Echo uit het verre zuiden
Het gaat onze vrienden in Zuid-Afrika niet onopgemerkt voorbij, dat ons Verbond zich meer rekenschap gaat geven van hetgeen de eerste letter van het A.N.V. voor het geheel betekent. Het hoofdartikel in het nummer van juliaugustus en de andere aan Zuid-Afrika gewijde stukken van de laatste tijd zijn ginds met voldoening gelezen. Het Johannesburgse ochtendblad Die Transvaler schreef naar aanleiding daarvan 4 oktober een hoofdartikel over ‘Nederland en Suid-Afrika’.
Daaruit nemen wij graag het volgende over:
‘Dit is reeds meer as anderhalwe eeu gelede dat die konstitusionele bande tussen Nederland en Suid-Afrika verbreek is. Sedertdien bestaan daar tussen die twee lande eintlik net kultuurbande. Iedereen wat iets van die verlede van die Afrikaanse volk weet, sal ook geredelik wil erken dat hierdie bande in aansienlike mate gehelp het om hier 'n volk met 'n eie taal en kultuur te laat ontstaan. Onbaatsugtige Nederlanders wat met groot idealisme na Suid-Afrika gekom het en Afrikaners wat die voorreg gehad het om in Nederland te studeer, was hoofsaaklik verantwoordelik vir die instandhouding van die kultuurbande.
Twee volke wat op 'n afstand van 6.000 myl van mekaar woon en wat in die tydperk van meer as 150 jaar albei 'n eie ontwikkeling deurgemaak het, sal dit seker altyd moeilik vind om in noue voeling met mekaar te leef. In meer as een opsig is die bande wat tussen Nederland en Suid-Afrika bestaan, in direkte weerspraak tot die natuurlike gang van sake. Dit bewys derhalve dat die bande sterker is as wat in die algemeen vermoed word. Dit beteken nie dat daar ook tye van verslapping en verwydering ingetree het nie. Weens allerlei oorsake waarop tans nie ingegaan kan word nie, heers daar nou sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog so 'n tydperk.
Nogtans sal dit 'n aantasting van die waarheid wees, indien beweer word dat daar tussen Nederlander en Afrikaner vervreemding ontstaan het. Tekens van 'n moontlike kentering kan tans reeds bespeur word.
Dat Neerlandia, die orgaan van die Algemene Nederlandse Verbond, in sy jongste uitgawe in verskillende artikels met groot simpatie na Suid-Afrika verwys, moet dus ook as bewys aanvaar word van nuwe belangstelling vir die Republiek.’
Het artikel eindigt met de noodzaak van ‘intieme ekonomiese bande’ te betogen, een betoog, dat m.i. wel wat overbodig is, gezien de vele goede betrekkingen die in dit opzicht bestaan op het gebied van de scheepvaart, het bankwezen, de handel en de industrie, die, sedert Zuid-Afrika politiek van Engeland is losgekomen en sinds haar economie eigen wegen heeft gezocht, zijn uitgebreid en versterkt. Hoewel, nauwere handelsbetrekkingen zijn zeker van belang, ook ten dienste van de culturele.
P. KORTHUYS.