Neerlandia. Jaargang 5
(1901)– [tijdschrift] Neerlandia– Gedeeltelijk auteursrechtelijk beschermdAllerleiO Land van sonlig en van sterre.
O Land van sonlig en van sterre,
Van onbeperkte, wijje velde,
Van onbegrensde berge en klowe;
O wilde wereld van natuur,
O dierbre grond van Afrika,
Waar onse vaders het geswerve,
Gelij, geworsteld en gesterwe.
O Land van hitte en wreede droogte,
Van die onmetelike vlakten,
En van die dorre rotse kranse.
O Land van skittrende riviere,
En van die wilde watervalle,
Waar oör die afgrond druis die strome.
In skuim op donkre swarte klippe!
Waar twee geweldge Oceane
Hul branders op die rotse donder,
En langs die breedgerekte kuste
Die witte seesand bruis en skitter,
| |
[pagina 147]
| |
O Land waar digte bosse en lommer
Nog skadwe geef ver olifante,
En waar die koning van die diere
Nog zijn geweldge basstem uitbrul,
En waar die luipaard in die berge
En ook die arende, regeer nog.
O Land van kommer en van smarte,
Van onse moeders trane en sugte!
Geliefste land! In onse harte,
In ons gebede tot die Hemel,
Roep ons om hulp van Hoher Hand,
Om hulp ver onse Vaderland.
Ja God die Heer sal weer regeer!
Hij woon nog in di Hemel hoog!
Die son kom op,
Een nuwe dag
Breek aan voor Dierbre Afrika,
Ver Afrika
Met eije Vlag!
Ver Afrika, van bande vrij,
Verlos van die verraderij
En van die rooije dwinglandij!
God heers nog in Sijn Hemel hoog!
Ons staan nou voor Gods Glorietroon; -
Daar wapper nog geen Union Jack nie! -
Ons Suserein is Een die woon,
Waar heers geen Chartered Maatschappij nie,
En Paramount's alleen Sijn kroon.
Sijn Rijk 's nog nie geannexeer nie.
Brittanje's rijk sal ondergaan.
Gerechtigheid sal voortbestaan.
|
|