Tirade. Jaargang 32 (nrs. 314-319)
(1988)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 415]
| |
Elisabeth EybersMagnaatUit die staanspoor triomfgetrommel: laasgeborene, daarná
tussen kwispelende susters en 'n aanbiddende ma,
trotse erfgenaam van die patriargale vonk
met oordadig stralende ego wat stemmingsvol pronk.
Vergesel van 'n onweerlegbaar goedige riktusGa naar voetnoot* die tydige woordjie gerig aan ondergeskiktes
- dit wil sê byna iedereen - wat die rangordening beklink,
graaggelowiges magnetiseer wat hul gretig verbeel
dat húlle ook sy geseënde afglans mag deel
en die roekelose kans om trou daartoe by te dra
vanaf hierdie oomblik as soetste vervulling vra.
(Wie by ryper insien straks in dié roeping versuim
word ferm en vriendelik en herrieloos weggeruim,
kom êrens tereg, waarskynlik nie blywend vermink).
Pluk die dag word met die grootste gemak omgeset
in pluk alles wat enigsins binne bereik kom en let
veral op die lot van dié wat gelate wag
op wat 'n bedeling versprinkel. Pluk met gesag.
Kan die honger na méér 'n man ophits om só te leef?
Ja, dink hoeveel neonbeklemtoonde eer daaraan kleef,
dink ook aan die Engelse Oorlog: die seerste gemis
word pas deur gedrewe nakomelinge uitgewis.
Met derglike sterre mag ons vaderland blink
tot 'n nuwe gety van vereffening hulle versink.
| |
[pagina 416]
| |
Aan F.D.O die volmaakte saaklikheid van hiernamaalsvrye kremasie:
verdriet wordt gesteriliseer, herinnering programmaties verwerk,
die verlede rookloos verteer.
Later sal ons dit oor ons hart kry om te treur,
nou verstram ons tot outomate
eendragtig in massaverraad.
Op pad huis toe - diep in gedagte, opgelug en beskaamd -
raak ons boonop hopeloos verdwaal.
In die sondronk verwarring ontdek
ons die Nachtwachtlaan, nooit van gehoor,
vóór die volgende brug moet ons keer
om beter op bakens te let
wat lei na ons aardse verblyfplek
waar die naklank van jou lag
plotseling tóg word gered.
| |
[pagina 417]
| |
WeerkaatsingIn die windlose, wasige vroegoggendlig
staan die borne op die oorkantse wal
in verleë afsydigheid gehul.
Maar kyk, die metaalgladde watervlak stal
hulle onderstebo arabeskhelder uit,
aan onsigbare haarwortels hang hul gewig
met splitsende takwerk sekuur ingevul.
Op gietstaal die gitswart bevestiging
van ongedeerde identiteit:
afbeelding oortref weer die werklike ding.
|
|