Tirade. Jaargang 52 (nrs. 422-426)(2008)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 73] [p. 73] Elisabeth Eybers Jong seun Why were we crucified into sex? Why were we not left rounded off, and finished in ourselves? D.H. Lawrence Die seun klim druipend uit die bad, sy hele lyf is gaaf en glad en heel tot in die holte van sy nael waaroor 'n seepbel span. Strak ledemate, ribbekas hoekig en hard soos 'n kuras, handdoek in hand staan hy bereid, gerig en toegerus tot stryd. Tog, onvolkome afgerond, hoe sal die lewe hom nog wond: in sy Achilleskern vind hy geen beskutting - man of kind: geheg aan die benedebuik waar blink haarrankies reeds ontluik, deuraar, teer soos 'n ooglid, sag soos murg, hang weerloos die geslag. Vorige Volgende