Tirade. Jaargang 4 (nrs. 37-48)(1960)– [tijdschrift] Tirade– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Drie gedichten door B.J. Toerien Aspekte van liefde My hans, 'n maanduif, is gepaar met my hand, 'n onvanpaste paramour. Dog hul bereik eenwording met hoog-seldsame volkomenheid. Hy hoef alleen hom uit te strek bo haar of sy buk honger voor haar heer, soek en soen sy vingers en plat gee haar geheelenal oor, word tot niet. My hand se hanswors dus? Inteendeel, soos hy haar streel, sy vyf vingers sluit om haar trots skoenlapper nek, en sy klein skreetjies stoot, voel hy die fyn stuip-trekkinge, leer hy 'n hand se doel. Die uitspansel hoog oor my Die uitspansel hoog oor my span sterwolk-sisteme oop vanwaar my ruig voorvaders lesegrim uit eie konstellasies staar en na my neerfrons want ek grief hul seker daagliks; my beleid is om te wys ek het hul lief (hul is tog in die meerderheid). Ek knik my kop erkentlik dus al gee hul nòg glimlag nòg guns, en gaan my gang en slaap gerus, hoog dankbaar ek is minstens mens. Alleen Ook baie ander is alleen: agtergelate oumense, goewernantes; en te midde van elke huisgesin is daar altyd een wat nooit sal uitvind waar sy land is. Vorige Volgende