Die kwaaie huishoudster
(1918)–Melt Brink– Auteursrecht onbekend
[pagina 24]
| |
Hans.
Nee, sij sit nog bij die stasie.
Klaas.
Waarom het jij haar nie saamgebring nie?
Hans.
Om sij nie saam het wil kom nie. Die ou mens is so eiewijs als 'n eselmerrie!... Ek het haar goed so mooi op die kruiwaantjie gepak en toe gesê dat sij daar bo-op moet gaan sit, want dit is meneer se order, dat ek haar mee na huis toe moet rij.
Klaas.
Maar Hans,... is jij nou heeltemaal mal, om haar op die kruiwa te wil pak?
Hans.
(Onnosel). Kijk! Hoe dan? Meneer het tog gesê dat ek vir haar en haar goed met die kruiwaantjie hier na toe moet bring! Maar die ouvrouw het woedend gewees. Sij het nie wil opklim nie. Ek sê vir haar: ‘Ou juffer, dit is meneer se order.’ Wat! skree sij, ou juffer? Die duiwel is oud, maar ek nie!... Nou, wat jij ook al mag wees, sê ek, dit is meneer se order om jou met die kruiwaantjie saam te bring! Watter reg het jouw baas, om mij nes 'n bondel goed, op die kruiwa te wil gooi? Maak dat jij onder mijn oë uit kom!... sê sij. Nee, ou juffer, antwoord ek, jij moet meegaan. Wat! roep sij, wil jij vir mij dwing?... Ek is 'n fatsoenlike vrouw! en sê jij vir jouw meneer dat, als hij nie self kan kom nie, hij iemand moet stuur, wat fatsoenlik is, om mij na sijn huis te gelei!
| |
[pagina 25]
| |
Klaas.
(Dink na). So, so... dan lijk dit of sij ook nie op haar mond geval is!
(Tot Hans). Jij praat al van 'n oue juffer, is sij dan nie meer jong nie?...
Hans.
Nee ah!... sij lijk net of sij uit Noach se ark gekom het, en sij is net so vol rimpels, als 'n haaivel! - Haar oë kijk so vinnig als 'n kat sijne; sij dra 'n groot sambreel in haar hand en het 'n hoedjie op wat net soos 'n tentwa lijk.
Klaas.
Het jij haar dan nie gesê om maar saam met jou te loop nie?
Hans.
Ja, dit het ek, en toe sij nie wil nie, het ek haar aan die arm geneem en gesê: Jij moet saam kom, dis meneer se order! Maar toe grijp sij die sambreel en hou mij daarmee oor mijn kop en arme, so dat ek moes los laat.
(Hij vrijf sijn arm).
Klaas.
(Skud sijn kop). Dit is snaaks en lijk maar 'n slegte voorteken.
(Tot Hans). Loop set die koffer waar ek jou geseg het; is daar meer goed?
Hans.
Ja, nog 'n kis en 'n paar bondels.
(Af met die koffer, kom terug, loop oor die toneel en bring so al die goed weg).
| |
[pagina 26]
| |
Klaas.
(Loop onrustig op en neer). Ek wil tog nie hoop nie dat ek mij weer 'n kat in die sak gekoop het; als dit is, soos Hans sê, moet sij nogal gouw op haar perdjie wees; dit kan ook wees dat die domoor te brutaal was... Ek wens net dat Jan nou maar hier is, dan sal ek hom stuur om haar te haal; self wil ek nie gaan nie, ek moet tog toon dat ek meester is, en nie al te familiaar wees nie.
Hans.
(Nadat hij alles weggebring het). Meneer, sal ek nou met die leë kruiwa vir die ou siel gaan haal, en 'n kussen saam neem, waar sij op kan sit?
Klaas.
Als jij nog 'n keer op jouw pokkel wil hê, kan jij dit doen. Set die kruiwa maar weg en kijk of jij nie vir baas Jan sien nie.
Hans.
Daar is hij net.
(Af).
|
|