Neerlandia. Jaargang 15
(1911)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdAmerikaEen Afrikaner over de Nederlanders in Noord-Amerika.De heer Pieter Koch, een Afrikaansch landbouwstudent in Amerika, heeft een bezoek gebracht aan Pella, Iowa, en vertelt daarvan in De Boer, 't landbouwkundig bijblad van De Volkstem (Pretoria). Pieter Koch schrijft in 't Afrikaansch over zijn verblijf temidden der ‘kazen’, de Hollanders, en hij doet dit zoo levendig en gezellig, dat wij zijn brief bijna in zijn geheel hier overnemen. Het komt bovendien te zelden voor een zoo onomwonden oordeel te vernemen van den Afrikaanschen taalverwant over zijn Hollandsch-Amerikaansche ooms, tantes, neven en nichtjes. De heer Koch dan vertelt: ‘Wat was dit aangenaam om weer saam met vriendelik gastvrije “kase”Ga naar voetnoot1) te wees, en gastvrij is nulle so's niemand ter wereld nie. Hier was dit dat ik ver die eerste maal ver 'n lange tijd weer huisgodsdiens bijgewoon het. En die kos, die was weer dieselfde ongeveer als ons sijn in Suidafrika - lekker, geurig, voedsaam, baje beter dan die eentonige kos van die Amerikaners in die meeste plekke. Die verskil lê hierin, dat die Hollandse vrouwens sê: “Kerk, kinders, kombuis”, netso's die Duitse keiser sê. Die Amerikaanse vrouwens, daarentegen wil: ““Auto”, dollar, “hurry”.” Maar dit is wonderlik hoe gouw Amerika 'n mens Amerikaans maak. Die ou' mense praat Hollands, maar die kinders praat uitsluitend Engels, tensij hulle te'en hulle ou'ers praat. Amerika assimileer so gemakkelik van al die menigte mense soorte wat de land bij duisende instroom, dat 'n mens verwonderd staan. Geen ander land ter wereld kan dit doen. Kom iemand die land in, dan word hij somaar liggaam en siel Amerikaner, namelik als hij hier ver goed hom kom vestig. Hij het dan geen ander “home” nie en wil dit ook nie hê nie. Daarom is dit ook gedeeltelik dat die land op menig gebied so ver vooruit is. Bij ons in Suidafrika, daarentegen, moet daar bij soveel altijd melding gemaak word van 'n “home” anderkant die seewater. Is dit nie miskien ook daaraan te wijte, dat ons in vele dinge agter is nie. “Gij kunt niet God dienen en de Mammon tegelijk.” Nou, om tot die kos terug te keer. 'n Student word somaar in 'n paar da'e vet waar hij aan 'n tafel sit waar Hollands gepraat word, waar vriendelike, vergenoegde gesigte hom te enlag, waar die kos lekker en o'ervloedig is, en waar alles van netheid en presiesheid spreek. Die huise is so netjes dat 'n mens somaar daarvandaan alleen kan oordeel, dat dit aan Hollanders behoort. Hulle dra op Pella nie klompe (hout skoene) nie, soals op partij plekke in Holland; maar eendag het ons darem één gesien met klompe aan, dog hij het maar net tojuerigGa naar voetnoot2) gelijk! Wat 'n persoon voornamelik aantref en voornamelik 'n jong kerel, is die witkop kaas nooiensGa naar voetnoot3), met ope gesigte, rooi wange en welgevormde lijfies. En dan is hulle so aantrekkelik, lief en sag, dat 'n mens somaar 'n praatje met hulle wil maak. Die meeste groet jou ook so ewe beleef als jij hulle net vriendelik aankijk; jammer net dat hulle so min hulle moedertaal praat. Op die gebied is ons hulle tamelik ver vooruit, hoewel daar ook baje van ons is wat denk, dat Afrikaans wat ons aan ons moeder sij knie geleer het en wat ons in die sitkamer en o'erals op fatsoenlike plekke praat, in die kombuis tuis hoort. Die dorpie het sowat 2,500 inwoners, en daar gaat