hulle gesteur
Aan ièts wat hier op aard gebeur?
| |
[pagina 79]
| |
Vèr van die harde lewenstrijd -
Behalwe in die OorlogstijdGa naar voetnoot*) -
Staan hul so onverskillig stil;
Maar toè hoor hul die Dood se gil!
Daar ginder ver, daar lê begraaf,
Haas onbekend, klein Danie Graaff.
Die blote hemel was sij tent,
'n Koppie is sij monument.
Maar in mij hart sal hij steeds leef
Want hij het àlles prijsgegeef.
En Vrijheid hou oor hom haar wag,
Beskermer van 'n groot geslag!
O stille, soete eensaamheid,
Met helde vir geselligheid!
|
|