De Hertzog-deputatie in Nederl. Indië.
‘In 'n korte gesprek, wat ons met Dr. Reitz gehad het, het die spesiaal nog eens geroem die hartelikheid wat hul in Nederland geniet het. Van die Hollanders is pertij anti-Engels, pertij anti-Duits, pertij anti-Duits en anti-Engels, maar almal het liefde vir hul stamverwante in S. Afrika, almal is pro Afrikaner.
'n Groot verrassing was die vrindskap wat hul geniet het in Batavia. Hul het gereken, dis nou buitenkant Holland, en dus is dit nou op 'n ent met die lekker tijd. Maar de Hollanders van Indië was nè so simpatiek als hul landgenote in Nederland. Daar was 'n Komitee gevorm om die here van die Deputasie te ontmoet. Die hotels was almal vol, en dat Komitee het toe die lede van die Deputasie, voorsover nodig, bij privaat mense onder dak gebreng. Generaal Hertzog en mnr. Havenga was thuis bij Baron Heemstra; adv. Jansen bij Dr. van Bemmelen, hoof van die Observatorium, 'n Resepsie was gegee in die militaire klub Concordia, en eetmaal; van die hoogste tot die laagste het getrag om die Deputasie aangenaam te wees.
In Batavia is baje ou Transvalers, wat vroe'er aan die Z.A.S.M. gewerkt het, ook is daar 7 of 8 Afrikaners wat na die oorlog van Ceylon daarheen getrek het. Hul boer daar. Dr. Reitz het een van hul, mnr. van Zijl, ontmoet, wat 600 beeste op stal het, hij is 'n melkboer. Die nederlandse regering help die Afrikaners fluks vorentoe.’
(‘Ons Vaderland’ van 9 Sept.)