Neerlandia. Jaargang 37
(1933)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdZuid-AfrikaDe Rechten van het Afrikaansch aan de Universiteit van Pretoria.Zij, die den strijd tusschen het Engelsch en het Afrikaansch in Zuid-Afrika volgen, weten, dat de onevenwichtigheid tusschen die beide talen aan de Universiteit van Pretoria reeds lang de aandacht getrokken had. Meer en meer werd het professoren en studenten duidelijk, dat het studie- en examenstelsel, grootendeels Engelsch, dringend Afrikaansch behoorde te worden. Die eisch kwam o.m. tot uiting in de lezingen van het Afrikaans-Nederlands Comité in 1932 te Pretoria gehoudenGa naar voetnoot*)) en reeds tot Johannesburg uitgebreid. Voorts heeft de minister van onderwijs, Dr. D.F. Malan, een openbare rede gehouden bij de opening van de ‘Afrikanerdagbasaar’, waarin hij de laster, als zou het de bedoeling zijn het Engelsch voor goed uit de Universiteit te bannen, heeft achterhaald. Het geldt de rechten van het Afrikaansch, tot nu al te stiefmoederlijk behandeld. De ware bedoeling kan men het best leeren kennen uit een manifest door de Universiteit verspreid, dat wij hier verkort weergeven:
Op die 27ste Februarie sal die Universiteit van Pretoria die deure oopsluit om 'n nuwe skaar van jong studente binne sy mure toe te laat. Die dag sal 'n dag van opgewekte blydskap wees vir studente en dosente - 'n dag soos in die hele leeftyd van die inrigting nog nie voorgekom het nie. In die geskiedenis van die ontwikkeling van ons Universiteits-onderwys, en van die Universiteit van Pretoria besonderlik, sal die jaar 1932 in die toekoms altyd as 'n jaar van beslissende betekenis beskou moet word. In die jaar 1932 is die Universiteit van Pretoria wakker geskud en ontwaak uit 'n droomwereld van wanbegrippe en van selfbedrog ten aansien van die vraagstuk van die taal op ons Universiteite. Duidelik het die gedagte tot rypheid gegroei dat die Universiteit daar is vir die student, om hom en sy gedagte-lewe, aan die hand van bepaalde studievakke, te laat ontluik en te laat ontwikkel tot 'n selfstandige bestaan as denkende mens, opdat dit eie vrugte kan voortbring. 'n Eie, selfstandige, oorspronklike gedagtelewe van die student is dus die einddoel. Die belang van die taal spring dadelik in die oog. Want wat is 'n gedagte sonder taal om bom uit te druk? En wat is 'n gedagte | |
[pagina 25]
| |
sonder 'n taal wat hom suiwer en juis uitdruk? Iedere eie gedagtelewe vereis 'n taal wat die presiese woorde verskaf vir die idee, juis soos dit in die gees gegroei is. Iedere lewende persoon voel die noodsaaklikheid dat sy gedagtelewe en sy taal voortspruit uit een en dieselfde bron, opdat die taal telkens die woord sal verskaf om die opwellende gedagte in te kristalliseer. Dit is duidelik dat 'n aangeleerde, vreemde taal, hoe goed dié ook beheers word, nooit dieselfde diens kan bewys wat eie oorspronklike taal verleen nie. Op oomblikke van hoogste geestelike en intellektuele aktiviteit, wanneer die persoonlikheid in sy oorspronklikheid hom manifesteer, sal 'n aangeleerde taal telkens te traag wees of in gebreke bly om die verlossende woord aan die hand te gee. In die jaar 1932 het op die Universiteit van Pretoria die besef deurgedring dat iedere persoon wat sy eie taal verwaarloos, verraad pleeg teenoor sy eie innerlike gedagtes en gevoelens en daarvoor gestraf word deur 'n gevoel van blywende onsekerheid, wat nooit tot stilswye kan gebring word nie, ook al probeer hy om die stem daarvan nie te hoor nie. Dit het vir Raad en Senaat duidelik geword dat Afrikaans die taal by uitnemendheid is vir die Afrikaanse student om aan sy eie gedagtes vorm te gee, om sy eie innerlik te laat leef en te laat bloei en vrugte te laat dra. As gevolg van hierdie insigte, is in die afgelope jaar op die Universiteit van Pretoria die posisie wat deur die voertaal by die onderwys ingeneem word, tot in die grond verander, daarom is Afrikaans tot taal van die Universiteit verklaar en sal Afrikaans in hoofsaak voertaal by die onderwys wees. Want op die oomblik is sewentig persent van die studente van huis uit Afrikaanssprekendes, en dit word verwag dat in die toekoms die verhouding nog verder ten gunste van Afrikaans gaan ontwikkel. Dit sou egter 'n groot fout wees om te meen dat vir die vervolg binne die mure van die Universiteit nou nie langer plek vir die Engelse taal en gedagte-lewe sal wees nie. Die soort van mening berus op 'n misverstand of op kwaadwillige verdraaiing van feite. So staan onder die nuwe beleid van die Universiteit van Pretoria Afrikaans en Engels altwee in diens van die belange van die Afrikaans-sprekende student, sonder om te kort te doen aan, of inbreuk te maak op, die oorspronklikheid en die selfstandigheid van sy Afrikaanse persoonlikheid. So is die Universiteit van Pretoria besig om homself gereed te maak om Afrikanerseuns en dogters op te lei tot bekwaamheid om besit te neem, in die volste sin van die woord besit te neem, van eie kulturele en geestelike erfdeel, om met die talente te woeker en om te word tot vrye, onafhanklike mense in die wereld van gedagtes, om op te groei tot bewuste bestuurders van eie lewe en tot leiers van hul volk. |
|