'n Paar Taalkorreltjes.
'n Taal is die sigbare vorm van die gees van 'n volk.
Wil jij deurdring tot die hart van 'n volk, leer dan sij taal: dis die sleutel wat die hart kan ontsluit.
As jij jouw moedertaal nie grondig ken nie, dan is jij ook totaal onbevoeg om vreemde tale te leer.
'n Mens wat sij moedertaal verag, versmoor sij eie siel en verkondig aan die hele wêreld dat hij van 'n minderwaardige afkoms is.
Die gebruik is die hoogste wetgewer in taalsake.
Akademies kan Woordelijste en Woordeboeke opstel; geleerdes kan reëls oor stijl en grammatika formuleer; maar die volk sal die taal maak.
(Die Huisgenoot).