| |
Sesde toneel.
Klaas, Jan.
(Kom binne en gaan bij die tafel sit). Ek ontmoet daar juis vir oom Doris, hij sê dat hij hier vandaan kom.
Ja, hij was hier;... maar jij kom seker weer van Hester nie waar nie?
Ek kom daar net verbij toe ek haar in die tuin sien staan en so het ons effentjies staan praat.
Jan, wees tog verstandig en hoor na mijn raad! Laat die meisie staan, jij gaan jouw eie ongeluk soek.
| |
| |
Maar oompie! waarom is jij dan so danig daar op teë dat ek met Hester sal gaan trouw?
Ek is volstrek nie op haar teë nie, die meisie het mij geen kwaad gedoen nie, en op die oog lijk sij mij baje mooi, en goed ook; maar ek raai jou die trouwerij net af in jouw eie belang.
Maar ek begrijp nie waarom nie!
Omdat ek jammer is vir jou en jou nie so 'n sware lot wil laat ondergaan, soos ek onder mijn vrouw gehad het.
Ek weet; Oom het mij alles vertel; jij moet dit vreeslik swaar gehad het en ek voel regte jammer vir Oom.
En tog wil jij dit waag en jou ook in die ongeluk gaan stort.
Alle vrouwe sal tog nie soos tante Sabina wees nie. Sij is misskien één uit die duisend; dit sal Oom tog wel erken?
Ek wil dit nie bestrij nie. Maar dink tog aan die gevaar wat jij loop, als jij net so ene moet tref als ek. En wat sal jij dan begin?
| |
| |
(Vol vuur). Hester sal sekerlik nie so ene wees nie! Sij is die liefste, sagste en mooiste skepseltjie wat daar bestaan.
(Sag). Ag!... Dit het ek van Sabina ook gedink, toe ek op haar verlief was.
Iedereen kan aan Hester se ogies sien, dat sij sag en goed is.
Vóór ons trouwe, het Sabina haar oë halfpad toegeknijp van sagheid, maar na die tijd het sij mij so vinnig als 'n kwaaie mannetjieskat aangekijk.
Maar bij haar liewe ogies het Hester 'n stemmetjie so sag als dit van 'n skaaplammetjie.
In haar jongmeisie dae het Sabina so fluisterend gepraat als 'n rooibekkie vooltjie!... Maar toe sij mij eers beet gehad het, kan jij haar mijle ver hoor vloek en skree.
Hester is te weekhartig om 'n vlooitjie dood te knijp.
Sabina sou geen muggie van haar neus afblaas nie; maar na ons trouwe was geen besemstok dik genoeg vir mijn rug nie.
| |
| |
Als iemand 'n bietjie hard praat, gaan Hester op die vlug.
Als ek net maar vir mijn hond ‘Voetsek Philax’ geseg het, het Sabina gaan huil; maar na ons trouwe het sij 'n Hollandse matroos betaal, om vir haar skeldwoorde te leer, en dit na mijn kop te gooi.
Hester is so geduldig als 'n lammetjie, sij klaag nooit nie.
Moenie daarop bouw nie!... Sabina het weke lang met skoene geloop wat 'n duim te kort was vir haar voet, sonder eenmaal selfs ‘eina!’ te sê; maar naderhand het haar klaagliedere die van Jeremia tienmaal oortref.
(In vervoering). Dit is vir mij onmoontlik om vir Oom al die deugde van Hester te vertel, want sij is àl te lieflik... àl te mooi,... àl te goed, ag sij is kompleet 'n tortelduifie! Als ek met haar trouw, sal ek seker gelukkig wees.
(Skud sijn kop). Jan, Jan, kan niks jou dan oortuie nie? Sal jij, na al die ellende wat jij van mij gehoor het, dit nog wil waag om te trouw?
| |
| |
Seker Oom!... Ek sal mij geen oomblik bedink nie.
(Tersijde). O! die verblinde hardkop! wag... ek sal hom vastrek.
(Luid). Soos ek gesien het, hou jij veel van perde, nie waar nie?
Ja, daar is geen dier, wat ek meer van hou.
Jij handel al lang in perde en heb al veel gekoop en ook weer verkoop, nie waar nie?
(Verwonderd). Ja, dikwels al... Maar waarom kom Oom nou so opeens van vrouwe op perde?
Dit sal ek jou strakkies sê! Gee nou maar eers antwoord op wat ek vra...; jij het goed kennis van perde nie waar nie?
Ja, dit durf ek gerus sê.
En het jij jou nie al somtijds miskoop nie?
(Aarsel). Ja, dit het al 'n paar maal gebeur, dat ek mij miskoop het.
| |
| |
En wat doen jij dan met so'n perd wat nie deug nie?
Ek verkoop hom weer dadelik, al moet ek wat verloor.
(Verwonderd). Hoe meen Oom?
Wel, jouw perd wat nie deug nie, verkoop jij dadelik weer en dan is jij van hom af. Maar hoe nou met 'n vrouw? Haar kan jij nie weer verkoop nie; als jij haar eenmaal het, moet jij haar hou, of sij al goed is of nie. Het jij dit al bedink?
Nee, daaroor het ek nog nie mijn gedagte laat gaan nie, maar dit sal mij ook nie teëhou nie, want ek weet tog dat ek met Hester mij nie sal miskoop nie, sij is 'n àl te liewe engeltjie.
(Verstoord). Loop heen!... Jij is 'n onverbeterlike sondaar, en vir geen oortuiging vatbaar; jij verdien nie minder als net so gefop te word als ek.
Nou, ek sal dit tog maar met Hester waag.
| |
| |
Jij is 'n hardkop, Jan! Hoe is dit moontlik dat jij na al wat ek jou vertel het, nog wil gaan waag om te trouw?
Maar Oom! Als daar enkelde onder die vrouwe gevind word, wat hul waardigheid so uit die oog verloor en hulle als duiwelinne gedra, dan kan jij tog nie almaal gaan verag nie. Die meeste van die vrouwe is tog maar goeie en liewe engeltjies; dit kan jij tog nie ontken nie.
(Krap sijn kop). Jongelief, weet wat jij doen! Besin éér jij begin! onthou dat ek jou die trouwerij ten sterkste afraai.
Ek wil vir Oom nou maar net één vraag doen. Als iemand, toe jij gevrij het, vir jou die trouwe afgeraai het, sal Oom na hom geluister het?
(Verleë). Wel, dit sal moeilik wees om dit nou presies te sê; want als 'n mens verlief word, is jij gewoonlik drie kwart gek.
Nou wel, Oom, dan is ek seker tweemaal so gek, want ek is smoorlik verlief op mijn Hestertjie.
(Geërger). Nou, snij dan maar jou eie keel af. Die nie hoor wil nie, moet voel; en ek sê vir jou nou hier op die
| |
| |
plek, dat ek heeltemaal op jouw trouwerij teë is, en om jouw eie beswil mijn toestemming nie sal gee nie.
(Met 'n sug). Oom is tog àl te hard met mij; ... en ek voel regte hartseer; maar mijn Hester kan en sal ek nie opgee nie.
(Staan op en set sijn hoed op). Maar kom, dit is tijd om na mijn besigheid te gaan. Tot wederom, Oom.
(Jan af).
|
|