Eerste toneel.
Wetleer, Penveer.
(Op die regterstoel, sien 'n paar papiere deur, terwijl Penveer voor die tafel sit en skrijf).
Die saak wat vandag sal behandel word, is weer van Karlina Peperkop versus Jaap Peperkop, haar man, van wie sij egskeiding versoek.
Ja, U EdelAgbare. Dis nou al die vierde maal dat sij aansoek daarvoor doen.
Maar kan die vrouw dan nie oortuig word nie, dat die redes wat sij opgee ons geen reg gee, om die heilige huweliksband tussen haar en haar man somaar te verbreek nie?
Dit het ek vir haar gesê, toe sij weer daarom kom versoek; maar sij sê dat sij nou baje gegronde redes het.