Opwaartsche Wegen. Jaargang 1(1923-1924)– [tijdschrift] Opwaartsche Wegen– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 156] [p. 156] Die boereplaas door F. Bosman. Stil boereplaas, skier eindeloos gesus Dáár in die songevulde grasvallei. In grensloos grootte, ongebonde, vrij, Die inkarnasie van soet-sluimrend' rus. Stil boereplaas, die wereld onbewus, Met al haar wroetel-leed en flikker-blij: Jy staan daar ongestoord en afgeskei, Vervoerd deur geen hartstogtelike lus. Sluimer dan voort in soet stilswygendheid! En volg jou effe pad van stille deug, Deur roerloos jare spoedig weggeslyt In stoorloos, onbekommerd, kalme vreug! En o, solank jou gees maar word vertolk Onwrikbaar sterk sal wees jou siel, mij volk! Vorige Volgende