alles so ordelik, dat die één konstabel wat daar is, nie weet wat om te doen met sij tijd nie! Saterdag is dit net woelig op die dorp; rondom die park staat die wagenties aaneen, en dit is bijna almal goeie rijtuië en die perde is ook alger in goeie konditie. Sondag was ons in die Gereformeerde kerk, en dit was baje aangenaam om weer in Hollands te hoor sing en dit uit ons bekende psalmboeke. Die preek was o'er die Heidelbergse Katechismus, maar ik weet daar niks van nie, want ik het gesit droom van die kerk in ons ei'e land en dit was of ik werkelik verplaas was naar ons geliefd sonnig Suidafrika. | |
[pagina 115]
| |
Dit was opmerkelik om te sien toen die borkesGa naar voetnoot1) rondgaan ver kollekte, elkeen, van die ou oom met sij kirriekieGa naar voetnoot2), tot die kindje wat skaars kan loop, sij stukkie geld daarin plaas, iets wat 'n mens nie al te veel aantref nie bij die meeste ander Amerikaners in partij dele van die land. Dan ook sing almaal hartelik same, weer anders als bij die gewone Amerikaner waar die koor bijna al die singe moet doen. Dan ook sit almaal daar met eerbiedige ernstige gesigte, met weinig uitsonderinge. Al wat 'n mens soms aanstotelik voorkom is dat daar miskien 'n nooi sit met 'n stuk “chewing-gum” (kougom) in haar mond, en dan kou sij 'n hele uur daaraan; iets wat jou baje aan 'n skaap laat denk. Daar is ook ander kerke op die dorp, n.l. die metodiste-kerk en die baptiste. Hoewel daar verskeidene Hollandse kerke is en daar maar net ses families is in die dorp van Engelse afkoms, word die metodiste en baptiste kerk baje goed bijgewoon, voornamelik deur die jongmense wat liewers Engels hoor als Hollands, en ook omdat die kerke die dienste miskien aantrekkelik maak. En dan is daar koor en vereniginge in verband met daardie kerke, en dit skijn die jongmense aan te trek. Na kerk rij die mense weer plaastoe. Die plase is van die dorp somaar aanéén. Men kan van die een plaas op die ander met 'n ha'elgeweer skiet. Binne 'n deursnee van 10 of 12 mijl van die dorp woon daar bijna uitsluitend net Hollanders. Daar is nog verskeiden ander Hollandse kolonies in Iowa. Een a'end om agt uur neem mnr. Hollebrands ons uit naar 'n plaas ses mijl van die dorp met sij auto. In 'n o'enblikkie was ons daar. Toen ons wegrij was één van die dames te stadigGa naar voetnoot3) of nog nie klaar nie en daar vergeet ons haar tuis. Ons was ook skaars op die plaas of die nooi maak rusie met ons o'er die telefoonGa naar voetnoot4)! In Amerika is bijna al die plase in verbinding met telefoondrade. So kan een boer met 'n ander gesels o'er sake al is hulle miskien drie honderd mijl van mekaar. Op die plaas gaat ons die huis van agter bij die kombuis in. Maar dit is so skoon bijna als 'n sitkamer; die stoofGa naar voetnoot5) blink, die potte ook, en die vloer nie minder nie - in één woord alles blink. De eetkamer is net so skoon als die kombuis en selfs die sitkamer kan vergelijk word bij die mooi skone kombuis. En dan die welgevulde huis met vet, gesonde, vrolike kindergesiggies! Na ons 'n paar uur lekker deurgebreng het met die gesellige “Kase” sit ons weer op die dorp. Die vijf da'e op Pella, bij die aangename Hollandse Amerikaners het vinniger verbij gevlieg dan op enig andere van die vele lekkere plekke. Gewe die Voorsienigheid dat ons in Suidafrika meer Hollandse koloniste krij, want agter hulle sit pit en ruggegraat en hulle strek 'n land tot eer en voordeel.’ |
|