Tirade. Jaargang 32 (nrs. 314-319)(1988)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 510] [p. 510] Elisabeth Eybers Eenling Daardie toetsende ontmoeting dien geen doel wat sinvol of agterna omskryfbaar lyk. Voetjie vir voetjie en omsigtig voel by na 'n ligtende punt waarvan by vermoed dáár sal miskien, soos op pad na Damaskus, blyk wat hom hierheen gedryf het en hoe dit nou verder moet. Sy stipte terugtuur op gister voorkom nie meer geheimsinnige voorskynsels van 'n volgende keer: wederkerigheid is iets wat sy droomlewe voed. [pagina 511] [p. 511] Daar is dae Daar is dae so dor dat jy dink hoe in godsnaam kan so iets bestaan, elke sterfleng sou in sy verbeelding alles doen om dit oor te slaan... Maar niks wat eenmaal gekom het is in staat om weer weg te gaan: aanvaar daardie dae soos kinders te onooglik vir enige baan behalwe om tot die einde hul stiefouers by te staan. Vorige Volgende