Tirade. Jaargang 29 (nrs. 296-300)(1985)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 577] [p. 577] Elisabeth Eybers Gedicht Flits Wat altyd waar was word onontwykbaarder klaar: dat ons inkrimp en dat begeerte vergeestelik en dat die tyd sy gawes terugvorder en dat 'n klad van luisterloosheid oor die hede sprei en alleen ons eerste herinneringe veilig bly, dat die juk van gewoonte ons koppel, dat ons mekaar wie weet by gebrek aan beter moes aanvaar. En gedagtig aan die kille alternatief mompel ek skielik waaragtig ek het horn lief. Vorige Volgende