Uit Die Brandwag.
Ou oom Klaas Waarsê'er het ons die volgende stukkie gestuur, wat die ou o'ergeneem het van die kloeke ierse patriot, Thomas Davis:
‘'n Volk sonder s'n ei'e taal, is maar 'n halve nasie.’
‘'n Nasie behoort s'n taal flinker te bewaak dan s'n grondgebied.
't Is 'n sterker skans dan berge en forte, 'n veiliger grensvestiging dan riviere, 'n machtiger wapen dan le'ers en kanonne.’